Vangwa-sleep: Polisiebeamptes gevonnis

'n Skermskoot uit 'n video wat wys hoe Mido Macia agter 'n polisievangwa gesleep is.

‘n Skermskoot uit ‘n video wat wys hoe Mido Macia agter ‘n polisievangwa gesleep is.

Die agt voormalige polisiebeamptes wat skuldig bevind is aan die moord op Mido Macia in Februarie 2013, is Woensdag gevonnis.

Regter Bert Bam het Bongamusa Mdluli, Meshack Malele, Thamsanqa Ngema, Percy Mnisi, Sipho Ngobeni, Lungisa Gwababa, Bongani Kolisi en Linda Sololo elk 15 jaar tronkstraf opgelê nadat hy hulle in Augustus skuldig bevind het.

ʼn Negende voormalige polisiebeampte, wat ook vir die moord aangekla is, is vroeër deur die hof vrygespreek. ʼn Staatsgetuie het gesê hy het ʼn fout gemaak toe hy Matome Ramatlou by die moord betrek het. Ramatlou is kort daarna vrygespreek.

Macia is op 26 Februarie 2013 deur die polisiebeamptes genader nadat hy sy minibustaxi onwettig parkeer en ʼn verkeersknoop veroorsaak het. ʼn Woordewisseling het tussen hom en die polisie ontstaan en hy is agter ʼn polisievangwa aangesleep. Hy is later in die selle van die Daveyton-polisiestasie dood.

Die beskuldigdes het aangevoer Macia se handboeie het verstrengel geraak in die bankie agter in die vangwa waarna hy uit die vangwa geval het en per ongeluk agter die vangwa gesleep is. Die staat het egter aangevoer dat die beskuldigdes wel bewus was daarvan dat hy agter die vangwa gesleep is.

Klik hier om al die vorige berigte oor die saak op Maroela Media te lees.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

stefan ·

dan is hulle nou die wets toepassers wat veronderstel is om misdadegers te vang en om geregtigheid te laat seevier . net een vraag is die dood van die drywer regtig nodig gewees of was dit nodig om hom so te behandel . geen wonder die jeug hardloop weg as hulle die sap sien nie want die wat ons moet beskerm het die geword wat die meeste gevrees word .ek se nie al die lede is so nie dar is goeies wat wel hulle deel doen maar dan is daar die vrot appels wat almal in die sap se name op voeter .

Dee ·

Waarom sloer sake in Azanië so lank? Sake neem jare om afgehandel te word.

Theresa B ·

Een ding wat nou nie twee is nie – hierdie mense weet hoe om te lieg…………………
Ek het nog NOOIT gehoor dat as die paw-paw die fan strike – dat hulle die waarheid praat nie. Ongeag wat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.