Vark val 67-jarige op kleinhoewe aan

Foto: Netcare 911.

Foto: Netcare 911.

ʼn 67-jarige man is Dinsdagoggend ernstig beseer toe ʼn varkbeer hom op ʼn kleinhoewe naby Magaliesburg, in die weste van Gauteng, aangeval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 08:30 op ʼn kleinhoewe naby die R24 gebeur.

“Die vark behoort na bewering aan die man, wat gebyt is, se buurman. Die vark het glo losgekom en die man is aangeval en erg gebyt toe hy probeer het om die vark terug in sy hok te kry,” het Mathe gesê.

Sy het gesê die man is verskeie kere regoor sy lyf gebyt.

Die man is op die toneel gestabiliseer en in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Krugersdorp geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Ja die goed is gevaarlik en glad nie troetel diere soos voorgestel word nie. My skoonpa nou die dag amper sy crown jewels verloor deur sy troetel potbellie. Laat die diere met rus. Jammer my Oom ek weet hoe gevaarlik daai goed is.

Huidiglikdisadvantaged ·

Ek sien die vark is swart….Is dit nie dalk ‘n rasse aanval nie?….lmga.
Meer ernstig, die goed kan vrek seer maak en enige dier is gevaarlik.

Tina du Toit ·

So `n gemene VARK.!!!!!! Wonder of hy aangeklae gaan word. LOL . Sorry my Oom, maar ek sal `n vark pot tussen die oë.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.