Vanderbijlpark-moorde: Uitspraak gelewer

Du Preez in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Du Preez in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Regter Hennie de Vos het Dinsdag in die rondgaande hof in Vereeniging uitspraak gelewer in die saak van Fanie du Preez wat aangekla is van die moord op sy vrou en twee kinders.

“Al die feite dui daarop dat u verantwoordelik was vir die moorde op u familie,” het regter De Vos gesê. 90.6 FM Stereo Nuus berig Du Preez is skuldig bevind op drie aanklagte van moord, ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg en ʼn aanklag van die onwettige besit van vuurwapens. Hy sal in Desember gevonnis word.

Du Preez het voorheen ʼn skulderkenning afgelê, maar sy regsverteenwoordiger het aan die begin van sy verhoor aangevoer dat dit onder dwang gedoen is. Hy het toe ook skuld ontken op die drie aanklagte van moord en die een van die dwarsboming van die gereg.

Die moorde op die drie lede van die Du Preez-gesin het verlede jaar wyd opslae gemaak. Du Preez het ten tyde van die moorde beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op die vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel het en die drie oorledenes se liggame in die huis aangetref het. Enkele ure daarna is hy egter in hegtenis geneem.

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Du Preez het later sy weergawe van die gebeure verander en in die hof aangevoer twee Nigeriese dwelmbase het hom met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om sy gesin dood te skiet, nadat hy geweier het om dwelms namens hulle te verkoop. Dié weergawe het ook weer verander en Du Preez het beweer dit was twee Libanese mans wat sy gesin vermoor het.

Thea du Preez (43) en haar kinders, Carlia (17) en Phillip (14), is in die vroeë oggendure van 3 Desember in hul huis in Vanderbijlpark doodgeskiet.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann ·

Gewetenlose psigopaat! Jy is die naam van mens en pa nie werd nie! Mag jy die res van jou selfsugtige lewe nooit slaap nie…wakker rondloop met die gesigte van jou kinders en vrou voor jou…Siek!!!!

Valie ·

Johann, dis ongelukkig net mense wat oor ‘n gewete beskik wat later gepla word deur hul aksies, hierdie onding het dit blykbaar nie. Die beste wat met hom kan gebeur is dat hy stadig wegvrot in sy sel, en met die minagting en afsku behandel word wat hy verdien.

Anoniem ·

Hoop dis lewenslank en gooi sommer die sleutel ook weg!!!!!!

Raaisel ·

Ja dwelms is ‘n gerieflike skuiwer om te gebruik as niks anders werk nie….

Magdalena ·

Dankie Liewe Here dat U nie die man laat weg kom wat hy aan sy gesin gedoen het nie. Nou moet daai Stiefpa van Brits ook net sy straf kry

Jan ·

Beslis. Kos glo meer per dag om ‘n gevangene aan te hou as wat “n eerlike gesin spandeer op lewenskoste
Na belastig.

Cherokee ·

Sy gewete gaan nie daaronder ly nie want as hy enige gewete gehad het, sou hy steeds ‘n gesin gehad het. Hy gaan net jammer voel vir homself.
Ek bevraagteken egter enige regsverteenwoordiger wat sò een, veràl nadat hy oorspronklik skuld erken het, probeer loslieg.

Gerd Lourens ·

Cherokee. Ek voel nes jy. Is fooie so belangrik dat gewetens vernietig word?

“Regs”-verteenwoordigers is soms meer gewetenloos as hulle kliënte.

SPEEDGUARD ·

Die regsverteenwoordiger was aangestel deur die staat en doen hy maar net sy werk, as hy dit nie doen nie en hy versuim in sy plig word hy van die rol geskraap, hy het niks uit sy duim gesuig om die ou te ‘red” nie, wat sou jy doen as dit jou beroep is, geskrap word en vir ‘n assuransie maatskapy gaan werk wat ook maar die “ons kibbel nie ons betaal” frase misbruik !! Nee wat as dit jou brood enb otter is doen jy dit goed of jy sien jou g@t!

Alida ·

Psigopate het nie n gewete nie. 50 jaar tronksit sal te min wees. Verwyder die vark uit die samelewing.

Jan ·

Dankie aan die gereg wat uitspraak gelewer het. Ek hoop dus dit is lewenslank dat hy nooit weer die buitekant kan sien nie. Hy het nie berou nie, hy blameer ander en neem nie verantwoordelikheid vir sy dade nie. Hy het drie mense se geluk en vooruitsigte op n mooi toekoms ontneem. Siek, sit en weet dat hoekom daar nie vir jou genade mag wees hier nie want jy het nie genade gehaad vir daardie onskuldige mensies nie. Ek is nie jammer vir jou nie nogminder geen genade vir jou nie.

Eerder ·

Ek is dan maar bloeddoerstig, wie skiet sy kinders terwyl hul weet en smeek???????????? Dit is ok Johan? Ek verduidelik dan maar stadig, Du Preez is die Pappa in die huis, Pappa beskerm Mamma en kinders TEEN gevaar, nie die Pappa du Preez, hy skiet hulle.

André ·

Hy kan maar lieg en bedrieg sover as hy kan maar ek hoop hy besef dat hy nooit die regters stoel van ons hemelse Vader sal vryspring nie. Die hel is jou voorland!!!!

Hannes Bester ·

Ja dis nou te se as hy nie intussen sy saak met God regmaak nie. Gelukkig is God genadiger as meeste mense. Vir al wat jy weet gaan die kerel dalk eendag hemel toe en gaan baie ander braai vir die kere dat hulle gelaster het, “klein” goedjies gesteel het by die werk/skool om huis toe te neem en wrokke in hulle harte saamdra, onverdraagsaam is, onvergewensgesind en vol bitterheid. Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi, die galgtou om die moordenaar se nek sit, die elektriese stoel aktiveer of die inspuiting toedien.

Martin ·

Daar is ook nie medisyne vir dom nie
Hy kon seker nie glo dat sommer net gewone mense dwarsdeur sy sy liegstories kon sien nie.
Dat dwelmbase hòm nou teiken waar hy nogal in die middel van die nag aan sy bakkie werk. En verder dwing hulle hom .. dis nou Fanie self wat ń wapen in die hand het, om sy gesin een vir een uit te wis. En terwyl hy self die gewapende een is, dink hy nooit daaraan om met een “dwelmbaas” te skiet nie. Boonop laat hy hulle toe nog toe om te vlug. As die stories nie in die hof uitgekom her nie, sou niemand kon glo dat een mens soveel nonsens kan uitdink en dan nog wragtig dink dat dit geloofwaardig is nie.

Ja regtig ·

Ja regtig Martin, dit maak my moe..g as mense dink mens is stupid en hul twak klink geloofwaardig, of wel seker vir hulle, daar is maar min daarbo as jy so dink nie, dankie polisie en staatsaanklaer en regter, voorwaar goeie werk!

Piet Pompies ·

Watse ouer slaan sy hande in die lewe van sy vrou en twee kinders. Geen simpatie vir jou, geregtigheid het geskied, die vonnis moet net van pas wees.

SPEEDGUARD ·

Maroela, ek geniet jul bydra regtig baie, ek is egter bekommerd dat u opregte kommentaar wat voldoen aan jul termes en voorwaardes verwyder, is jul dan ook nou selektief of moes ek die woorde Blank of Swart begevoeg het, ek sien baie kommentaar wat so lees , waarom dit nie verwyder nie??

Landi Slatter ·

Dagsê SPEEDGUARD

Dankie vir jou terugvoer. Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie. Jou kommentaar op die berig is wel nou goedgekeur.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Doodstraf ·

Sulke tyd is doodstraf gepas, hy kan NOOIT weer vry op straat beweeg, sy siekte genees nie.

Absoluut doodstraf ·

Absoluut doodstraf, ek stem 100% saam, hy voel ook nie gestraf, want hy neem geen verantwoordelikheid. Hy voel net verontreg, more begin hy weer met ander planne en as daar nuwe sake kom vergeet almal, hy kry parool en so herhaal hierdie boosheid.

Pastoor ·

Te veel vir woorde. Hoe langer in die tronk sit. Hoe meer lieg hy. Vir God kan hy nie lieg nie skande

Leer oor doodstraf ·

Leer oor doodstraf by Botswana, hulle het nie sulke mense, want hy sou binne die vlg 2 mde doodstraf gekry het en kon nooit weer reg van ander mense se lewens in sy hande geneem het en dit kos hul nie derduisende om hom jaarliks aan die lewe te hou nie!

m ·

Die doodstraf sal nooit terugkom nie want hulle gaan nie hulle eie mense laat terugstel nie…… so eenvoudig soos dit….

Snoekie ·

Die negatiewe dinge in ons lewe is baie sleg, maar tog realiteit. Wat wel belangrik is, is waar eindig ons na die dood. Daar is net een wat die oordeel sal vel en dis God oor al ons dinge op hierdie aarde

Han ·

Hannes Bester, ek stem saam met jou. Ons kan die daad veroordeel, maar om die mens te oordeel is God se taak. Mag hy sy saak met God regmaak.

Magda ·

Die luis moes sy gesin as ‘n las beskou het daarom het hy oorgegaan tot aksie om hulle te vermoor. Nou verontskuldig hy homself. Tipies van sulke mense. Geen gewete!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.