“Vandag maak ons jou dood,” sê boewe aan fietsryer

Jaco Oosthuizen ná die aanval. Foto's aan Maroela Media verskaf.

Jaco Oosthuizen ná die aanval. Foto’s aan Maroela Media verskaf.

“Ons soek nie jou fiets nie. Ons gaan jou vandag doodmaak,” het twee mans aan Jaco Oosthuizen (47) gesê nadat hulle hom van sy fiets af gestamp het en begin aanrand het.

Oosthuizen het Sondag naby Cornwall Hill-landgoed, oos van Pretoria, fietsgery toe hy gesien het hoe twee mans op hom af gehardloop kom. “Ek het probeer wegry maar dit was te laat. Hulle het my van die my fiets af gestamp en my op my knieë gedwing,” het Oosthuizen aan Maroela Media vertel.

Die mans het Oosthuizen se hande agter sy rug vasgemaak. “Ek kon nie sien waarmee nie maar ek vermoed dit was kabelbinders. Hulle het my in die veld probeer indwing. Ek het vir hulle gesê hulle kan al my besittings vat. Hulle het gesê hulle soek nie my fiets nie en dat hulle my vandag gaan doodmaak.”

Die mans het Oosthuizen vir sowat 10 minute erg met klippe aangerand. “Die kabelbinders het gebreek en ek het probeer wegkom maar ek kon nie. Ek het hard begin skree en toe gryp hulle die fiets en hardloop weg. Ek het gelukkig heeltyd my valhelm aangehad anders kon ek baie seerder gekry het.” Die mans het ook Oosthuizen se GPS, selfoon en sowat R150 gesteel.

Oosthuizen het onmiddellik in die teenoorgestelde rigting as die twee mans begin hardloop. “Daar was twee mans met ʼn Volkswagen Kombi en hulle het my gehelp.” Die mans het die Kombi daar parkeer en ook met hulle fietse in die omgewing gery. Daar is by die Kombi ingebreek terwyl hulle gery het. Een van die mans het die polisie geskakel maar beamptes het glo geweier om na die toneel te gaan voor daar nie ʼn saak aanhangig gemaak is nie.

10603778_791880694197364_7650087334353287982_nDie mans het Oosthuizen na sy huis gevat waar hy sy mediesefondskaart gaan kry het voor hulle hom na Unitas-hospitaal in Centurion geneem het. Oosthuizen het steke gekry en moes ʼn skandering ondergaan om vas te stel of hy ʼn skedelbreuk opgedoen het. Die uitslag was negatief maar Oosthuizen wel ʼn been in sy gewrig gekraak en moes die aand in die hospitaal deurbring.

Oosthuizen is Maandagmiddag ontslaan. Hy, sy vrou en 10-jarige tweeling het traumaberading ontvang. Oosthuizen, ʼn werknemer by Momentum Multiply, het intussen besluit om sy traumatiese ervaring in iets positief te probeer omskep.

Die maatskappy het ʼn e-posadres geskep en moedig lede van die publiek aan om wenke te stuur in ʼn poging om hul omgewing veiliger te maak veral vir fietsryers. Die inisiatief word saam met Cycle Lab aangepak. Daar sal teen einde Oktober ʼn wenk, wat prakties uitvoerbaar is, gekies word en die wenner sal ʼn geskenkbewys ter waarde van R10 000 van Cycle Lab ontvang. Wenke kan gestuur word na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Fanie Oosthuysen ·

Strawwe moet baie strawwe gemaak word 5 jaar HARDEPAD moet die minimum wees.

E du Preez ·

Hoekom praat mense nog van “mans” sê net barbare!!! Die goed is mos nie mense nie!

Profeet ·

Nee, E, dan is ons mos weer rassisties…..maar feite is feite!

Fritz ·

Die skotte het by Suid-Afrika geleer deur NEE te stem in hul referendum. Ons land het so baie agteruit gegaan sedert kamstige NUWE Suid-Afrika.

Jean ·

Met respek, vanwaar al die gesigsbeserings as hy “heeltyd” sy valhelm aangehad het?

Ai Ai Ai! ·

Hoekom so stupid vraag vra? Mens ry nie fiets met n motorfietshelmet op nie!! Fietshelmet beskerm net die kop en nie gesig nie.
Voel regtig jammer vir die fietsryer! Pleks die polisie vaar bietjie in die oop stuk grond oorkant Cornwall in en verwilder al die bosbewoners.

kt ·

Ai, aai!! Boewe, booswigte, kwaad doeners, diewe (ag noem hulle sommer dieffies) Verdomp, dis n rasse aanval, poging tot moord!!! Nie deur kleuterskool kinders nie, maar volwasse swart mans. Die kan ek aflei bloot uit die feit dat die” aanranders met die doel om ernstig te beseer” se ras en kleur doelbewus verswyg word!!! As die aanvallers blank was, sou dit in die berig gestaan het. Dis n rasse/haat aanval. En dis net mooi wat elke plaasaanval is. Komaan, hou op om doekies om te draai. Dis ook nie nodig om te jok of bang te wees vir n leuen nie, Mnr Oosthuizen het die poging tot moord tog oorleef, SO VRA HOM HOE LYK SY AANVALLERS EN HE TOG DIE GUTS OM DIT TE PUBLISEER!!!

Hannes ·

@ Jean
As mens dom is kry jy soms nogal swaar… n fiets helm bedek net die bokant van die skedel” en die gesig is oop. Maak dit nou sin aan u dat die gesigs beserings wat gewys word moontlik is Hmmmmm ?

Lynni ·

Nou net op Rapport se webtuiste gelees van swart majoor in weermag wat op sy wit bevelvoeder gevloek het en ander swart soldate aangehits het om skiet die boer te sing. Net omrede sy wit bevelvoerder hul aangepraat het oor hul harde musiek tot laat in nag. Swartes was glo almal dronk. En dit in di DRK. Sy straf was bevordering tot luitenant kolonel. Maar hy is nou ontslaan.

leoni ·

Weet jy ooit hoe lyk n fiets helm? Gaan google dit dan maak jy dan jou eie afleiding!

Lynni ·

Ai mense, moet almal nou vi Jean aanval oor fietshelm. Een persoon het Jean reggehelp. Maar nee, nou moet jul mos karring. Ek dink Jean weet nou. Bepaal jul by berig. Ten minste het Jean ni di fietsryer aangeval ni.

Sollie ·

@Lynni – dankie tog vir iemand met “sense”. Kon nog noit verstaan hoe almal soos hiënas op iemand se vraag/kommentaar reageer as dit bloot net iets is wat gevra is. Dan moet almal nou vinnig hul klas wys..ai!

Kwapie Scheepers ·

Mens behoort deesdae nêrens sonder ‘n wapen te gaan nie. Skiet eers en vra later vrae.

martie ·

Ag tog Lynni, Sollie en Jean as julle dalk deur die trauma oorval is dan sou julle dit dalk beter verstaan het, as jy stadig is is jy stadig!!!!!! As jy so ‘n besering bevraagteken moet jy liewers nie eers kommentaar lewer nie want jy was nognie daar nie. Dit is ‘n ondervinding wat ek niemand toewens nie, het julle nou vir een oomblik gedink die man sou teen die muur vas hardloop en homself te beseer, om, watter rede? AANDAG!!!!!!!! Ons leef in ‘n bose land en hier is geen wette meer nie en niemand van ons kan se dit sal nooit met ons gebeur nie. Wees bietjie sensetief vir ander se leed en maak seker voordat julle “stupid” vra, vra of kommentaar lewer.

Sollie ·

martie : My kommentaar het niks met “iemand se leed” te doene nie.Lees mooi staaaadig wat ek gesê het! Wat jouself betref, bepaal jou by kommentaar op die berig, dis waarvoor die forum eintlik is!

Lynni ·

Marie, ek het 20 jr gelede deur helse trauma gegaan. So, dink voor jy praat. Niemand het gese fietsryer het homself beseer. Hou jou opgeboude woede vir di aanvallers. En hou jou by di berig.

PURE BOER ·

En nou wil julle weet hoekom ons wit mense nie saam staan nie!
Hahaha… lees net die kommentaar raakend die dames hier bo… dis nou ons wit mens, val mekaar aan net oor een stupid vraag wat gevra is.
Sterkte SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.