Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

Thandi Modise

Thandi Modise

Varke is glo besig om te verhonger en mekaar te vreet op ‘n plaas wat aan Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies behoort, berig die Sunday Independent.

Modise het ongeveer drie jaar gelede die multi-miljoenrandse plaas Modderfontein naby Potchefstroom gekoop.

Die polisie en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Saterdag die plaas besoek. Die oorblywende 85 varke op die plaas het 58 gevrekte varke begin vreet en het glo hul eie urine gedrink. Skape, ganse, bokke en eende het ook op die plaas gevrek.

Die diere is glo moontlik al langer as ‘n week sonder kos. Daar is geen plaasarbeiders of elektrisiteit op die plaas nie en die waterpompe is gebreek.

Modise het gesê sy het Saterdag van die verwaarlosing te hore gekom. “Ek is nie ‘n boer nie. Ek probeer nie boer nie,” het sy gesê. “Ek leer nog. Maar as jy ‘n vrou is en jy leer nog, dan mag jy nie foute maak nie.” Sy sê die plaasbestuurder het ‘n familienoodgeval gehad en sy vervanger het verdwyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Riette de Beer ·

enige iemand weet dat as jy diere het die goed moet eet, jy het nie n graad nodig vir dit te weet nie. Dis onmenslik om enige lewewende wese te laat vrek van die honger. Jy is die eienaar, jy is verantwoordelik.

Elize ·

Dis wat gebeur as hulle plase wil he! Hulle wil boer maar sal nie verantwoordelikheid vat vir hul onkundigheid nie!

Demokraat ·

Hulle kan so net so min ‘n plaas bestuur as ‘n land – oral sluip die onbekwaamheid in !!

madelaine ·

Ek weet van nog sulke varke naby Rocky Drift tussen Nelspruit en Witrivier waar hulle die nuwe skool bou agter die nuwe hospitaal. Kanne glo dat die mense dit net so los nie. Het nou die dag n bakkie vrag van my eie varke se kos daar gaan afgee. Hoop net die varke het dit gekry. MaR een dag se kos en water maak nie op vir die res van die dae nie, die eienaar van die varke het gesit en was besig om hom dik te eet toe ek daar opdaag maar die varke word gemartel sonder kos of water.

kitta herbst ·

Dis erg,ek kry altyd die onskuldige kindertjies so jammer,soveel mense in so n klein bakkie.

ekke ·

As die regering nie ingryp nie – gaan ons mekaar so op eet. !!

miltimiljoen se plaas nogal. As jy niks wil oor hê nie – gee vir die wat die land rule – na ‘n week is alles ten gronde. #Skande

petra van vuuren ·

vir wat gaan koop sy dan die plaas????????????????////// flippen hel!

Babs ·

Hoe het sy gekom waar sy is? As sy nie ‘n boer is nie, hoekom wil sy ‘n plaas hê. Hoop sy word vervolg.

ansie ·

En so kry iemand anders die skuld vir onbevoegdheid! Hoekom ‘n plaas koop, diere aan hou as jy niks weet nie. Dalk belasting ontduiding of geld verduistering.

Neeman! ·

Verbasend hoe sy onmiddelik ‘n antwoord het en vinger wys (na mense wat teen vroue diskrimineer). Dit het niks met vrou of man te doen nie, en ek is nogal verbaas sy’t nie ook nog die ras kaart gespeel nie. As jy ‘n plaas wil he, moet jy blitsig leer hoe om die diere wat daarop lewe te versorg, of hulle almal verkoop aan ander wat wel weet, en eerder maar mielies plant. Teminste, as die mielies opdroog, is dit nie dieremishandeling nie.

Robbie ·

Hoekom het die voormanne weg geloop seker nie betaal nie? Net soos die varke nie kos het nie.

Hester ·

Ek wonder hoe gaan dit by haar werk. Syt seker ander wat sy uit haar salaris betaal wat haar werk doen en dit wat oorbly is te min om die varke te versorg. Diere is soos jou kinders dit vat min breinselle om te besef hulle moet eet en water he. Lyk my nie daar skort iets met haar gesondheid uiterlik nie dus weet sy lewende wesens eet om te oorleef. Daar is geen verskoning om diere so te behandel nie. Sit haar in n hok sonder water en kos dat sy verstaan waaroor dit gaan dis dalk al hoe dit gaan insink.

monique ·

Verskonings….verskonings……verskonings!!!!! Gaan maak sy nie n draai op haaaaar plaaaaas nie!nee wat hier kom groot hongersnood in die land as die NUWE boere plase oorvat…

lorayne ·

ENIGE nugterdenkende mens is bewus daarvan dat ‘n dier water en kos nodig het . . . . Tot my kleinseuntjie van 4 weet sy hondjies moet eet en drink! Wat ‘n bullshaait verskoning!

Miskien moet ons hokke bou en diere mishandelaars daarin aanhou, sodat hulle die selfde behandeling kan kry as wat hulle uitdeel! Ek kan ook nie sê ek hoop sy word vervolg nie, want almal met ‘n “titel” is mos verhewe bo die wet . . .

Dienkie ·

En gaan die vrou aangekla word deur die NSPCA? Vra ek? Of ken ek die antwoord alreeds?

Natuurlik nie!!

Elizabeth ·

As die “plaasbestuurder” ‘n noodgeval gehad het hoekom het hy haar nie net laat weet nie of as hy wel het, hoekom het sy nie seker gemaak dinge loop reg nie? Gee net nie om nie dis wat! En sy “vervanger het verdwyn”??? Het seker OOK nie kos of geld gekry so waarom sou hy bly! Dis walglik en ek hoop Maroela hou ons op hoogte of die DBV iets hieraan gaan doen. Ek het hierdie op tv gesien gisteraand en gesien die mooi huis en alles – wens sommer die hele plek brand af sodat sy GROOT skade kan hê. Ugh ek is net naar…

Theresa ·

Ja nee – Hulle wil alles hê maar het nie die vaagse benul hoe om sulke dinge reg te bestuur nie. Voel ‘n veer vir die arme diere want sy vreet haar dik genoeg aan diè kant van die draad. Hierdie dieremishandeling sal ook seker onder die mat gevee word – soos soveel ander. Môre is maar net nog ‘n dag.

Marietjie ·

Noem mens dit n fout – ???????wonder waar kom die geld vandaan vir so n duur plaas?

Judy ·

Wel, al is jy nie ‘n boer nie moet jy weet dat enige iemand tog kos moet kry. Flippen simpel vroumens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.