Vanderbijlpark-seuntjie brand met kookwater

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige seuntjie van Vanderbijlpark in Gauteng is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend met kookwater gebrand het.

“Die kind se ma het aan paramedici gesê hy het ʼn pot vol kookwater van die stoof af op homself gekeer,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

Die seuntjie was reeds in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die huis in Botswoanaweg opgedaag het. Sy ma het langs hom gesit en hom met koue water en klam lappe probeer help.

Hy is met ʼn helikopter na ʼn privaathospitaal in Johannesburg geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sollie ·

Iets klink nie reg nie. Hoe kom ‘n 2-jarige by iets op ‘n stoof? Dalk is dit op ‘n laer vlak in sommige “township” huise, maar sowaar dan moet mens mos ekstra goed toesig hou? Ek wonder net …

lj ·

@Sollie, Ek dink ek kan jou antwoord op daai een, Dis of presies wat jy se of dis soos my klein neefie 2 en n half en n pot kook water oor homself gegooi en sy bors en arms lelik verbrand nog terwyl die ma daar staan. Dit was 2 sekondes. So ja dit is in alby tuie moontlik, die klein goedjies is woelig in vandag se dae lol. Maroela Media EMAIL MY ASB! DIE HERO BURN FOUNDATION SOEK ASSEBLIEF DIE OUERS SE DETAILS OM DIE KIND TE HELP MET ENIGE NODIGE GOEDJIES AAN DIE FAMILIE. ASB ASB GROOT ASB [email protected]

Sune van Heerden ·

Dagsê lj

Dankie vir jou kommentaar.
Ons het ongelukkig nie die kontakbesonderhede van die ouers nie. Moontlik lees iemand die berig en die kommentaar wat jou dalk kan help.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sollie ·

@lj – ek verstaan wat jy sê. Nogtans voel ek in so ‘n geval moet mens uiters versigtig wees. Ons het bv jare gelede in wat destyds as Huishoudkunde skoolvak bekend gestaan het geleer (een van die eerste goed) dat bv kastrolle op stowe ALTYD met hul stele na binne moet wees of gedraai moet wees juis sodat kinders dit nie maklik in die hande kan kry en aftrek nie. Dis jammer die outjie moes so seerkry en hoop mens maar vir die beste. Hopelik lees ander ook hier en sal ekstra versigtig wees – die kombuis is ‘n gevaarlike plek.

anitha van zyl ·

Mense … ongelukke gebeur !! Dis gebeur so vinnig. As mens iets daaromtrent kon doen sou daar GEEN ongelukke gebeur het nie … kom ons los die verwyte en staan saam en bid sonder ophou vir hierdie gesin … ons is self deur so brandongeluk…. glo my … mens gun dit nie vir jou grootste vyand nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.