Vas sonder rybewys? Dis onwettig, sê DA

Argieffoto

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het gesê dit is onwettig vir polisiebeamptes om motoriste in hegtenis te neem vir oortredings soos byvoorbeeld om sonder ʼn rybewys te ry of om nie ʼn veiligheidsgordel te dra nie.

Manny de Freitas, DA-LP en skaduminister van vervoer, het gesê die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het motoriste en padgebruikers met inhegtenisnemings gedreig vir oortredings waar die wet dit nie toelaat nie.

Hy het gesê hierdie tipe optrede is “boelietaktiek” om te versteek dat daar nie behoorlike beplanning gedoen is om padsterftes hierdie feesseisoen te verhoed nie.

“Verkeersbeamptes wat oor baie beperkte inhegtenisnemingsmagte beskik, en nie iemand sonder ʼn lasbrief in hegtenis mag neem nie, skep ʼn nuwe stel probleme waar siviele eise moontlik teen die owerhede ingestel kan word vir ongemagtigde inhegtenisnemings,” het De Freitas gesê.

Hy het gesê in plaas daarvan dat die RTMC ʼn behoorlike padveiligheidsveldtog gekoördineer het, word die publiek met inhegtenisneming gedreig.

Die DA gaan glo enige ongemagtigde en onwettige inhegtenisnemings identifiseer en sal vervoerminister Dipuo Peters in die parlement aanspreeklik hou vir stappe wat tydens die feesgety buite die wet gedoen is.

Meer as 700 mense is reeds sedert die begin van Desember op die land se paaie dood.

Die DA het aangedui dat slegs sekere oortredings volgens AARTO-regulasies as kriminele aktiwiteit beskou kan word en gevolglik tot inhegtenisneming kan lei. Dit sluit die volgende in:

– Om ʼn voertuig te bestuur onder die invloed van alkohol of dwelmmiddel wat ʼn narkotiese invloed het
– Om in die bestuursitplek van ʼn motor te sit terwyl die enjin luier en onder die invloed van alkohol of dwelmmiddel te wees wat ʼn narkotiese effek het
– Om ʼn voertuig roekeloos te bestuur
– Om vinniger as 100 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 60 km/h is (stedelike pad)
– Om vinniger as 160 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 120 km/h is (snelweg)
– Om vinniger as 140 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 100 km/h is (landelike pad)
– Om vinniger as 140 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 100 km/h is soos aangedui op die voorgestelde manier op ʼn padverkeersteken
– Om vinniger as 160 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 120 km/h is soos aangedui op die voorgestelde manier op ʼn padverkeersteken
– Om vinniger as 80 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 40 km/h is soos aangedui op die voorgestelde manier op ʼn padverkeersteken
– Om vinniger as 100 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 60 km/h is soos aangedui op die voorgestelde manier op ʼn padverkeersteken
– Om vinniger as 120 km/h te ry in ʼn gebied waar die algemene spoedbeperking 80 km/h is soos aangedui op die voorgestelde manier op ʼn padverkeersteken

“Enige ander oortreding waarvoor ʼn motoris in hegtenis geneem word onder die RTMC kan beskou word as buite die beperkings van die wet en is ʼn bekentenis van versuim deur die RTMC,” het De Freitas bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Robert Brand ·

Ek wonder oor die DA se motiewe. Hulle moedig wetteloosheid aan. Pleks vir strenger toepassing bevraagteken hulle die wetstoepassers se stappe.

Dirk ·

Rêrig Robert was jy al geteiken gewees vir onregmatige arrestasie omdat jy nie ‘n fooitjie wil betaal nie? Bogenoemde artikel verwys na oortredings waar arrestasie wettig is as jy gearresteer word omdat jy nie jou rybewys by jou het nie maak die wet nie daarvoor voorsiening nie punt.

JAN ·

In ieder geval bestuur mense sonder n lisensie veiliger as die met lisensies……………… oor dat hul weet wat kan gebeur as hul droog maak…………….

Pieter ·

Robert : So wat jy sê is dat om onwettige gedrag uit te wys onwettige gedrag aanmoedig. Nie baie logies nie, is dit?

Johan Brits ·

Wetstoepassers moet binne die beperkings wat wetgewing neerlê optree.

Wikus ·

Weet julle ek lees Maroela elkw dag al wat jy lees is noord roof en verkragting. Wat se land leef ons in. Geen wonder my kinders het almal die pad gevat nie. Our beloverd country.

Griki ·

Indien iemand nie kan bewys dat hy sy nie oor ‘n geldige bestuurslisensie beskik nie, moet daardie persoon van die pad gehaal word totdat hy/sy dit wel kan bewys. Volgens wet is ons verplig om ons lisensies by ons te hê wanneer ons bestuur. Wat betref veiligheidsgordels, moet die wet gewysig word om voorsiening te maak daarvoor. Mense wat nie veiligheidsgordels dra nie stel andere ook in gevaar omdat hulle beheer kan verloor oor ‘n motor wat in ‘n ongeluk betrokke is. En sterftes wat voorkom kan word deur veiligheidsgordels kos die belastingbetaler jaarliks derduisende rande. Hoe moeilik is dit nou om ‘n veiligheidsgordel te dra. Ek kan nie verstaan waarom mense hardnekkig weier om dit te doen nie. Ek noem dit domastrant.

Outoppie ·

Ons weet mos al baie lank dat ons ons bestuurderslisensie in ons besit moet he as ons bestuur. Ek is ‘n groot voorstaander van padblokkades waar daar nie net die bestuurslisensies nagegaan word nie maar ook die voertuiglisensies. Ek sien daagliks hoe mense in die oggend voor nege by die drankwinkel langs my besigheid die dag begin met ‘n “quart” bier. Ek is daagliks op die snelwee en kan verstaan waarom daar so baie ongelukke op ons paaie is. Ongelukkig is die skuldiges nie altyd direk betrokke nie maar veroorsaak hulle besopenheid en onkunde die ongelukke. Dit is vir my duidelik as ‘n persoon teen 60km in die vinnige baan ry is hulle nie eers bewus is van die padreels is nie en moontlik hulle lisensies gekoop het. Ek sien dat daar reeds 160 mense betrap is met vervalsde lisensies. Hulle is die mense wat gearresteer moet word. Ondertussen moet ons maar seker maak dat ons lisensies by ons is dit word tog oral in die wereld van alle bestuurders verwag.

Dee ·

Ek wonder oor Robert Brand se motiewe. Hoe op aarde kan ‘n bestuurder in hegtenis geneem word wanneer daar nie ‘n veiligheidsgordel gedra word nie? Dit is wel dom om sonder ‘n veiligheidsgordel te ry maar dit verander nie die feit dat so ‘n bestuurder slegs sy eie lewe in gevaar stel en sy liggaam behoort nie aan die staat nie. Dit behoort dus in werklikheid nie eens beboetbaar te wees nie. Die enigste skade wat daar vir die staat kan wees is toekomstige belastings wat so een dalk nie meer sal kan betaal nie. Dit is absoluut kommunisties van aard.

Johann Marx ·

Dee, jy is reg. Verkeers “wetstoepassing” het NIKS te doen met veiliger paaie of bestuurder-opleiding nie………dis net ‘n geldmaak-spul om die vet katte se opgeblaasde salarisse te betaal. Ek bly in ‘n woonbuurt wat grens aan ‘n “groot straat” (dubbel bane met middelman). Ek het die volgende eksperimente gedoen. Ek het ‘n “dummy” kamera gebou (uit karton en besemstokke) en dit agter ‘n boom op ‘n sypaadjie gaan sit…..NIEMAND het stadiger gery nie, want niemand het die “kamera” eers gesien nie. Daarna het ek dit gaan uithaal, en verskuif sodat dit openlik op die sypaadjie staan…..en skielik het 90% van die oplettende bestuurders binne die spoedgrens gehou. As jy verkeersveiligheid wil bevorder, wees sigbaar. As jy wil geld maak, kruip agter ‘n bos weg met ‘n kamera…..

Jan ·

Hoe domastrand moet Jy wees as Jy dink Om sitplek gordel Te dra Kos die belasting betaler niks, Ek dink julle moet biekie eers al die feite gaan ondersoek voor julle klippe uit julle glas huise gooi

Dee ·

Ek hou van jou uitleg Johann, oor die verskil tussen geld maak en bevordering van verkeersveiligheid.

Daan van den Heever ·

Ek weier om ‘n veiligheids gordel te dra aangesien dit my mense regte is om te besluit oor my eie lewe. Dra ek dit nie, stel ek niemand anders se lewe in gevaar nie. Ek besluit dus oor my eie lewe en het al gesien hoe iemand dood brand in ‘n motor omdat hulle nie die gordel kon loskry nie. Hierdie wet dring in op my mensregte

WK ·

Dit is goed dat die publiek teen moontlike magsmisbruik vanaf die kant van die gereg beskerm word. Gesonde verstand en wedersydse respek is altyd ‘n goeie ding.

Johan ·

Agenee DA waar was julle toe hierdie wette goed gekeur was, seker met vakansie, waarom toe nie tekere gegaan het nie? Luister mense of ek nou steel of moter bestuur sonder n geldige ry bewys, ek maak my steeds skuldig aan n misdryf

JC ·

Ek sal graag wil weet wat Robert Brand se motiewe is: ANC-verheerliking?
Interessant dat daar slegs 2 redes (uitgesluit bestaande lasbrief) is waarom mense in arres geplaas mag word:
1. drank/dwelms en
2. spoed.
Is dit korrek?

Griki ·

JAN, dit was my werk om hierdie feite te ken. Is jy ook een van die wat weier om ‘n veiligheidsgordel te dra? Miskien moet jy eers jou huiswerk doen voordat jy my kommentaar bevraagteken, want jy weet duidelik nie waarna ek verwys nie. Wat die persoon wat al 30 jaar sonder lisensie betref – een swaeltjie maak nie ‘n somer nie. En jy’s reg wat betref roekelose, nalatige, dronk, bestuurders wat nie die wet nakom nie, maar ek gaan my nie daarop beroep nadat hulle in my vasgery het nie. Ek dra ‘n veiligheidsgordel om myself en wie ook al met my saamry te beskerm. In ‘n relatief ligte ongeluk kan jy jou kop stamp en jou bewussyn verloor en dus beheer oor die motor verloor. ‘n Veiligheidsgordel help om dit te voorkom. Maar niks is perfek nie.

Jan ·

Wat Kos dit die belasting betaler as iemand versuim Om Sy sitplek gordel Te dra lees die volgende en most nie huil oor die hoë lesensie en versekering kostes as Jy self skuldig is nie die volgende geld vir enige land die is n voorbeeld van America . Happily, the number of fatalities per mile driven in this country continues to drop, but we must still deal with as many as 43,000 deaths and 2.1 million injuries per year. That’s counting passenger vehicles, light trucks, bicyclists, and motorcyclists.

In the year 2000, NHTSA calculated the cost to the public of those traffic deaths and injuries that were unnecessary, and the combined cost to the public and private sectors was $26 billion. It pegged the total cost of the 9,200 fatalities at $977,000 each, or about $9 billion in total. There were 143,000 preventable injuries, meaning that injuries cost us $17 billion.

The 2000 NHTSA study also arrived at a total cost of all traffic deaths and injuries: $230.6 billion. If inflation and other factors arrived at a 2008 figure of only $275 billion, that remains a hulking lot of money. The figure, incidentally, includes loss of productivity, medical expense, property damage, and other economic costs.

Now here’s the reason, other than having overdosed on the milk of human kindness, why you should care about people too stupid to use seat belts: Your tax dollars paid for about 9 percent of the total costs, or somewhere just south of $2.5 billion. I know that’s not much in these days of government bailouts, but read on.

Let’s say that Mississippi’s 432 unnecessary deaths, plus unnecessary injuries, represent about one percent of all the deaths and injuries on the nation’s highways and byways — and that’s pretty close. One percent of the $2.5 billion we arrived at in the preceding paragraph would be $250 million.

How important is $250 million? Well, Mississippi’s total budget for the upcoming year is $5.5 billion, and our deficit for 2010 is predicted to be $480 million. Even to big-spending politicians, a $230 billion deficit looks better than one of $480. A whale of a lot better.

If you do the same arithmetic for Michigan, the picture isn’t quite so bleak because Michigan had about half the preventable deaths and injuries attributed to Mississippi. Not that Michigan’s budget deficit couldn’t use every penny it can find.

But you can see why all of us down in the Magnolia State need to get a grip on our belt buckles. We’re effectively wasting enough money to provide every man, woman, and child with all the catfish they can eat.

Boats ·

N veilige gordel dra by tot meer beserings as Om wonder een Te bestuur. Dis bewys in nadoodse ondersoeke. Persone wat nie veiligheids gordel dra het minder kans Om nek beserings op Te doen as die wat wel een dra. Jy word voorentoe geruk gedurende n botsing en Dan teen n spoed terug geruk. Elkeen het Sy opinie, so myne is EK dra nie een nie. Dis die oorversigtige tannietjies wat n bedryging is op die paaie. Hul kan nie vinnig genoeg reageer nie.

Griki ·

Boats, as die slag so hard was dat die sitplekgordel jou beseer, dink net hoe sou jy gelyk het as jy teen daardie spoed deur die voorruit getrek het. Of as die motor rol, jy val uit en die motor rol oor jou. Of die krag van die ongeluk ruk die deur oop en jy word uitgeslinger. Natuurlik kan ‘n veiligheidsgordel jou beseer, maar jou beserings sal veel erger wees daarsonder. In ‘n perfekte wêreld kan selfs die “tannietjies” vinnig genoeg reageer om ‘n ongeluk te vermy. Ons lewe ongelukkig nie in ‘n perfekte wêreld nie en ongelukke gebeur vinniger as wat jy dink. Moenie jouself flous met lawwe verskonings nie. Al is jy die beste bestuurder in die hele wêreld en ry die veiligste motor, het jy nie beheer oor wat om jou aangaan nie. As jy weier om verantwoordelikheid vir jou eie veiligheid te neem, dan moet jy gelukkig net self daarmee saamleef.

Dee ·

Dìt ‘tannie’ Griki, verander geensins aan die stelling in my heel oorspronklike kommentaar. Alles wat jy hier ophaal verwys na die veiligheid van die bestuurder wat bôggerol net die regering uit te waai het. Die ‘gordellose bestuurder’ het geensins sy passasiers van ‘n gordel ontneem nie maar slegs sy eie gordel nie gebruik nie.

TM ·

Hierdie punte wat genoem word wat wel wettig is om iemand te arresteer is nou alles goed en wel, maar dit keer nog steeds geen wetstoepasser om jou onregmatig te arresteer nie. As hulle iets teen jou het sal niks hulle keer nie. Ek dink dit gaan oor wedersydse respek. Ons moet hulle respekteer en hulle moet ons respekteer maar ongelukkig is dit nog ‘n lang pad voor dit sal gebeur.

marieta ·

Hoe de hel kan die DA so iets kwytraak….. so niemand hoef meer ‘n lisensie te he nie…. net wat die land se ‘wettelose inwoners’ nodig het….al klaar word EC lisensies uitgereik sonder ‘n PDP wat daai lisensie onwettig maak want wie gaan groot voertuie ry sonder om goed te vervoer???… vir my as instrukteur wat nie korrup is nie maak dit nie sin nie….en ek is baie jammer maar gaan nie weer vir die DA stem as hulle wetteloosheid goedkeur nie…. ek is baie teleur gestel en sal dit oorweeg om ‘n party te ondersteun wat die DA en ANC kan kelder…. opposisie partye werk saam en verswak hulle stem ondersteuning….

Marius Crous ·

De Freitas het geen benul waarvan hy praat nie. Waar kry hy die algemene spoedbeperking van 40 en 80km/h. Kry eerder die kriminele/moordenaars van ons paaie af deur te baklei vir strengers padverkeers regulasies en raak ontslae van korrupte wetstoepassers. Kry vir hul beter toerusting, voertuie en gebruik beter tegnologie. En aan almal wat die wet oortree, of jy weier om sitplekgordel te dra, jou selfoon vashou terwyl jy bestuur, onge-ag hoe gering die oortreding, jul bly kriminele. En jul is seker die wat die hardste kla as ander oortree……..m

Mike ·

Ek weet nie wie se kommentaar meer lagwekkend is nie?…Robert of Griki??….Robert die DA se idee is nie om wetteloosheid te bevorder nie , maar wel jou en my raad te gee of ons wel ge-arresteer kan word vir enige oortreding as ‘n verkeersbeampte op power trip net wil bewys dat hy of sy die mag besit om wel dit te doen…..en Griki skrik wakker sitplek gordels is soos lugsakke(airbags) ontwerp om lewens te red maar in sekere gevalle is dit lewens gevaarlik en stel dit jou in groter gevaar…meeste mense word uit geslinger op hoe spoed en dan stem ek saam dat veiligheisgordel sou help , maar hoeveel beserings en selfs dood net deur airbags wat ontplooi….en airbags werk slegs as jy jou gordel dra…so nou vra ek dra jy gordel of nie….elke ongeluk is verskillend en faktore verskil , so gordel is definitief nie altyd antwoord nie

Griki ·

Mike, ek het nooit gesê dat ‘n veiligheidsgordel ALTYD die antwoord is nie. Dit sal ‘n belaglike uitlating wees. Maar dit is veiliger om een te dra as om daarsonder te ry. En veiliger is beter as heeltemal onveilig, nie waar nie?

danie ·

Dis mos nou eenvoudig, volg die pad reels en wette , en wees verdraagsaam teenoor ander, hoe moeilik kan dit wees,

Dee ·

Behoort ook nie moeilik te wees om ‘n marionet te wees – maar bloot willoos.

Ploumie ·

DA nou net só belaglik soos ANC moet alle oortreders nou gelos word om verder te bestuur. Ek wil hulle bekke hoor as so ‘n losgelate krimineel een van hulle familielede doodry. Lekker om op ‘n oorbetaalde agterent te sit en te kritiseer

albert ·

Ek het n brief dat ek nie hoef n veiligheids gordel te dra nie sien net jou dokter natuurlik moet jy n geldige rede he

Dee ·

En as jy later wakker word in die hospitaal oorlat jou kop die pilaar by die venster getref het, sien jy ook jou dokter. My wakker word was 3 weke later. Sederdien dra ek ‘n veiligheidsgordel (al veg ek hier teen die afdwinging daarvan. Ek dra dit uit eie keuse).

James McCarthy ·

Wets toepassers moet self die wette na kom .Hulle ry oor stop tekens.Praat op hul selfone en Parkeer net waar hulle lus het . Die OU TPA het die probleem kinders vas gevat . Respek vir almal wat trots is op hulle unifom . Dra asseblief julle gordels

Chris ·

Arrestasie is daar om te verseker dat die persoon wie gearresteer word wel in die hof verskyn. Verkeersbeamptes het net soveel arrestasie magte as wat die SAP het. Dus, iemand sonder ‘n bestuurderlisensie wat ‘n twyfelagtige adres het of nie ‘n vaste adres kan verskaf nie kan wel deur die Verkeersbeamptes ge-arresteer word . Waar die DA nou skielik aan die snert kom weet nugter. Dalk moet hulle eerder op politiek konsentreer en Wetstoepassing los vir mense wat wel kennis daarvan het.

Dee ·

Wiè besluit of die adres twyfelagtig is en met watter gronde?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.