Vanderbijlpark-man weer in hof ná moord op gesin

Fanie du Preez Vrydag in die hof. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Nuus

Fanie du Preez Vrydag in die hof. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Nuus

Fanie du Preez (39), die Vanderbijlpark-man wat aangekla word van die moorde op sy vrou en twee kinders, het Vrydag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Du Preez word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Thea (41), en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14), in die vroeë oggendure van 3 Desember 2015 in die gesin se huis doodgeskiet het.

Volgens Jacques Steenkamp van SAUK-radionuus het die staat Vrydag sy getuielys by die hof ingehandig en is die saak tot 11 April uitgestel wanneer ʼn verhoordatum na verwagting vasgestel sal word. Steenkamp het berig Du Preez se vriende sal glo betaal sodat hy ʼn regsverteenwoordiger kan aanstel en nie meer van regshulp gebruik hoef te maak nie.

Du Preez sal tot sy volgende verskyning in die Leeuhof-gevangenis buite Vereeniging in aanhouding bly.

Die moorde op die drie lede van die Du Preez-gesin het verlede jaar wyd opslae gemaak. Du Preez het ten tyde van die moorde beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel het en die drie oorledenes se liggame in die huis aangetref het. Enkele ure daarna is hy egter in hegtenis geneem.

Du Preez het later sy weergawe van die gebeure verander en in die hof aangevoer twee Nigeriese dwelmbase het hom met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om sy gesin dood te skiet, nadat hy geweier het om dwelms namens hulle te verkoop.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Belinda ·

Baie siek man geen normale mens doen so iets aan die mense van jou gesin nie…………

Carel ·

Verduidelik asb parregraaf 3. Kanselleer hy regshulp van die staat om privaat regshulp te ontvang waarvoor sy vriende betaal?

Landi Slatter ·

Dagsê Carel

Dankie vir jou navraag. Du Preez se vriende sal glo betaal sodat hy ‘n privaatprokureur kan aanstel. Hy sal dus nie meer van die staat se regshulp gebruik maak soos hy tot nou gedoen het nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Karma ·

Soos ek dit verstaan, Carel, het sy vriende aangebied om vir regshulp te betaal. As jy nie regshulp kan bekostig vir verteenwoordiging nie, stel die Staat ‘n regshulp-prokureur vir jou aan. Jy het die keuse om dit op ‘n later stadium van die hand te wys indien jou omstandighede jou toelaat om vir privaat regshulp te betaal of jy kies om jouself te verteenwoordig. Enige iemand hier wat ons verder kan help?

Anoniem ·

Belaglik…hoe kan enige iemand die man wil help…Laat hy kry wat hy verdien….Hy het sy gesin uitgewis. Hy het dit self erken………………………………..

Lollie ·

Ja nee kyk skuldiger as wat hy voorkom sal geen mens kry nie. Genade hy het dan twee uiteenlopende stories van wat gebeur het. Mens kan mos sekerlik onthou wat gebeur het. Dis siek man hoe kan n mens dit aan jou gesin doen???

Karma ·

En wat van die De Zalze-moorde? Daai klein bhôgger het sy ma, sy pa, sy broer en byna ook sy sussie vermoor …. en die SAPD/NVG se monde is na meer as ‘n jaar gesnoer. Ek sê nie dis onmoontlik nie, maar dit is darem baie gerieflik dat die sussie niks kan onthou nie … Klink vir my asof sy iemand beskerm.

Eina ·

Ja nee hy moet boet maar sy arme moeder en vader wat moet hul doen dis hul kleinkinders en hul kind wat gaan deur jou gemoed ek glo jy bly lief vir jou kind al is jy gebroke waar het dit fout gegaan kry dit agter die rug dis onnodige uitmergeling vir die ouers hys mooi groot vat jou pak pappie

jaco ·

useless polisiewerk. nou word die arme wit man sommer beskuldig. dis mos die maklike uitweg, want hy is al een wat die gesinsmoord oorleef het. Griekwastad plaasmoord was dieselfde, so ook die Inge Lotz saak. wanneer gaan mense wakker skrik?

Patrus ·

Nee wat Jaco. Lyk my jy glo nog in feëverhale. Die ou is duidelik skuldig. En so ook was die “arme” griekwastad seun!

patrich ·

Ek wens die dood straf was nog in. Hy verdien nie om te lewe nie. Hoe het hy dit reg gekry om sy dogter te skiet nadat sy hom gesmeek het om dit nie te doen nie. My enigste simpatie met die vrou se famielie.

Dee ·

Die vriende van hom wat vir sy verdediging wil betaal, is hulle okay? Getoets?

François ·

Sal net graag wil verneem hoekom my kommentaar nie geplaas word nie?! Ek het twee (2) stukke in gestuur, maar niks is gepubliseer nie. Ek kan nie enige afwyking vind nie!

François ·

Karma, daardie meisietjie beskerming vir boetie! ‘n Winkel het bevestig dat hy ‘n byl by hulle gekoop het ‘n paar dae voor die moorde, presiese weergawe van die moordwapen. Dis duidelik dat dit die moordenaar van binne moes wees & hoekom het hy slegs ‘n paar skrape opgedoen? Hoekom kon hy nie die aanvaller/moordenaar beskryf nie?

karina ·

Carel. Hy het van die 1ste dag af gesê hy het hulle geskiet. Hy het ook gesê hoe Carlia sy dogter gesmeek het nee pappa nee. … dit staan in al die berigte en ek ken die familie self. Hy het erken dit was hy. Hy het net die redes verander. Maar ja skuldig is hy.

Trolle ·

Lyk my ons witmense versleg nou vinnig wat gaan aan? geen genade vir hom nie

Gesiggie ·

Hierdie man verdien nie om ooit uit die tronk te kom. sy weergawe van die storie kan niemand glo” hy het als beplan, ek kan nie glo dat sy vriende nog bereid is om hom te help… n mens kan nie vriende wees met iemand wat sy vrou en kind se lewe geneem het.. ek sal so n mens nooit kan vergewe… jammer vir jou Fanie Du preez maar jy moet boet vir jou dade…

MALINDA ·

O my word. dit is so eronies, nou moet dwelm baas die skuld kry vir die gsin se moord.
A nee man, glo nie die storie nie. Hoe groot was sy liefde vir sy vrou en kinders?
Dit is gedoen uit selfsugtigheid. dit is wanneer hy nie hul wou deel met iemand anders
in hul lewe nie, jammer maar hy moet boet vir sy dade …………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.