Vasgekeerde stappers uit berge gered

‘n Helikopter het die agt stappers na veiligheid geneem. (Foto: Brinley Simons)

Agt stappers wat in die Limietberg-natuurreservaat in die Dutoitskloofberge naby Wellington weens ʼn oorvol Witterivier vasgekeer was, is die afgelope naweek met ʼn lugmaghelikopter na veiligheid gevlieg.

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) sê reddingswerkers is ontbied nadat die groep stappers nie na hul basiskamp in die Bainskloofpas kon terugkeer nie. Dit was bitter koud en wolke en reën het verdere gevaar ingehou.

Volgens WSAR is ʼn helikopter van 22 Eskader by die Ysterplaat-basis Sondagmiddag op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas om die reddingspan in die berge te gaan aflaai. ʼn Ander span het intussen voorberei om grondlangs ʼn redding te doen, sou die helikopter dit nie onder die omstandighede kon doen nie. Hulle is met spesialistoerusting na die gebied ontplooi.

“Die stapgeselskap is deurlopend ingelig gehou en gerusgestel terwyl hulle na ʼn hoër gebied bo die vinnig vloeiende rivier geneem is,” het WRAS gesê.

ʼn Lugmag-Oryx het kort na 17:00 opgestyg en ʼn reddingsparamedikus en reddingsklimmer afgelaai, waarna die helikopter in die gebied bly sirkel het terwyl die soekgeselskap vir die redding voorberei is.

Die helikopter het al agt stappers opgepik en hulle by ʼn landingsone afgelaai waar mediese werkers op hulle gewag het.

“Hulle het geen verdere hulp benodig nie en het na hul lodge teruggekeer,” het die WSAR gesê.

Bykomende reddingspanne wat steeds op pad was om met ʼn moontlike waterredding te help, is intussen teruggeroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Baie bly vir die stappers wat gered is, in ons omgeweging het n man ernstige brandwonde opgedoen tydens die blus van n veldbrand, alvorens n helikopter die man kon afvoer na Pretoria het hul n hele paar duisend rand benodig, hoe bepaal hul die kriteria, ens. Die persoon is intussen oorlede.

Jaco ·

“regte” en “verkeerde” velkleur speel seker die GROOT rol. Alles in SA werk mos maar op 2 stelle reëls. Wit mense mag nie eens tydens lockdown kospakkies kry nie.

Prikkie ·

Dit is inderdaad knap gedaan deur die lugmag, maar WAT soek stappers die tyd van die jaar daar in die berge, op plekke waar dit gevaarlik kan raak?

Dit is gewoonweg onverantwoordelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.