Varsitybeker-wedstryde afgestel ná dreigemente

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Alle Varsitybeker-rugbywedstryde vir die volgende week is afgestel nadat studente-betogingsgroepe gedreig het om die wedstryde te ontwrig.

Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem dat alle Varsitybeker-, Varsity Shield- en Varsity Young Guns-wedstryde tot 4 Maart afgestel is.

Dit volg nadat betogers Maandag op die veld by Shimla-park op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gehardloop het en die wedstryd tussen die Shimlas en Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) ontwrig het. ʼn Geveg het uitgebreek en talle omstanders het ook op die veld gehardloop en na bewering aan die geveg deelgeneem.

ReformPUK het Dinsdag op sy Facebook-blad gewaarsku indien die wedstryd wat vir komende Maandag tussen die UV en die Noordwes-Universiteit (NWU) op die Puk-kampus beplan is, voortgaan, sal hulle in ʼn reusegroep opdaag om die wedstryd te ontwrig.

“Staak die wedstryd of ons sal in massagroepe opdaag om dit te ontwrig,” het hulle geskryf. “Die gemak van wittes sal nie toegelaat word om voort te bestaan terwyl die behoeftes van swart studente en werkers opsy geskuif word nie. ReformPUK eis dat lede van die kampusbestuur hulle distansieer van die [Varsitybeker]-reeks en die wedstryd teen die UV kanselleer – dus, dieselfde span wat Maandag onbeskaamd voortgegaan het met hul wedstryd ná die aanval [teen die betogers].”

Die groep het ook gesê hulle het al verskeie kere hul gewilligheid uitgespreek om oor die kwessies te debatteer, maar dit is nie moontlik wanneer daar “ʼn algemene tekort aan kennis oor die ware stand van sake in Suid-Afrika is nie”.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het vroeër Donderdagoggend aan Maroela Media gesê hulle is bewus van ReformPUK se dreigemente en dit word in ʼn baie ernstige lig beskou. Ten spyte van verskeie pogings kon Maroela Media nie ʼn woordvoerder van Varsitybeker onmiddellik in die hande kry vir kommentaar nie.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het intussen bevestig dat hy ’n ondersoek begin het na die voorval by Shimla-park.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

tamboti ·

Dis reg gee boedel oor net soos Frikkie DK, gee, gaan le, hardloop gou gou weg.

jan ·

Wat ons nou nodig het is openbare politieke debatte op TV, waar almal, die massa oningeligtes, ook die waarheid kan hoor vir hulleself, met ingeligte vraestellers soos Ruda Landman en Freek Robinson vroeer jare op TV gehad het. Tot ET het deelgeneem daai tyd, maw almal het vryheid van spraak gehad, en die publiek kon self hul afleidings daaruit maak. Ons kan nie verder toelaat dat radikale elemente of politieke bewegings geweld gebruik om hul stempel af te druk nie, nog minder kan ons lamsakkige leiers bekostig wat te bang is om teen hierdie rampokkers op te staan en ‘n stelsel in plek te hou. Handel met hierdie rampokkery onder die onluste wette, soos dit hoort, nie in eensydige gesprekke waar hulle eenvoudig al die vrae en antwoorde gee nie. Politiekery hoort nie in skole, universiteite of op sport byeenkomste nie.

ANDRE KOTZE ·

Ok maar goed ons het n sterk span bymekaar gemaak om rugby te gaan “KYK”

maritz ·

So sal hulle als tot n stilstand bring en nienand lig n vinger om hulle te keer of op hul plek te sit . Hierdie kom van die ANC hulle werk deur die EFF . Hoekom doen hulle niks ?ons moet ons oe oopmaak .

Christo ·

Ek stem heelhartig saam met jou,die EFF is die ANC se handewerk wat hulle vuil werk moet doen aangesien hulle dit nie kan doen want die buiteland sal aanstoot neem.Dis n ou politieke storie wat almal dwars oor die wereld gebruik.As jy begin sleg lyk kry iemand wat baie slegter dinge doen dan lyk jy nie meer so sleg nie.

Charlize ·

100% wat jy se is waar.
Die ANC staar hulle “blind” aan die betogings…….
Die EFF is ‘n swak instansie wat deur die ANC gestig is om soos Christo se hulle vuil werk te doen.
Die ANC is die mees korrupte regering in die wereld, en weet net hoe om alles te sugarcoat.
Gebruik “Afrikaans must fall” as ‘n verkoning om aanvalle op onskuldige mense te maak.

maritz ·

So sal hulle als tot n stilstand bring en nienand lig n vinger om hulle te keer of op hul plek te sit . Hierdie kom van die ANC hulle werk deur die EFF . Hoekom doen hulle niks ?ons moet ons oe oopmaak .

Carel ·

WAT is volgende ? Ons kan nie met hul “onderhandel,in gesprek tree of in dialoog tree nie” want “hulle” verstaan net een ding – BREEK AF – BRAND en neuk alles op !!!!!WAT studeer die sg “studente” ?

chrisp ·

Politieke”wetenskap” by Piet Croucamp. Die grootdte teenstrydigheid in een woord verseker,want sien nou maak dit vir Piet en sy studente almal”wetenskaplikes”. He he he.

Meisie ·

Regtig , n massagroep het jul in opgedaag en raai wat het gebeur , hase kind….
Gemak van wittes!!!!Mnr jy het geen idee nie, boere wit boere leef in vrees, gemak het ons nie meer nie dis mos van ons weg gevat al ’95…agter tralies na sonsondergang leef ons ons kan nie een meer soos ouds buite braai nie nee jou moet omheining he honde he wagte en elektriese drade as jy skiet op die bobejaan wat dit in JOU HUIS WAAG word jy veroordeel hoe kon jy dit doen die man is honger!!!!of hy het ook n famielie,…..jy wys net watter tipe kwalifikasie jy het , en dat jou ouers hulle geld gemors het tot dusver…jy het keuse as mens om of te aanvaar en die beste te maak van al die slegte en te wys wat in jou steek in jou ,maar brand asb als af dis jou toekoms ons sal wel n plan maak wat gaan jy doen???..Mag jy jou vasloop in wit gemak of eerder n wit boer!

Moedeloos ·

“Staak die wedstryd OF…..” En so kry hulle alweer wat hulle eis…..

Bruno Stef ·

Dit is uitlokking in die ergste graad met die verwagting dat die toeskouers en studente uit frustrasie sal optree waarna die betogende gepeupel dan as die martelaars voorgehou sal word.Diegene wat verantwoordelik is vir die onluste moet onthou dat hulle bloed aan hulle hande gaan he van opgestookte mense wat as kanonvoer deur hulle gebruik word. Die uiteindelike uitbarsting kan onder omstandighede nie meer ver wees nie.

HEVW ·

Met hierdie stert tussen die bene kruipery van die sg. hededaagse Afrikaner (groot% ) is ons gedoem tot ondergang.n Maklike oplossing vir die konfliksituasie. Sommer so oornag geneem. sies!!!!!!

anna ·

Hoe pateties is die regering nie?
Hoop die wereld en veral Amerika sien dit!!
Ek stuur dit aan na die buitewereld toe!

Frederik ·

Dis darem nou slapgat verby van PUK om die wedstryd af te stel. Ons kon mos net op facebook ‘n paar toeskouers genooi het om die wedtryd gratis te kom kyk. ‘n Paar jong toeskouers wat WIL bolle gooi.
Onthou Julius en sy trawante is eintlik ‘n klomp banggatte. Hul maak staat op hul getalle, maar as die eerste paar val, hol die res. Die geveg by Kovsies was vir hulle ‘n groot verleentheid.

F ·

Sien julle daar. Ek sal vrou en kinders by huis los sodat hulle my nie kan keer nie. Ek het nou genoeg gehad.

hans ·

Om die wedstryde tydelik op te skort gaan niks help. Wanneer die wedstryd gespeel word sal die sogenaamde betogers wel opdaag. Die wedstryd moet voortgaan onder sterk polisie teenwoordigheid om die betogers uit die stadion te hou.

david ras ·

Stop die wedstryd of……! Herinner sterk aan Peter Hain se streke destyds met die
’69 betoger toer.
Enigste verskil is dat dit destyds net betogers was, nou is dit blatante terrorisme.

Ek wed, dat die Super 15 reeks in SA ook onder sulke deigemente gaan deurloop.
En dan vrinne, baklei die Boertjies hulle arms af om net die wedstryde te sien, terwyl hulle eintlik dieselfde taktiek moes gevolg het oor die kwota stelsel.
Hain se oorlogskreet was destyds–“don’t play with Apartheid” want al die plekke in die span was “bespreek” vir wit spelers
Nou word ‘n aantal plekke vir swart spelers “bespreek” —-swart Apartheid ?
En ons sprak geen sprook nie……
Gn wonder dat hulle binne in die ANC se–gee ‘n boer genoeg rugby en jy kan enigiets met hom doen…
Peter Hain kom help !

anna ·

Totale terrorisme – wie gaan dit keer want die regering kan nie – hulle is deel van dit lyk dit vir my – anders sou hulle dit gestop het.

Winston ·

As hulle nie deel daarvan was nie, was daar reeds talle arrestasies uitgevoer en vervolgings teen hulle ingestel. Hulle sal nie. Hoe kan jy iemand aanhits om te steel en dan arresteer jy hom vir diestal? Daai kite sal nie vlieg nie.

DPJ ·

Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.

Bach ·

Moet asb nie die wedstryde aflas nie. As jy nou toegee, sal hulle met meer eise kom en naderhand oor jou loop.
Jy buig nie voor terroriste se eise nie Nav wat in Bftn gebeur het, sal hulle 2 keer dink voor hulle op die veld kom. Ons durf nie ons lewenswyse verander omdat ‘n klomp uitvaagsels dit verlang nie.

Andre ·

Dis net die begin. Plase is volgende.
Jammer om te se, ons mense gaan nie veel meer doen as om hande te vat en kumbaya te sing nie.

Veritas ·

Nou verstaan ek hoekom ons in die semi-finaal van die Wêreldbeker uitgeval het nadat ons die wedstryd in die sakkie gehad het. Ons groot, fris rugbyspelers en -administrateurs is ‘n klomp slapjanne wat hulle laat intimideer deur die All Blacks en ‘n bende Local Blacks. Swak manne!

senet ·

En waar is die sogenaamde DA’s?? Seker nogsteeds in die ANC se sakke!!!!!!

PJ ·

Is daar nie n gesegde wat sè slaap rustig dapper helde ?Ek dink de klerk en kie pas dit nou toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.