Vang LP se moordenaars, vra parlement

Sibusiso Radebe (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse parlement het Woensdag die polisie versoek om “geen steen onaangeroer te laat nie” om diegene te vind wat ʼn LP tydens ʼn kapingspoging doodgeskiet het.

Maroela Media het vroeër berig Sibusiso Radebe, ANC-LP, is Dinsdagaand doodgeskiet. Hy is in die kop en die been geskiet nadat die kaper glo sy selfoon geëis het.

Radebe was saam met ʼn ander persoon in ʼn voertuig wat in Carbonstraat, Lindhaven, geparkeer gestaan het, toe twee aanvallers die voertuig genader en op hulle losgebrand het. Sy metgesel het ongedeerd ontsnap.

“Die kriminele regstelsel word gemaan om geen steen onaangeroer te laat nie om seker te maak dat die kriminele elemente wat vir dié gruwelike daad verantwoordelik is, aangekeer word,” het Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, en Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, in ʼn verklaring gesê. “Die parlement betuig sy innige meegevoel met mnr. Radebe se familie, vriende en die ANC.”

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het gesê Radebe is van Elukwatini in Mpumalanga. Hy het in 2009 by die parlement aangesluit en het op verskeie portefeuljekomitees gedien, insluitend hoër onderwys en opleiding en energie. Hy was ten tyde van sy dood ʼn lid van die portefeuljekomitee oor vervoer.

Die polisie het vroeër Woensdag bevestig sy beamptes is op soek na twee verdagtes.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn 40-jarige man is Dinsdagaand omstreeks 19:30 dood tydens ʼn mislukte kaping in die weste van Johannesburg. “Die verdagtes het in ʼn donkerkleurige Ford Fiesta gevlug. Die motief is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tom Nel ·

Een van die korruptes in die regerende party endie hele Parlement is in rep en roer maar oor al die ander moorde van die man in die straat en die boete word niks gedoen nie – geen spesifieke versoeke vir dieselfde optrede aan die SAPD, hoop julle loop dieselfde paadjie sodat julle as regering kan wakker skrik, spul boewe, dis al wat julle is

Theo ·

Ek stem saam. Die man op die straat word vermoor omdat politisie nie hul werk doen. So sal nog ministers vermoor word.

Jan ·

Hoekom net syne. Wat van al die ander moordenaars in ons land. Politisie ingesluit

Plantasiegorila ·

Sy noem dit n gruwelike daad maar is tjoepstil oor plaasmoorde. Nou neem ek aan dié is nie gruwelik nie.

DV ·

Ek hoop alle misdaad word nou so aangespreek dat:- “geen steen onaangeroer gelaat sal word nie”

JM ·

Plaas moored is mos nie ‘n misdaad in die regering se oe nie, dit is mos elke dag se ding met geen geweld volgens die minister.

Johan H. ·

As hulle die plaasboere soo vermoor daagliks, WAT maak die anc ou dan so spesiaal om nie ook vermoor te word nie,,, HE LINDIWE??

Elsa ·

Hierdie onsinnige moord het nou naby aan die “huis” gekom, die regering, nou sal hul besef elke ander onsinnige moord soek daadwerklike optrede….

Burt ·

‘n Oog vir ‘n oog – NOU moet die parlement optree ??? wat van die plaasmoorde?

Leeutjie ·

Teregstelling of n gewone kaping. Hoekom het die metgesel dit vrygespring?

Theunis Eloff ·

Hoekom kan al die ander moorde nie ook hoogste prioriteit kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.