Vanderbijlpark-moorde: ‘Ek het hulle nie geskiet nie’

Du Preez Dinsdag in die getuiebank. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Du Preez Dinsdag in die getuiebank. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Fanie du Preez (40), die Vanderbijlpark-man wat aangekla word van die moord op sy vrou en twee kinders, het Dinsdag in die rondgaande hof in Vereeniging volgehou dat hy nie sy vrou en kinders geskiet het nie.

Volgens 90.6 FM Stereo Nuus was Du Preez in die getuiebank om sy weergawe van wat vroegoggend op 3 Desember 2015 gebeur het te gee. Du Preez het volgehou dat twee Libanese mans toegang tot die huis verkry het en sy vrou en kinders doodgeskiet het.

Du Preez het onder meer getuig die knaldemper wat by die huis gevind is, wat uit ʼn oliefilter en kussing gemaak is, was vir sy vrou Thea (43) om uit selfverdediging te gebruik indien iets sou gebeur. Du Preez het sy weergawe van die gebeure verduidelik deur foto’s van die huis aan regter Hennie de Vos te wys.

Du Preez voer aan die Libanese mans het hom buite gekry waar hy aan sy motor gewerk het. Hy beweer hulle het hom geslaan en op die grond gedwing waarna hy skote hoor klap het. Volgens Du Preez het hy, nadat hy sy vrou en kinders dood aangetref het, na sy ouers wat agter in die erf woon gehardloop en gevra hulle moet die polisie en ambulans skakel.

Staatsaanklaer Erik van der Merwe het Du Preez egter daarvan beskuldig dat hy sy getuienis aanpas en opsetlik vals verklarings afgelê het om die polisie te mislei.

Du Preez het ook vroeër tydens die verhoor getuig dat ao. Francois Alberts, die ondersoekbeampte, hom aangeraai het om ’n bekentenis af te lê sodat hy op borgtog vrygelaat sou word.

Du Preez word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Thea, en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14), in die vroeë oggendure van 3 Desember 2015 in die gesin se huis doodgeskiet het.

Die saak gaan Woensdag voort.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Waarheid ·

Al trek ‘n leuen hoé snel, die waarheid agterhaal hom wel.

Nico K ·

Ek was nou nie daar dat ek regtig weet wat gebeur het nie, maar sy storie van die knaldemper maak nie sin nie. Hoekom vir jou vrou ‘n knaldemper gee om haarself mee te verdedig. As daar inbrekers is gee jy nie om as hulle hoor jy skiet nie. Inteendeel jy wil hê ander moontlike medepligtes moet weet jy jy skiet en die bure moet weet daar is iets aan die gang.

Geduld ·

Sy stories maak nie sin nie!! Hoekom het die ouers niks gehoor nie?
So baie onskuldige mense word in vandag se lewe vermoor omdat daar geen straf vir hulle is nie. Tronkstraf is niks want hulle kry kos en klere. Die doodstraf moet terug kom!!

Asjas ·

Terwyl ek hoor en verstaan wat baie mense se vrese is rondom die doodstraf in SA, stem ek saam met jou. Dit is omdat ons Polisie swak opgelei en nutteloos is en daar GEEN gevolge of straf is vir enige misdaad in ons land nie dat mense letterlik wegkom met moord. Hoekom moet ek skei as ek my man of vrou kan vermoor, polisse betaal uit en ek blameer die misdaad in land wat buite beheer is. Wie gaan dit bevraagteken.

En ja, die man is nie baie “bright” as hy vir sy vrou ‘n knaldemper gee om haarself mee te verdedig nie. Jy gee vir haar ‘n wapen en een wat baie skade aanrig en groot lawaai maak sodat jy weet daar is moeilikheid. Dom mense dink regtig die res van ons glo hul leuns en is gewoonlik die LAASTE een om te besef hul is so dom soos klip.

Believe ·

Tweede paragraaf eerste sin “was” moet nie herhaal nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Believe

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Storieverdraaier ·

Sy stories verander elke keer . Praat tog net die waarheid

Vivian ·

My vrae, waarom hom slaan, maar sy gesin uitwis? Waarnatoe het hul toe verdwyn toe hy inhardloop?

Kleintjie ·

Believe, jy bekommer jou nou regtig oor strooi. Magtie, daar is 3 mense VERMOOR en jy is bekommerd oor taalkorrektheid. ?

Sêmaarnet ·

Die selfaangestelde taal-polisiemanne gee my ‘n pyn. As die feite van die nuusberig verdraai word, kan jy seker kla, maar….kry tog ‘n lewe!

foxi ·

Whahahahaha……sjoe, hy moes n akteur gewees het. Jammer ou maat, hoe meer stories jy opdis…hoe groter word jou straf!

Hendrik ·

kruisondervraging sal bepaal of dit waar of onwaar is. as ek op n afstand feite wat ek in die pers lees bymekaar sit, het die beskuldige nie n kans tot onskuldig nie

charmaine ·

Hoekom sit hy met die fotos van die huis en nie die prokureurs nie? En waar kom hy aan die fotos, die polisie sou tog fotos geneem het van die omgewing?

GP ·

Wat n pot strooi. Hy is n lafaart!!! Persoonlik gee ek nie om of daar watse mans ookal opdaag nie hulle gaan my eers moet graf toe stuur voor hulle by my gesin sal uitkom.

GP ·

Wat n pot strooi. Hy is n lafaart!!! Persoonlik gee ek nie om of daar watse mans ookal opdaag nie hulle gaan my eers moet graf toe stuur voor hulle by my gesin sal uitkom. .

Elize ·

Hy lieg soos ‘n tandetrekker. Omdat SAPS onbevoeg is, sal daar gatte wees wat hulle nie kan vul nie, en mag hy dalk loskom.

suzie jordan ·

Ek wonder hoe weet hy dat die twee mans spesifiek Libanese was? Sou hulle moontlik eers hul paspoorte vir hom gewys het?

Uvonka ·

Ek verbeel my hy het heel aan die begin gese dit was Nigeriers?????? Of het ek nou die verkeerde nasionaliteit aan die stert beet!!!

Sann ·

Volgens die heel eerste berig van hierdie voorval, het hy gesê dat hy skote in die huis gehoor het terwyl hy (4uur in die oggend – fluks) in sy motorhuis besig was. Toe hy gaan ondersoek instel het, het hy hom in die boef vasgeloop en ‘n struweling het ontstaan, sodat die boef sy vuurwapen laat val het en gevlug het….. Hy moes dalk maar liewer by hierdie storie gehou het, maar nou gaan niemand hom weer glo nie.

E.K. - ek sê net! ·

Niks met berig te doene maar EK hou daarvan as mense my spel-/taalfoute uitwys. Hene tog, ons moet darem hoop ons taal word reg gepraat en geskryf. Dankie aan die selfaangestelde taalpolisie wat wel omgee.

MM ·

Ek wonder hoe het die 2 vuurwapens so vinning in die dak gekom met handskoene met sy DNA op? Kry vir jou ‘n storie en hou daarby, want jy verander elke dag jou storie. Hy het seker die Libanese ook gehelp om die vuurwapens in die dak weg te steek.

Sam ·

Dwelm base het my gedwing om hulle te skiet.. daai was sy woorde, nou het hy hulle nie geskiet nie.. Nee wat Fanie jy moes eerder holywood toe gegaan het om flieks te maak. Geen dwelm baas of enige iemand anders sal my dwing om my familie te moor nie, ek sal veg al beteken dit my lewe, verseker as ek ‘n geweer in my hand het.

Donovan ·

Ai Fanie het nog altyd net twak gepraat, vandat ons hom ken… Hy lewe in n droom wereld… Hy kan nie eers sy liegstories van gister onthou nie…

Manie ·

Hulle se die Libanese het hom gekry waar hy aan sy motor gewerk het. En net daarna se hulle die skietry het in die vroee ogend ure gebeur. Duuu. Wie lieg en wie praat die waarheid. Ek vra maar met????? Vroee oggend ure is iets soos 0100 – 0600 soos ek dit verstaan.

peanut ·

Ag siestog shame, eerstens: wie werk in die ‘vroee oggendure aan sy kar, en tweedens:
wie gaan vir sy vrou se “liefie, onthou as die boewe by die voordeur inkom, vra hulle moet gou wag, hardloop eers en gaan haal die knaldemper, sodat jy nie vir oupa en ouma of die kiniders wakker maak nie, en dan kom jy en kan julle verder besluit wie skiet eerste”.

Die man moet tog dink die polisie en howe is stupid verby, of is hy dalk n ‘undercover’ parlementslid wat ons nie van weet nie

charmaine ·

Dit is skokend dat daar 2 mans in die berigte is wat hulle vrouens vermoor/laat vermoor het.

Miskien moet hy Patayouti(verskoon die spelling) bymekaar kom en hulle liegstories met mekaar deel want altwee lafaards lieg hulle self vas. Vir sulke mense moet hulle met n naald spuit dat hulle dae vat en sag heen te gaan.

humor ·

Kleintjie jy het so n groot sagte hart. Wees eerlik in watter mate kommer jy jou????????????? Die feit dat die persoon gesteld is op kwaliteit in beriggewing beteken nie iemand is harteloos nie. Ek glo nie Maroela gee om nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.