Varsity-atletiekbyeenkoms ook uitgestel

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

Die Varsity-atletiekbyeenkoms wat Vrydag in Stellenbosch sou plaasvind, is uitgestel.

Die uitvoerende komitee van Varsity Sports het in ʼn verklaring gesê die byeenkoms wat Vrydag in die Coetzenburg-stadion sou plaasvind, is uitgestel “om universiteite die geleentheid te gee om die verskeie uitdagings op hul kampusse te hanteer”

“Die welstand en veiligheid van alle studente en diegene wat die byeenkoms bywoon en deelneem is ons grootste prioriteit. Ons sal die verwikkelinge monitor en ʼn ingeligte besluit neem oor of die tweede Varsity-atletiekbyeenkoms wat vir 18 Maart in Johannesburg geskeduleer is, moet voortgaan,” het Duitser Bosman, uitvoerende hoof van Varsity Sports, gesê.

Dit kom nadat die Varsitybeker-rugbyreeks weer uitgestel is. Daar is aanvanklik aangekondig dat slegs vandeesweek se wedstryde uitgestel sou word, maar volgende week se wedstryde is nou ook uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HEVW ·

Daar is seker begrip vir al hierdie uitstel van byeenkomste, maar dit dra n duidelike boodskap hoe suksesvol hierdie onrusstokery is en di t kan lei tot n kondisioneringsproses.

wynand ·

Dit is duidelik dat die universiteite nie beheer het nie want hulle gee alles prys. Wat n klomp lamsakke rugraatlose pione. Wat gaan hulle volgende prysgee? Skors die lot wat moeilikheid maak en kry klaar of mag net swart studente aan atletiek en ruby deelneem .Julle vou onder terrorisme. Kry n lewe asb en neem standpunt in .Wys wie is in beheer of is julle lankal nie meer in beheer nie?

Veritas ·

Met die dat toegegee word aan die eise van die moeilikheidmakers, word net verdere verwagtings by hulle aangewakker. ‘N kultuur van ‘hulle sal na ons pype dans as ons amok maak’ word deur die toegeeflike houding geskep. Dit los nie die probleem op nie dit vererger dit. Die eise gaan meer word en die intensiteit van protesaksies gaan feller word. Êrens moet ‘n streep getrek word. Ongewilde besluite sal geneem moet word of die stert gaan die hond net meer swaai en geen beskawing kan so voortbestaan nie. Hou in gedagte dat die jongklomp geen lewenservaring het nie en dus nie die resultate van hul aksies kan voorsien nie. Die oplossing lê nie in ‘eis’ en ‘toegee’ nie maar in ware sterk en ferm leierskap aan die kant van. universiteitsbesture.

saarkie ·

Amokmakers beheer Universiteite. Dit word stilswyend toegelaat. Hulle word met busse aangery en driekwart is nie een studente nie!!
Hoekom het kampusse enigsins hekke en studentekaarte?
Hierdie “verdraagsaamheid” gaan universiteite se ondergang beteken. Daar sit ander magte agter alles en nou moet ons boonop ons Varsity rugby en atletiek opoffer!!
Ag nee, kampusowerhede en slaprug Rektore. Die vis word van kop af onder toe vrot. Niemand het vir jul respek nie – nie ek nie nog minder die Eff, en radikale studentegroepe.
Die chaos sal nie stop nie net omdat julle so slapgat is!!

david ras ·

Ek dink ons stuur af op ‘n massiewe konfrontasie. Eintlik is hierdie niks meer as boelie taktiek nie. Mense word net solank gedreig, en niks langer nie.

Ons gaan ‘n punt bereik waar die vreedsames se lus vir vrede net gaan opraak.
Dan, gaan die vonke spat.
Die owerhede–nie die universiteits owerhede maar die Staat—gaan moet ingryp en normale vreedsame aktiwiteite verseker.

Die alternatief is geweldadige weerstand deur diegene wat wettig hulle aktiwiteite geniet,
En dan duik die RAND weer verder…….!

wynand ·

Reg so Saarkie!!! Ek hoop nou net die klomp”geleerdes” lees hierdie skrywes. Dit is asof hulle oogklappe aanhet en nie wil sien wat om hulle aangaan nie. Vandat ene Wim by Stellenbosch begin het, het die probleme begin. Hy kom van UCT af en het sy slapgatgeid van daar af oorgebring na US toe. Ek wonder hoe voel sy mede- kollegas – ek kan nie dink dat hulle respek vir hom moet he nie. Hy is so vol waan dit is ongelooflik. Nie eers die eff soos jy se het respek vir hom nie want hulle maak wat hulle wil en hy ja en amen net die heeltyd. Wat ‘n rugraatlose vent.

anna ·

Ek stel voor die ouers gaan kyk na die atletiek byeenkoms. Sodat die ouers beheer daar kan neem, want die Univesiteite kan nie.
Die ouers sal vir hulle wys hoe beheer mens iemand wat homself nie kan gedra nie.

anna ·

jy is reg jennifer maar party studente het sport beurse ontvang. sport word ook daar ontgin.

m ·

Maroela is weer hiper sensitief vir die waarheid. Word die sport nou ook beheer deur sekere groepe?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.