Vandalisme kos Wes-Kaap fortuin

skool

Argieffoto

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het in Desember en Januarie veiligheidsmaatreëls by skole opgeskerp om “vandalisme en inbrake” te probeer hokslaan.

Volgens Debbie Schafer, LUR van onderwys, is 21 gevalle van vandalisme die afgelope vakansie aangemeld. “Daar is ʼn merkbare daling in vandalisme en inbrake. Die vorige jaar is 32 soortgelyke voorvalle aangemeld, wat op ʼn vermindering van 34.4% neerkom,” het Schafer gesê.

Volgens Schafer neem gemeenskappe meer verantwoordelikheid om skole te beveilig. “Dit het beslis tot die dalende misdaadsyfer bygedra.” Schafer het wel gesê een van die skole wat gevandaliseer is, is een van 18 skole in die provinsie wat vaardigheidsonderrig verskaf. “Die oortreders het klaskamers verwoes en vensters gebreek, maar niks gesteel nie,” het Schaffer gesê.

ʼn Kombuis wat deel vorm van die voedingskema vir skole, het ook onder vandale deurgeloop.

Volgens Schafer bestee haar departement jaarliks R10 miljoen aan herstelkoste as gevolg van vandalisme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Sekere mense wil alles verniet hê en dan vanaliseer hulle die eiendom nog.

Piet Pompies ·

Dit is soos een van ons werknemers, hy het heelwat jare diens maar was ongeskool, hy word gratis opgelei en bevorder om vir homself genoegsame pensioen bymekaar te maak vir aftrede. Hy werk 6 jaar in die beter pos en 3 jaar voor sy aftrede steel hy maatskappy eiendom van klein waarde, sy vooruitsigte is ontslag. Gebruik wat jou toekom, as jy dit misbruik gaan jy jou vingers brand.

Berhalet Beukes ·

Daar is nie pille vir onnoselheid nie, is daar? ;-)

Berhalet Beukes ·

Mmm, maar dis mos ‘n lewenswyse…. Alles word gevandaliseer!

Henri ·

Die rede vir die vandalisme is eenvoudig. As ek altyd alles verniet kry heg ek geen waarde aan iets wat waardevol is. Dit is ons Afrikaner se ondergang. Ons het en doen steeds dieselfde, ons gee net en daardie gee net word nooit waardeer nie. Dit is ‘n uitstekende eienskap, maar ‘n eienskap met slegte gevolge.

Pieter.v ·

Dis nie vandalisme dit word doelbewus gedoen deur sekere elemente wat die Weskaap onregeerbaar wil maak omdat dit die enigste provinsie is wat redelik goed bestuur word en die minste korrupsie voorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.