Altesaam 480 straatligte is die afgelope drie weke in Kempton Park en omliggende areas deur vandale beskadig.
Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit, sê die pale word oopgebreek en die kragdrade word uitgeruk. Hy sê die areas wat geraak word is Estherpark, Kempton Park-Wes, Terenure, Birch Acres, Birchleigh, Norkem Park, Van Riebeeckpark, Edleen en Croydon.
“Die diefstal en vandalisme het ʼn negatiewe impak op reaksietye vir ander klagtes, aangesien ons hulpbronne tot op die uiterste beproef word,” het Gadebe gesê.
Die munisipaliteit het ʼn beroep op inwoners gedoen om te help om die skuldiges op te spoor.
Gadebe sê die munisipaliteit het intussen ʼn veiligheidsmaatskappy aangestel wat talle buurte in Kempton Park patrolleer in ʼn poging om die diefstal hok te slaan.
Hy sê ʼn kontrakteur is ook aangestel om met die herstelwerk te help. “Aangesien die pale eers uitmekaargehaal moet word, sal die proses moontlik ʼn paar weke lank neem om te voltooi.”
Kyk maar die ligte by die fonteine sirkel in Pretoria. Daar het die niksnutte omtrent al die ligte gebuit. Waar hulle in die omgewing is, is daar chaos en dit is ‘n feit.
Dit gebeur oral waar daar plakkers is – Wes Rand / Denver JHB waarvan ek weet
So die belastignbetaler dok nou weer derduisende op om ‘n eksterne maatskappy te kry om die gebied te partolleer wat veronderstel is om onder die polisie se “waaksame” oog te wees? Die veiligheidsmaatskappy word seker besit deur ‘n familielid van die burgermeester…