Vanderbijlpark-moorde: Só is ma en kinders vermoor

Du Preez Maandag in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Du Preez Maandag in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Die rondgaande hof in Vereeniging het Maandag gehoor dat Thea du Preez (43) die oggend van 3 Desember 2015 eerste doodgeskiet is gevolg deur haar seun Phillip (14) en toe haar dogter Carlia (17).

Fanie du Preez (40), die kinders se pa en Thea se man, word van die moord op dié drie aangekla.

Volgens 90.6 FM Stereo Nuus het kapt. Joe van Rooyen, ʼn ballistiese kundige in die polisie, Maandag getuig Thea se liggaam is op die bed in haar slaapkamer gevind. Sy het twee wonde aan haar regterwang gehad en daar is twee .38-koeëls uit haar kop verwyder. Die skieter het aan haar linkerkant gestaan.

Die skieter is hierna na Phillip se kamer en het twee skote met ’n .38-rewolwer afgevuur. Een van die skote het die bed se kopstuk getref en die ander een ʼn bedkassie. Volgens Van Rooyen was Phillip nie op die bed geskiet nie. Hy het vermoedelik wakker geword van die vorige skote en het moontlik langs die bed gestaan of regop in die bed gesit toe hy met ʼn 9 mm-pistool doodgeskiet is. Hy het hierna geval.

Carlia het vermoedelik wakker geword nadat haar broer doodgeskiet is aangesien daar nie ʼn knaldemper op die pistool was nie. Die skieter het in haar kamer skote met die .38-rewolwer en 9 mm-pistool afgevuur. ʼn .38-koeël is uit die bed se basis verwyder. Daar was drie gate in die bed. Die skieter het moontlik op sy of haar knieë op die bed gestaan toe Carlia geskiet is. ʼn Totaal van sewe skote is afgevuur.

Die hof het verlede week gehoor dat Fanie du Preez in November 2015 sy werk verloor het en dat hy ʼn uitbetaling van R27 000 sou kry. Ao. Francois Alberts, die ondersoekbeampte, het ook getuig dat Thea ʼn lewenspolis van R2,2 miljoen uitgeneem het kort voor haar dood. Volgens Alberts sou die kinders volgens Thea se testament elk 25% gekry het en Fanie die ander 50%. Thea se pensioen van sowat R1 miljoen sou ook in die boedel oorbetaal word.

Alberts het ook verlede week getuig Du Preez se DNS was op twee pare handskoene wat op die toneel gevind is. Daar is ook buskruitoorskot op die handskoene gevind. Alberts het Du Preez in hegtenis geneem nadat daar kort na die moord ’n .38-rewolwer, ’n 9 mm-pistool en handskoene gevind is waar dit in die motorhuis se dak versteek was. Du Preez het aangevoer die verdagtes moes dit daar gesit het.

Du Preez ontken skuld op die drie moordklagte. Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Alet ·

Wat n siek siek situasie!!! Skiet jou vrou en eie kinders vir geld!!!! Hoop hy sien nooit weer die buitekant van n tronk nie! In sulke gevalle wens mens die doodstraf kon gegee word. Watter vrees en ongeloof het hulle ervaar voor hulle doodgeskiet is en hoe siek moes hy wees om aan te hou probeer tot hulle dood is???

Johann ·

Geen pa…GREEN PA is SO geldsugtig nie. Iets anders het hierdie verskoning van n mens se wese oorgeneem. En NEE ek maak als behalwe verskoning vir sy dade omdat hy gesyip op bedwelmd was…juis NUE n verskoning volgens my nie. Gewetenloos!

Jacques ·

Die duiwel werk op verskeie maniere , hoe dit ook al sy dit bly siek . Die verdien die ergste straf in ons regsstelsel .

Ria ·

Dit is se eie vlees en bloed en ek weet dit want dis my niggie!

Santie ·

So is dit nou maar ok om iemand anders se kinders dood te skiet???

Alida ·

Of dit sy kinders was of nie dit is irrelevant dit bly n vrou en kinders. Die dwaas weet seker nie dat in di SA reg erf jy 0 as jy bloed op jou hande het nie. 3 lewenslange vonnisse is te min!

foxi ·

Ha ha haaaaa……..nou gaan hy niks kry nie…….net lekker maaitjies in die tronk! Hoop hulle verniel die bl……….m. Vuilgoed!

Malva ·

Absoluut skokkend dat ‘n ouer so geweldadig teenoor sy kinders optree.

tamboti ·

Pastoor dit is nie so eenvoudig nie! ‘n Saak kom mos van 2 kante?

Nenna ·

tamboti … twee kante? Rêrig? Waar is die arme vrou of haar kinders se “kant”? Oh wag ons kan dit nie hoor nie, want hulle is koelbloedig vermoor vir geld. Jammer, maar hierdie saak het nie twee kante nie punt.

G ·

Tamboti, wat reken jy is die ander kant van die saak wat die moorde regverdig?

regtig! ·

Sjoe Tamboti, regtig dink jy regtig enige iemand verdien die koel afmaai terwyl hul slaap (die Ma) en die kinders wat wakker word tydens hierdie moord sessie. Maak nie saak hoe moeilik hul was nie, skei is ‘n beter opsie, niemand het die reg om ‘n ander se lewe te neem nie en dit vir ‘n Polis se geld.

lea venter ·

As jy sonder sonde is tel eerste klip op en gooi!!!Ons mag nie oordeel nie dit is God se werk!!!

Ano ·

Lea Venter – NEE NEE NEE! Dit IS NIE God se werk nie. Asb hou op om God die skuld te gee vir sulke wrede dade.

Jean ·

Sêjy dus ons mag GEEN MOORD veroordeel nie? Baie verkeerd hoor, dan hoef daar nie wette en tronke te wees nie. NATUURLIK moet mens enige moord VEROORDEEL. God besluit uiteindelik wie gaan hemel en hel toe maar op aarde besluit die regters wie gaan tronk toe.

Ronnie ·

#Lea Venter, ek wens jy kan die hele strekking van “moenie oordeel nie” lees en verstaan.

Lila ·

Ai Lea Venter

Niemand oordeel hom nie.. hul oordeel sy dade.. en dit is mos vieslik man! Kom nou toe! Die bybel sê in Exodus 20 ( Tien Gebooie) JY MAG NIE MOORD PLEEG NIE!!

Ek gee nie om wat daai moordenaar se “rede” of “regverdiging” “nood” is om daai dade te gedoen het nie! Die punt van die saak is hy het alle perspektief verloor en sou eerder sy vrou en kinders vermoor as om self vermoor te word of dan dalk bankrot te raak.. ONAANVAARBAAR!!!!!

Gerda ·

Lea en ander die Woord se ons moet bid vir die mense wat in gesagsposisies is wat bedrog, moord ensv moet hanteer sodat die regte vonnisse opgelê kan word so dai van moenie oordeel nie is al ou nuus. Hier op aarde moet die persoon sy of haar straf kry en dalk sodoende tot redding kom en vergifnis ontvang. Ongelukkig laat ons mense dit na om te bid mense sal eerder die vieslikste kommentare met ongewenste tale kwyt raak as wat daar gebid word.

Sjoe ·

Lea ons oordeel nie, maar ek gaan nie vir hierdie man sê wat jy gedoen het is pragtig en reg nie, gereg moet sy gang gaan (ek kan nie oordeel of nie en ek kan ook nie vergewe of nie, dit is nie teen my gepleeg nie) ek sal egter wys dat dit my diep raak, dat ‘n man vir Polis geld sy vrou vermoor verskriklik erg is, maar as jy jou kinders in die oë kyk en doodskiet is totaal teen alle waardes en sisteme, jy moet regtig totaal gewetenloos en boos wees.

Donovan ·

Thea het nie eers geweet sy is geskiet nie, Phillip het sy pa in die oe gekyk terwyl hy hom skiet en Carli het hom gesmeek om te stop… en hy het net aan gehou… 12 skote… Phillip het hom gedodge en dive en toe kry hy die dood skoot… wat se vrees moes deur daai kinders gegaan het… Carli het rond gerol en probeer om die boosheid te ontkom en Fanie het op sy kniee haar vas gedruk en die laaste skote af gevuur… Here mag U genade groter wees as U toornigheid… Hoe leef die man met homself… Ek kan ook nie dink watse tipe prokureer probeer so man verdedig nie… JY moet net so siek wees soos die man en JA ek glo Fanie moes deur die duiwel besoek gewees het om so iets te doen…

SkarrelKind ·

Dit is nie die duiwel of god se werk nie. Dis Fanie se werk. Klaar. “He must man-up”.

Lees bietjie hier Lea ·

Lea, lees net bietjie hier Donovan se boodskap, dit is nie vals nie, dit is presies hoe dit in die hofsaak uitkom. Daai seun en dogter moes deur absolute hel gegaan het, jou eie Pa, jou held, jou beskermer, jou versorger, stoei met jou om jou te vermoor en skiet jou wetend en wetend dat jy weet. Lees liewers die hele konteks van veroordeel etc. Skarrelkind ek stem, hy moet man-up. Tammy, jip hy gaan niks erf. Magda, dit is nie funny, completely crazy, totaal bezirk sou ‘n beter woord gewees het.

Alien ·

Gisteraand het ‘n Pa weer sy kinders en vrou geskiet hier in Hospitaalpark Bloemfontein…
Ek verstaan dat ouers onder vreeslike druk verkeer maar hoekom skiet hy nie net homself nie.
Sy een kind het hy mis geskiet en die ander drie keer,, die vrou blykbaar mis en homself in die maag, daarna het hy homself met vleismes gesteek.
Kan maroela verdere inligting omtrent voorval verskaf

Tammy ·

Is dit nog van toepassing dat as jy in iemand se testament benoem is en jy vermoor daardie persoon, dan verbeur jy jou erfdeel? Hoop daar is n leser wat duidelikheid kan gee.

Liezille ·

Tammy ek is nie seker nie, maar ek betwyfel dit sterk. Dit is maar soos selfmoord. Indien die persoon wel die geld sou kry is dit ‘n siek situasie. Ek dink as die kinders nog gelewe het sou die geld wat hul toegekom het wel aan hulle uitbetal word

Johan Venter ·

Dis verskriklik dat die een persoon wat jou moet oppas en veilig hou, jou leed aandoen.

Ilse ·

Geen geld koop ‘n lewe nie dan bly ek op straat maar my gesin is my lewe. Net jammer nie almal dink so nie. Waar heen is die land oppad?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.