Fanie du Preez (39), die man wat aangekla word van die moorde op sy vrou en twee kinders, is Dinsdag borgtog in die Vanderbijlpark-landdroshof geweier.
Thea (41) en haar kinders, Carlia (17) en Phillip (14), is in die vroeë oggendure van 3 Desember in hul beddens doodgeskiet. Du Preez het aanvanklik beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel en sy gesin se liggame in die huis aangetref het.

Thea, Carlia en Phillip du Preez is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Radionuus
Thea, Carlia en Phillip is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Du Preez sal teregstaan op aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg wanneer hy op 26 Januarie weer in die hof verskyn.
Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
58 Kommentare
Jy praat soveel bollie, jy gaan jouself begin glo!! Niemand glo hierdie sop-storie van jou nie, niemand nie. Dalk net mense met oogklappe aan. Ek dink selfs jou prokureur gaan sukkel om jou los te kry!!!
Regtig??
Hoeveel keer gaan jy nou nog jou storie verander??
Regverdigheid sal geskied!!! Sy prokureurgaan ook sukkel om hom los te kry, hoor my lied!!!
Dis nou ‘n pot snot! Hy is nie ‘n mens nie, hy is ‘n dier. Hy het ‘n pragtige familie gehad…wat ‘n skande.
Ag asb jy praat ‘n klomp snert. Grow ‘n pair en vat jou pak soos ‘n man. Jy was man genoeg om jou gesin uit te wis. Ek kry jou geensins jammer nie. MOORDENAAR!!!