Vanderbijlpark-moorde: Fanie het verhouding gehad

Du Preez in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Du Preez in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Fanie du Preez van Vanderbijlpark, wat aangekla word van die moord op sy vrou en twee kinders, se ma en stiefpa het Woensdag in die rondgaande hof in Vereeniging getuig.

Du Preez word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Thea en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14), in die vroeë oggendure van 3 Desember 2015 in die gesin se huis doodgeskiet het.

Volgens 90.6 FM Stereo Nuus het Joan van Wyngaardt getuig haar seun en Thea het nie huweliksprobleme gehad nie. Sy het wel gesê hulle het die aand voor die moorde gestry oor die huis wat glo verkoop moes word. Van Wyngaardt en haar man het agter in die erf gewoon.

Van Wyngaardt het getuig sy het die betrokke aand gesukkel om te slaap en die volgende oggend omstreeks 4:00 twee sagte geluide gehoor en daarna verskeie harde geluide. Sy het die paniekknoppie gedruk en later die hek vir die veiligheidsmaatskappy en paramedici oopgemaak.

Du Preez en sy ma in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Du Preez en sy ma in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Sy het ook tydens ondervraging gesê Du Preez het ʼn verhouding met ʼn ander vrou gehad. Sy is ook uitgevra oor wat Du Preez na die moorde op sy vrou en kinders gesê het. Volgens Van Wyngaardt het haar seun gesê die ‘druglords was hier’ en sy het gesê ‘Ag nee my kind, moenie vir my sê jy is betrokke met drugs nie’.

Koos van Wyngaardt, Du Preez se stiefpa, het ook vroeër die dag getuig. Hy het gesê Joan het hom die oggend omstreeks 4:10 wakker gemaak en gesê ‘daar is iets aan die gang’. Du Preez het glo toe teen hul deur kom slaan en geskree: “Kom help hier is ʼn f*kop in die huis”. Van Wyngaardt is die huis in en het Thea en die kinders dood aangetref.

Regter Hennie de Vos het die saak tot Vrydag uitgestel vir slotbetoë. De Vos sal na verwagting Maandag met sy uitspraak begin.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Joachim ·

Hoop sy minares voel tevrede. Dink twee keer voor jy egbreek.

Jo-anli ·

Hy en sy minnares is altwee skuldig, om verhouding asn te knoop vat 2 persone . Hy of Sy Kan NEE sê.

Miemie ·

Ek kry so die gevoel dat hy gedink het die toekoms gaan maanskyn en rose wees saam die nuwe liefde, dat hy sy vrou en kinders uit die weg wou kry om sy volle aandag en sy “erfporsie” aan die nuwe liefde kon uitgee. Daar is geen druglords nie, dit is alles ‘n versinning in sy kop.

Mariaan ·

Du Preez se ma sê Fanie en sy vrou het nie huweliksprobleme gehad nie, maar wel dat hy ń verhouding gehad het.
Is die korrekte afleiding dus af dat sy ma van die verhouding geweet het, maar nie sy vrou nie?

Sandra ·

Ek kan niks sê wat nie n na-smaak in my mond gaan agter laat nie. Mag geregtigheid tog asb seefier

Patat ·

Hulle het nie huweliksprobleme gehad nie, maar hy het ‘n verhouding gehad… klink vir my na ‘n baie gelukkige huwelik daai? Gaan hulle die minnares ook laat kom getuig?

Lollie ·

My vraag is mos onskuldige kinders en die vrou nou vermoor word. Wil jy vir my se hy het geen ander keuse gehad nie. Ek hoop die wiel draai en dat reg en geregtig sal geskied.

C ·

Fanie lieg en hy het dit gedoen!!!! Hoop sy gewete gaan hom pla! Siek verby!

humor ·

Die donker dieptes van die mensesiel is menslik onpeilbaar.

Jean ·

Skokkend dat hy sy vrou en kinders vermoor het. Net altyd vir my vreemd wat se jafels verhoudings het, hoekom moes sy gesin dit ontgeld? Hy kon net waai, dink nie hy is veel om te mis nie.

Antjie ·

Hy het sy sommetjies gemaak met daai geld. Vrou en kinders was in die pad van sy erotiese en eksotiese toekoms. Die minares moet saam hom toegesluit word want dit is sy wat sy wrede plannetjies om sy gesin uit die weg te ruim aangevuur het. Hy moet maar vir hom vaseline kry. Sy drome gaan waar word maar nie soos hy gedink het nie. Die duiwel verneuk altyd diegene wat hul siele aan hom verkoop.

Klampie ·

Die skuldige miet die prys betaal ongeag die omstandighede. Tragies dat mense met nog ‘n hele lewe voor hulle ongevraagd van die lewe ontneem is

Louise ·

Kan hierdie POPPIES wat getroude mans nie kan uitlos nie. Nie sien en besef wat hulle in huwelike doen nie. Besef hoe hy sy vrou moes behandel om alles toe te smeer, want dis mos altyd iemand anders se skuld. Intussen sit die minares agteroor NO PROBLEM, flip mense as jy nie getroud wil wees nie. Doen die regte ding, moenie alles en almal vertrap vir jou plesier, Mag die man en sy VERLIEFDE kry wat hulle toekom. vir die arme vrou en kinders. RIV en sterkte aan al die naas bestaandes

EK, minnares ·

Louise, ek stem saam. om iemand se huwelik te vernietig het aaklige gevolge. Die spyt daarna kan jy vir niemand vertel nie maar dis ongelukkig te laat. Mag God ons vergewe en ergste is as daar kinders betrokke is! jy het ‘n vrou se hart in stukke gebreek en die kinders se lewens verwoes en hul van hul pappa ontneem. Ek was een van daardie vroue. NIEMAND sal ooit weet hoe jammer en spyt en aaklig en stukkend ek voel dat ek ‘n gesin verbrokkel het nie. Net my God. Dis byna 30jr later en ek het myself nog nie vergewe nie.

Scalla ·

hy het seker gedink dat indien hul sou privatiseer hy slegs die helfte van die huis sou kry en verantwoordelik wees vir onderhoud, skelmpie moet ook aanspreeklik gehou word dat sy die gelukkige huwelik verbrokkel het.

peter ·

En die ou vrou weet van die minares maar help hom nie reg nie. Jis, tannie, watse tipe ma is jy dan? Jy weet mos jou klein kinders gaan seerkry in so ‘n gemors. Maak nie saak hoe oud jou kind is nie, jy bly sy ouer…tensy jy nie van jou skoondogter gehou het nie, dus het jy dan nie gemind nie. Siek mense in die ou wereld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.