Varkpes breek uit in Tuinroete

(Argieffoto: Laura Anderson/Unsplash)

ʼn Uitbreking van Afrika-varkpes is in die George-omgewing in die Wes-Kaap aangemeld, het die provinsiale departement van landbou Vrydag bevestig.

Volgens Daniel Johnson, woordvoerder van die minister vir landbou in die Wes-Kaap, is die eerste bevestigde varkpesgeval op 13 Januarie op ʼn varkplaas in KwaNonqaba naby Mosselbaai aangemeld. Die siekte het nou na Thembalethu in die George-omgewing versprei.

“Die Wes-Kaapse departement van landbou se staatsveeartsenydienste het ʼn kwarantynkennisgewing aan varkboere in die George-omgewing uitgereik,” sê Johnson.

Die kennisgewing doen ʼn beroep op gemeenskapslede en varkboere om geen varke of varkprodukte uit die gebied te verwyder nie om sodoende verdere verspreiding van die siekte te voorkom.

Ivan Meyer, provinsiale minister van landbou, en dr. Gininda Msiza, hoof van die departement se veeartsenykundige dienste, sê die enigste manier om varke teen die siekte te beskerm is om goeie biosekerheidsmaatreëls te handhaaf.

Meyer en Msiza stel voor boere moet goeie higiënebestuurspraktyke op hul plase toepas om die verspreiding van die siekte te bekamp. “Boere moet hul hande, skoene, klere en toerusting goed ontsmet voordat hulle in aanraking met die varke kom. Vleisprodukte moet ook deeglik gaargemaak word voordat dit vir varke gevoer word,” het Msiza gesê.

Msiza sê die karkasse van besmette varke moet ook so gou moontlik tot niet gemaak word.

Die departement gaan die situasie noukeurig monitor.

Die varkpes het in Februarie 2021 in die Wes-Kaap uitgebreek en die lewe van talle varke geëis. Die siekte het op twee kleinboere se plase in Mfuleni, noord van Khayelitsha, uitgebreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacobus ·

Die Wes Kaap se provinsiale regering moet daardie varkplaas by Kwanonqaba toemaak en verwyder, dit hou n groot gesondheids risiko nie net vir die varke nie maar vir almal in daai omgewing in. Dit is direk lans die N2 hoofweg en die stank is ondraaglik net om daar verby te ry.

My siening ·

Ek het hiervoor gewag want in mosselbaai is dit toegelaat dat swart plakkerskampe n gemeenskap diere hokke kan op sit en dit is pateties as jy op N2 daar verby ry, hokke van pallete en vuil en onhigiëniese toestande. Hoop die munisipaliteit word nou wakker want geen mens behoort varke skape en beeste in n dorpe gebied aan te hou nie!

Perdeby ·

Varkpes almal moet maar daar hulle maskers dra, en sorg dat hulle nie daardie pad te gebruik nie, of CR sit julle daar gedeelte weer in kwarentyn

Johanna ·

Feit is:
Daar is nie n varkplaas in
Kwanonquaba nie. Die gedeelte van Kwanonquaba waar varke rondloop is n informele woongebied. Varkhokke word met allerhande afval gebou, varke is verwaarloos en loop.tussen die “shacks” rond sonder behoorlike kos en water. Hoekom die munisipaliteit dit toelaat is onverstaanbaar.. mense kom plak in n munusipaliteit area en bring koeie varke honde en bokke saam. .
Hulle moet eerder teruggaan Transkei toe.

Johan D ·

Gaan kyk weer! Die varkhokke is net Suid vd N2 en vêr weg van enige huise, formeel of informeel! Daar mag miskien ʼn ou varkie of twee tussen die huise wees!
Indien jy nie kans sien om self te gaan kyk nie kan jy gerus gebruik maak van Google Maps!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.