Vanderbijlpark-poskantoor loop deur; staking duur voort

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die poskantoor in Vanderbijlpark, Gauteng het onder vandale deurgeloop en ʼn motor is aan die brand gesteek.

“Vensters is gebreek en die betogers het ʼn motor aan die brand gesteek,” het Lungile Lose, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), gesê. Niemand is beseer nie. Tydelike werkers staak reeds die afgelope twee weke en dring daarop aan om permanent aangestel te word.

Volgens City Press beweer werknemers dat bestuur die proses om tydelike werkers permanent aan te stel, teen ʼn slakkepas aanpak. Sapo het verlede jaar onderneem om 7 945 tydelike werkers permanent aan te stel.

Sapo maak gebruik van ʼn gefaseerde benadering waar hulle deeltydse posisies aan tydelike werkers aanbied as ʼn alternatief tot kontrakwerk deur die gebruik van arbeidsmakelaars.

“Die doel van dié buigsame arbeidstrategie was nog altyd om deeltydse werknemers te bevorder na meer permanente poste met volle voordele. Daar moes egter ‘n verspreide benadering geneem word, gegewe die moeilike finansiële posisie van die maatskappy,” het Mlu Mathonsi, Sapo se hoofbedryfsbeampte, aan die koerant gesê.

Sapo sal tydelike werkers tot voltydse posisies bevorder sodra die maatskappy in ‘n finansiële posisie is om dit te doen, het die koerant berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ann ·

Dit is maklik vir die swartes om te brand wat hulle nie gebou het nie en dan nog te eis ook, dis tyd dat die swart meerderheid hulle kinderskoene weggooi en grootword en optree soos volwassenes. Dan sal die land ‘n beter plek wees vir almal.

Etienne ·

Ek is bly dat hulle aanhou strike. Nou kan hulle hulself uit ‘n werk uit strike. Ek vermy die poskantoor met feitlik al my versendings vandat hul strikes so handuit geruk het.
Nou kan daar begin word om poskantoor te privatiseer, dan gaan ons nie ‘n klomp dooie gewig saam dra nie.
Doen zo voort!!

petro ·

Ek het 10 jaar terug by poskantoor bedank na 24 jaar diens. Toe reeds was hulle beleid om tydelike werkers 3maande te laat werk en hulle dan twee te laat loop en daarna weer heraan te stel en weer 3mnde laat werk en so het dit aangehou. Ek weet van mense wat as tellers daar gewerk het en op die stelsel tot 12 jaar gewerk het en geen nog vaste aanstelling gekry het nie. Ek neem hulle nie kwalik dat hulle staak nie!!. Terloops ek is daar weg as `n toesighouer en weet dus warvan ek praat.

tom ·

Hier gaan dit nog lekker raak (Soos Timmie du Plessis gese het).
Die fiscus is bankrot – die internasionale geld beheer is op die oorlogspad met die reserwebank m.a.w inflasie gaan die jaar erg styg (Om net een van die lastige en vele outjies uit te wys, want hulle is baie en hulle is regtig baie lastig en monsteragtig lmga).
Skreeunde mal gillende gorrilas is nog mooi teen die monsters.
Dan is daar nog die outjie van werkloosheid en veral die jeug wat so gebukkend gaan daaronder en dan is daar hoop: in die internet en media formaat wat wys hoe jongmense wereldwyd in opstand kom, bereid is om te sterf om hulle misnoe aan die regering van die dag oor te dra.

So hoesit bra!!! Maak so en maak … Maak my DAG MAN!!!

ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.