Vasgebinde vrou na twee dae in huis gevind

Die bejaarde vrou het beserings aan haar arms opgedoen. Foto: Valeska Abreu/EWN

Die bejaarde vrou het beserings aan haar arms opgedoen. Foto: Valeska Abreu/EWN

‘n Tuinier het Vrydagoggend op sy bejaarde werkgewer afgekom waar sy in haar huis in Morningside, Johannesburg vasgebind was.

Ao. Moses Maphakela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die tuinier het omstreeks 7:00 Vrydagoggend by sy werkgewer se huis in Morningside vir diens aangemeld.

Maphakela sê die tuinier het op die 73-jarige vrou afgekom waar sy in die huis met sykouse vasgebind was. Hy sê die tuinier het die polisie ontbied. Die vrou was op haar bed en met ‘n kombers toegegooi.

Die vrou het aan die polisie gesê dat sy omstreeks 14:00 Woensdagmiddag deur twee mans oorval is en vasgebind is. Die vrou woon alleen.

“Sy het in haar studeerkamer gelees toe die mans ingebreek het, haar vasgemaak, en van haar besittings gesteel het.”

Die vrou is erg getraumatiseerd en kan nie onthou wat die mans als gesteel het, behalwe vir haar selfoon nie.

Maphakela sê die vrou het geen fisiese beserings opgedoen nie. Volgens paramedici was die vrou erg ontwater. Die foto van die vrou se arms wys dat sy wel beserings opgedoen het.

Maphakela sê die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Ek vra weer, hoekom kan ons nie almal wat slagoffers van misdaad is, van die regering ons skade en mediese onkoste na aanvalle eis nie. Sars maak geld met misdaad. Is bly die tannie lewe na haar swaer kry.

Johann Roux ·

‘n Bejaarde kan mos nie herstel na so ‘n sadistiese aanval nie. Dankie tog sy is gekry en nou kan die behandeling begin.

Ek bly hoop en bid vir algehele herstel, sielkundig sowel as liggaamlik.

Vader, dankie vir U helende teenwoordigheid.
Sy is stukkend. Genees asseblief.

Ons bid vir haar.

Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.