Vanderbijlpark-moorde: Ma vra huisarres vir seun sodat sy ‘kan leef’

Du Preez Maandag in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Du Preez Maandag in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Die voorvonnisverhoor, waarin getuienis ter strafverswaring en strafversagting aangebied word, het Maandag in die streekhof in Vereeniging begin in die saak van Fanie du Preez (40), wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou en kinders.

Regter Hennie de Vos het Du Preez op 1 November skuldig bevind op drie aanklagte van moord, ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg en ʼn aanklag van die onwettige besit van vuurwapens. Du Preez het sy vrou Thea (43) en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14), in die vroeë oggendure van 3 Desember 2015 in hul huis in Vanderbijlpark doodgeskiet.

90.6 FM Stereo Nuus berig Joan van Wyngaardt, Du Preez se ma, het ter strafversagting getuig en gesê haar seun het nooit aan haar erken hy het die moorde gepleeg of gesê waarom nie. Sy het die hof versoek om Du Preez tot huisarres te vonnis, aangesien sy glo reeds vier kinders verloor het. “Dan sal ek nog kan leef,” het sy gesê.

Petra Tromp, ʼn maatskaplike werker by die departement van maatskaplike ontwikkeling, het ʼn voorvonnisverslag saamgestel. Sy het getuig Du Preez het baie vriende gehad, gereeld saam met hulle gekuier en medikasie vir sy gemoed gebruik. Tromp het ook getuig Du Preez is deel van die berugte 28-bende in die tronk. Hy het glo dreigemente ontvang en daarom by die bende aangesluit.

Die moorde op die drie lede van die Du Preez-gesin het verlede jaar wyd opslae gemaak. Du Preez het ten tyde van die moorde beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer twee gewapende mans het hom daarna gekonfronteer voordat hulle op die vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel het en die drie liggame in die huis aangetref het. Hy is enkele ure daarna in hegtenis geneem.

Du Preez het later sy weergawe van die gebeure verander en in die hof aangevoer twee Nigeriese dwelmbase het hom met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om sy gesin dood te skiet, nadat hy geweier het om namens hulle dwelms te verkoop. Dié weergawe het ook weer verander en Du Preez het beweer dit was twee Libanese mans wat sy gesin vermoor het.

Du Preez word Woensdag gevonnis.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus ·

So gou al n bendelid….dat hy daar saam met hul verrot….bloed is dikker as water….maar die ma moet ook besef dat hy onskuldige lewens geneem het….hyself moet kan antwoorde gee waarom sy vriendekring verdwyn het….dalk aggressie….hy sal sy straf moet vat soos n man…hy lewe ten minste nog….waar is sy geliefdes…of sy “laste”….in die graf….

Meisie ·

Ek voel vreeslik jammer vr die ouers.Ma dink da aan dat daar ook familie sit wat 3 verloor het.Wie se plekke langs die kerstafel gaan leeg wees,en se verjaarsdae wat nooit weer sal wees nie.As hy dit verdien is dit wat hy moet kry.Jammer moeder ma almal moet saam sulke hartseer leef.Glo God kan dit vr jou ligter maak.

Leana ·

Ek voel baie jammer vir die ouers. Maar ongelukkig is daar nog ouers wat hul dogter EN kleinkinders verloor het. Hy moet kry wat hy verdien

Rabes ·

Straf hom max omdat hy ‘n geharde misdadiger is. Hy lieg so baie en dan dink hy almal is dom. Nou lieg hy nog oor die 28 bende hy’s al lankal ‘n agtermekaar kêrel

Chante ·

Ek stem.. hy moet sit en die sleutel weg gegooi word. Hy het nie gedink aan hoe daardie arme mensies wat hul geliefdes verloor het gaan oorleef sonder hul geliefdes nie.. huis ares sal nie werk nie want met so n gemoedstoestand wie se dit sal nie weer gebeur nie.. ek se weer… skuit hom op en gooi die sleutel weg!!

Rln ·

Sluit hom toe… as hy sy vrou en kinders kan vermoor kan hy sy ma ook vermoor.

Tammy ·

Wat van 3 keer lewenslange tronkstraf. 3 x 15 jaar wat 45 jaar is sonder n opsie om aansoek te doen vir parool. Asseblief , groot asseblief regter, moenie die woord gelyklopend eers noem nie. Die skurk het niks minder as 45 jaar nodig om te kan dink en besin, oor die pragtige mense wat so bitter onnodig gesterf het nie en oor wie se moorde die hele wereld belieg is nie. Hy verdien geen genade nie, hy weet in elke geval nie wat die woord genade beteken nie.

Stompie ·

Lewenslank is 25 jaar so dan sal dit 75 jaar wees, verder stem ek heeltemal saam

Rbee ·

Hahaha snoefie ek vra dieselfde vraag. En sy verwys na die besigheid wat du Preez sou begin het wat R40k sal inbring. DUS omdat sy finansieel in die moeilikheid is, moet boeta Huisarres kry!
How low can you go!

amanda ·

snaaks, dt sy wil lewe….mr I’d huisgenoot,se sy dn sy is vriendinne met di vrou, wt hr seun n verhouding ht of gehd ht….so hoe nou…Nee wt hy moet mr sit…..

Rbee ·

Lees die vaalweekblad vir detail inligting vanaf die hof.
Dis duidelik dat Joan van Wyngaardt nie die vaagste benul het van geregtelikheid nie.
Hoe kan jy vra vir HUIS ARRES sodat jy nog kan voort lewe!
Wie is Jacques wat op masjiene gekoppel is?
Wat het dit te doen met versagting?
Die man het DRIE ander lewes geneem, maar om jou te laat voort leef moet hy huis toe kom…. ooh eh eh

Kobus 4e ·

As ek n voorstander van die doodstraf in SA was, sou ek hierdie een gebruik het om my punt te bewys.

Isabeau ·

Stem heeltemaal saam met jou – hoop hy gaan deur hel en dat hy in die tronk sal opvrot – so iemand verdien nie n plek in die samewing nie ma

Joe ·

Ek hoop dat die regter hom beslis swaar sal vonnis …. hy verdien geensins huis arres nie …. hy het moord gepleeg …. kan sommer sien hy is ‘n geweldadige persoon …. huhhh …. nou vra sy ma vir huis arres …. tannie …. weet jy ooit waarvan jy praat ….. smaak my nie so nie ….. laat hom sit waar hy hoort …. saam met sy pelle wat hy reeds gemaak het het in die tronk ….. die bende …..
Once a criminal …. always a criminal …. het geen simpatie het hom nie …. hy moes van beter geweet het ….

LS ·

Jy vra huisares vir jou seun tannie?????
Het jy enige idee wat jy vra ? Het jy enige idee wat jou seun gedoen het?
Hoe dink mense ??????

Ano ·

Sjoe mevrou jy is braaf! As hy sy EIE kinders kon doodskiet – is jy nie dalk volgende nie? Uh-uh ek dink hy en julle is baie veiliger met hom agter tralies – vir altyd – vir sy “natural life”

Luiperd ·

Kom ons verbeel ons vir ‘n oomblik dat hy wel forseer was om hulle te skiet… Watse swak patetiese pa kan sy kinders skiet om sy eie lewe te spaar. Ek sal dit nie doen nie, hulle kan my maar op die wreedste manier moontlik dood maak maar my kind sal nie deur haar eie pa geskiet word nie!!

Dit alleen verdien die doodstraf!!!!!!

Jacques ·

Hulle moet groot fotos teen sy sel se mure sit van sy kinders en vrou sodat hy elke dag kan sien wat hy gedoen het .( Fotos van hulle nadat hy hulle geskiet) .Dan sal ons verstaan hoekom hy mal is .

rooiSarie ·

hy sal so nie huisares kry nie !!

hopenlik kom kuier KARMA vir hom nog voor hy gevonis word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.