Vandalisering van skole kos vanjaar al R74,6 miljoen in drie maande

(Argieffoto/Unsplash)

Vandalisering van skole landwyd het die land in die drie maande sedert 1 Januarie vanjaar reeds R74,6 miljoen gekos – geld wat die regering dus nou nie vir hulpverlening, armoedeverligting en dienslewering elders sal kan aanwend nie.

Dit blyk uit ‘n antwoord deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, op ‘n parlementêre vraag deur die DA-LP Desiree van der Walt oor die omvang en uitwerking van vandalisering van skole in Suid-Afrika.

Motshekga het gesê geen skool in die land is so erg gevandaliseer dat die skool moes sluit nie. Volgens Motshekga is 957 skole landwyd gevandaliseer in 2019, terwyl 1 633 skole gevandaliseer is in 2020, waarvan baie tydens die grendeltyd, toe skole braak gestaan het, sonder doeltreffende toesig.

Die totale hoeveelheid skole wat tydens grendelstaat-inperkings vanjaar en verlede jaar gevandaliseer is, is trouens 1 716, wat beteken relatief min vandalisme het buite die grendeltyd plaasgevind.

In die drie maande sedert die begin van die jaar is 148 skole gevandaliseer, waarvan 23 tydens die skoolvakansie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

David ·

Ek voorsien maar net nog meer vandalisme en diefstal van toerusting uit die duur rekenaarsentrums, wat benodig word vir die programering en robotika sillabus.

Nie Verbaas ·

ANC seker baie trots op huidige toestand van ons land waarvoor net hulle verantwoordelik is. Waar gaan dit eindig? Terug in oertyd?

jzjz05 ·

Hulle is baie trots daarop anders sou hulle iets daar omtrent gedoen het. As hulle nie leer om hul self te dissiplineer nie is jy reg, “terug na die oertyd.”

Paul ·

Net na Mandela se uittrede as president het hy verskeie sakemanne oorreed om geld aan sekere skole te skenk vir die opknapping van daardie skole. Ek wonder hoe lyk daardie skole vandag.

Adri ·

Ek vermoed dit gebeur gedurende skoolure terwyl almal daar is …

Juffrou ·

Én steeds sit Lesufi in sy pos! Dis almal sy skole. O nee, hy is té besig om sy neus in die Afrikaanse skole te druk.

Carel Aaron ·

Spandeer 1 miljard en sit kameras op wat beweging sensors het. Koppel dit aan n beheerkamer in privaat besit naby aan die skool.
Eenmalige uitgawe en einde van die gemors wat vandaluseer.

Sarel ·

Hoeveel kon met daardie geld gedoen gewees het. Beurse…vervanging van Put toiletstelsel..bykomende klaskamers en
Nirmand wat ek vsn weet os gearresteer en skuldig
Bevind nie. Selfde met die Brsndstigters last mens dink

Adriana ·

Jy hoef nie eers te wonder in watter areas dit is nie, geen wonder die skole is tot oorlopens vol, begin om daardie skole reg te maak sodat daar genoeg plek is om kinders te plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.