Vanwyksvlei-verkragter sit lank

Ondersoekbeampte Johannes Pelzer (L) en die beskuldigde Darryl Woest Foto: SAPD, Noord-Kaap

Ondersoekbeampte Johannes Pelzer (L) en die beskuldigde Darryl Woest Foto: SAPD, Noord-Kaap

Darryl Derek Woest (32) van Vanwyksvlei in die Noord-Kaap is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op nege aanklagte van seksuele misdrywe skuldig bevind is.

“Woest het Woensdag in die streekshof in Carnavon verskyn,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het in 2012 vriende gemaak met twee seuns (in daardie stadium onderskeidelik 11 en 15 jaar oud) en hulle gereeld na sy blyplek by die Ou Skoolkoshuis in Vanwyksvlei genooi.”

Naidu sê al twee slagoffers was behoeftig en die beskuldigde het vir hulle kos en koeldrank aangebied wanneer hy hulle na sy huis toe gelok het.

“Met een van die geleenthede het die Woest en die slagoffers glo ʼn fliek gekyk en omdat dit so laat was, het hy aangebied dat hulle sommer moet oorslaap,” het sy bygevoeg. “Hy het toe die 11-jarige seun verkrag. Hy het geld vir die slagoffers aangebied in ruil vir hul stilte.”

Die opsigter by die koshuis het onraad vermoed en die twee slagoffers genader. Hulle het aan die opsigter vertel wat Woest doen, en die saak is by die polisie aangemeld.

Naidu sê Woest is daarna in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding. Hy het skuldig gepleit op een aanklag van verkragting, twee van seksuele aanranding (11-jarige), drie aanklagte dat hy ʼn kind gedwing het om ʼn seksuele oortreding te aanskou, een aanklag van seksuele aanranding van ʼn 17-jarige en twee aanklagte van die besit van kinderpornografie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

20 Jaar vir sy meer as walglike dade – my binnegoed ruk op.

"Huh!" ·

20 jaar! Dan gaan hy seker oor ‘n paar jaar uitkom vir goeie gedrag, en weer verkrag. Ons regsstelsel vrot!

Willemien Van Rooyen ·

Kan steeds nie verstaan hoekom die goed nie kastreer kan word en dan losgelaat word nie. Dan betaal ons nie om hulle te voer nie en hulle is ten minste in een opsig skadeloos gestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.