Vandalisme van Prasa-infrastruktuur ‘buite beheer’

Pale en klippe is gebruik om die spoorlyn te versper (Foto: Skermgreep uit ‘n video)

Misdadigers het vandeesweek landswyd treinstasies en die infrastruktuur van die Passasierspooragentskap (Prasa) aangeval ná die kontrakte van 20 privaat veiligheidsmaatskappye op 31 Oktober 2019 beëindig is.

Die raad van Prasa en dr. Nkosinathi Sishi, waarnemende uitvoerende groepshoof, het die leierskap van die United National Transport Union (Untu) vroeër tydens ʼn vergadering verseker dat ʼn tussentydse reëling in plek gestel is vir die 3 100 beamptes van die spoorweë se blitspatrollie saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens om ontplooi te word om sy pendelaars, werknemers en bates te beskerm.

“Die leierskap van Untu het die raad herhaaldelik gewaarsku dat die besluit sy personeel, pendelaars en die bates van Prasa bloot stel, omdat die polisie nog nooit vantevore hul kant gebring het nie,” het Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, gesê. “Die raad het egter nie saamgestem nie en Untu het gesê sien is glo.

“Die gevolg is nou ongelukkig enorme skade aan die infrastruktuur wat gefinansier word deur belastingbetalers se geld en nóg ʼn verwoestende slag vir Prasa-werknemers wat moet terugsit en kyk hoe hul poste in gevaar gestel word,” het Harris bygevoeg.

Untu het ʼn video ontvang wat wys hoe die Benrose Depot in Johannesburg van al sy bates gestroop is. In nog ʼn video stroop pendelaars die infrastruktuur op die Hercules-roete in Pretoria.

Untu-lede, wat vir Prasa Perway werk, is deur die week oorval met bevele om versperrings, soos klippe en pale, van die spoorlyn te verwyder. Pendelaars is Vrydagoggend gestrand gelaat ná 400 m kabel oornag gesteel is. By Dewildt-stasie is 330 m kabel gesteel.

“Daar is ook nie meer kabels oor om die spoorlyn te herstel nie, aangesien die kabel wat Prasa beskikbaar gehad het, gebruik is om die Saulsville-spoorlyn te herstel nadat dié kabel vroeër in die week gesteel is. Dit is sleg, baie baie sleg,” het ʼn Untu-lid aan Harris gesê.

Die oorhoofse kabel tussen Orlando en Nancefield is ook terselfdertyd gesteel.

ʼn Onbekende pendelaar het ook ʼn vuurwapen by hom gehad op ʼn trein by Clairwood-stasie in KwaZulu-Natal. Verskeie ander voorvalle van diefstal is ook in KwaZulu-Natal aangemeld.

“Dit is ʼn uiterse skande dat die raad van Prasa en die SAPD toelaat dat dit só aangaan. Prasa het 14 000 werknemers in diens wat nêrens heen kan gaan as passasiertreine nie meer bestaan nie. Die werkloosheidskoers in ons land het die hoogste vlak in 11 jaar behaal. Teen hierdie koers gaan daar binne ʼn jaar niks meer oor wees om ʼn passasierspoordiens te bedryf nie,” het Harris gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

JohanR ·

WAT in SA is nie buite beheer? And who do we have thanks? No, not Boland Bank…..All Nasty Criminals!!

Louis van Zyl ·

Maak alle skrootwerwe toe. Ontneem hulle om die koper of metaal te verkoop vir dwelms.

KP ·

Dit is die meerderheid kiesers wat die ANC in beheer hou, wat die meeste daaronder gaan ly. Hoe vinniger hulle hierdie land stroop dat daar niks oorbly hoe beter, hopelik word iemand wakker.

Karools ·

Dit is die hoe mens verskille hanteer, deur te plunder. Dis hoe dit jare gelede gedoen is, nou sit die regering met die gebakte pere. Nie lank nie en daar is niks oor van ‘n eens baie betroubaare vervoerstelsel!!
So val alles uitmekaar!!

Martin ·

Dis wat gebeur as onbevoegde mense die land en instellings regeer en beheer. Die unies vererger dit alles. Raak ontslae van hulle en kry bevoedge persone in hul plek.

Leon Dormehl ·

En daar sal seker weer’n persverklaring wees waar die ou met die hoed Cele sê dat daar nog soveel-en-soveel Rand beskikbaar gestel is. Dan gebeur daar niks.

Asmain ·

Dis verstommend dat die chaos en anargie net voortduur. Die kriminele & vandaliste word nooit vasgevat nie, geen gevolge vir hierdie tipe gedrag nie. Dit wil voorkom of die regering & wetstoepassers bang is vir hierdie mense. Geen beskerming vir eiendom

JV ·

Daar is ongelooflik baie misdadigers in hierdie land. Daar is te min tronke vir al die gemors. Die polisie is hopeloos. Die land val uitmekaar en sal nooit herstel nie.

Ander Koos ·

SA gaan “oukei” wees, die wêreldbeker het dan huistoe gekom…..

Valerie ·

Kon ook nie die euforie oor niks verstaan terwyl die land sterwend is nie.

Willie ·

Ander Koos, ek volg jou strekking! Sport is mos koning, ek ook lief vir sport maar nie vir my voortbestaan nie!

ramp-maphosa ·

@ Afriforum / Solidariteit / VF+ / ens. assseblief help met ‘n onafhanklike volksstaat!!! Groot asseblief!!!!

Neels ·

Tik..tak..tik..tak. Die tyd loop uit en die wyse manne wag vir iets om te gebeur!

Mel ·

En alles gaan China toe…China suig Afrika leeg met die goedkeuring van ons korrupte regarding.

Asjas ·

Dink jy wanneer alles aan China behoort gaan hulle agteroor sit en kyk hoe hul harde werk afgebreek word en hul besittings geplunder word? In China kry jy die vuurpeleton of afgekapte hand vir veel kleiner misdade. Dalk is China ons uitkoms, wetgehoorsame burgers sal in vrede gelos word en ek dink ons sal vind dat ons eerder met hul werketiek strook as met die anc sin?

potlood ·

Gee ons n onafhanklike tuisland dan lei ons spoorweg polisie op om die spoorweg se bates en passasiers veilig te hou nou betaal ons net belasting en het geen sê of insae nie.

skurweberg ·

Die gesig van werloosheid, broodgebrek, armoede en ‘n ANC wat te S-bang is vir die groep “push backers” Zuma-lojaliste in hulle geledere, wat die minderheid in die ANC is. Die regdenkendes in die ANC is by verre die meerderheid burgers in die land en word deur die minderheid gyselaar gehou . Wat ‘n tragedie!!!

Tinus ·

Die mense wil nie ‘n beter lewe hê nie, kan net “loot” en die belastingbetaler betaal maar net …..

Hannetjie ·

Louis en stem met jou saam…alle skrootwerwe moet onder ernstige soeklig kom.Die land word gyselaar gehou…deur diewe…rampokkers…moordenaars en skurke…dan word dit kwansuis agv werkloosheid gedoen.Te vrek lui hande vuil te maak en brood te verdien…dan word strukture afgebreek en verwoes as hul nie hul sin kry nie.Hopelose regering

Africanus varkerasus ·

Soos Vrydenker Vlakvark dit altyd stel:

“En die Draak van Ekonomiese Wêreldkompeteerbaarheid grynslag vir die Suid-Afrikaanse ‘nasie’ en hy draai die skroef van werkloosheid daagliks stywer op die mae van die ‘nasie’ wat nie ekonomies wêreldkompeterend raak nie en dink welvaart val mahala (vry) soos beleggingsmanna uit die hemel om in privaatsakke te land.

Welkom in die ANC se National Democratic Society waar alle Suid-Afrikaners gelyk is maar sommige gelyker as ander.

Kallie ·

Die einde is al lankal verby, ons het dit nog nie besef nie.

Es ·

Mense wat as sekuriteit aangestel is en om watter rede ook agv werksverlies daarna engie skade aan die maatskappy of eiendom van die maatskappy bring moes in die beste plek bout daar gemerk het nie. Is daar geen reg vir werkgewer nie.

Louis ·

Nou dink julle is verantwoordelik vir die plundering? Die afgelegde sekuriteits personeel…

Kerneels ·

Ek begin al hoe meer dink aan oubaas Siener se visioen (hy het immers die WB oorwinning vd Bokke voorspel…) van dat alles eers ten gronde sal gaan hier in mzansi (sic!), dan totale annargie en swaar kry, dan eers sal die volk weer opstaan…

HPV ·

Hierdie is die soort nuus wat ons vertaal en internasionaal aan koerante en besighede stuur, veral aan die lande wat voor in die ry met sanksies teen die land gestaan het. Nou kan hulle die aardskuddende suksesse van hul verkose regering aanskou. Viva ANC en meelopers!

Hendrik ·

Die land gaan ten gronde onder ñ piesang regering, volgende gaan plase, dorpe en winkels wees.

Peet ·

Dear mr Fikile. This is happening to YOUR /OUR infrastructure on your watch. Is this coincidental or during a nap. Mr Ramaphosa said we must tighten our belts not loot whats left.

Feite ·

@Jimmy. Die SANW sit en wag vir opdrag van die staatshoof wie sal sit en wag totdat totale anargie uitbreek. Ekonomiese wanorde, chaos en plunder (revolusie) word toegelaat om die spore van staatskapingkorrupsie vir vervolging te vertraag, te verdoesel en indien moontlik, uit te wis!

Ema ·

Kyk na die veiligheid dienstes wat afgedank is. Rent a crowd of thieves

Jakes ·

Iemand gaan nou seker eers weer ń ‘span’ aanstel om die goed te ondersoek…ons is reeds verby die omdraaipunt. Wie kan die land nog reg ruk?

Humbug ·

Ag dis te lekker. Ons breek en brand Alles af as ons nie ons sin kry en Dan gee ons ander mense die skuld. Dis te lekker ons maak nes ons wil en die leiers verkndrstel om te wees voel n veer solank hul en hul gesinne uitgesort is met Al’s Kan die res maar vergaan. Ek Al die moontlikheid oorweeg om indie toe te immigreeg net om weg te Kom van die gemors in ons pragtige land.

Willie ·

The leaders loot at top level, they loot at bottom… goeie voorbeeld gehad… Die grap van als, niemand word vervolg..

Trojaanse Donkie ·

Meeste v/d skroot gaan blykbaar deur Durban se hawe binne skeepshouers na Indie & Sjina om gesmelt te word. Jy sal nooit enige skroot is SA se skrootwerwe opspoor nie. Hierdie boewe het ‘n stelsel soos min.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.