Die vandalisering van genl. Louis Botha se standbeeld voor die parlement deur EFF-lede vandag, is onaanvaarbaar en dui op ‘n kultuur van wetteloosheid. Die standbeeld is met verf besmeer en ʼn deel van die bronswerk is afgebreek.
“Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn beweging wat gefundeer is in haat met die hoofdoel om te verwoes en vernietig. Hul heg geen waarde aan erfenis en diversiteit nie,” sê Heloïse Denner, woordvoerder van die VF Plus. “Dit is geen geheim dat dié party die Afrikaner, Afrikanererfenis en -geskiedenis verag nie.”
Denner sê die aanslag op die Afrikaner-erfenislandskap deur die ANC-regering, aangevuur deur die EFF, is vandag in die praktyk gesien.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, het onlangs sy departement se planne bekend gemaak om onder meer sogenaamde apartheidsbeelde na standbeeldparke te verskuif.
“Wat as sogenaamde apartheidsbeelde geag word, is onduidelik, maar in die proses het hierdie departement en die ANC-regering die grondslag vir disrespekvolle, ondeurdagte en vandalistiese optrede gelê. Die oningeligte radikale randeiers verkeer onder die indruk dat hulle die reg en ʼn platform het om sulke misdadige dade van vandalisme te pleeg.”
Denner meen die departement behoort net so verantwoordelik gehou te word vir hierdie vandale se optrede soos die EFF en sy lede self.
“Ongeag die oorsprong van enige standbeeld, beeld of gedenkwaardigheid van geskiedkundige waarde, behoort dit gerespekteer en bewaar te word, omdat dit deel vorm van Suid-Afrika se geskiedenis en erfenislandskap. Net omdat ʼn individu of party nie van ʼn sekere gedeelte van die geskiedenis hou nie, of nie daardie geskiedenis ken of respekteer nie, gee hulle nie die reg om ʼn standbeeld of gedenkwaardigheid wat daardie geskiedenis uitbeeld te vernietig nie.”
Die VF Plus loof die vinnige optrede van polisiebeamptes wat twee van die vandale in hegtenis geneem het en verdere skade aan die standbeeld voorkom het.
- (Foto verskaf deur VF Plus)
- (Foto verskaf deur VF Plus)
- (Foto verskaf deur VF Plus)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Gemors! Skuim van die aarde! Hul dag sal kom.
Dit pla die Malematjies, -die Afrikaner geskiedenis, – hulle kan nie die geskiedenis weg neem nie, dit is soos n splinter in hulle oog, hulle kan nie verstaan dat mens nie die verlede kan verander nie,………. miskien die toekoms, maar nie die verlede nie
Hulle is laer as slang sleepsels…
Meer as gemors ons gaan breek nie mandela se standbeeld af of mors verf op hom nie wat is hulle probleem met ons geskiedenis fandalisme ten ergste en dit moet vinnig gestop word ongeleterde klomp skuim
Daar gaan niks hiervan kom nie.