Vavi dagvaar glo Cosatu

Zwelinzima Vavi Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi, geskorste hoof van Cosatu, gaan na verwagting Maandag regstappe doen teen die vakbondfederasie.

Vavi het op 13 Februarie nog die moontlikheid van ʼn regsgeding bespreek. “Hy is in gesprek met sy prokureurs om te bepaal watter stappe hy teen ʼn ouditmaatskappy en Cosatu kan doen,” het John Dludlu, woordvoerder vir Vavi, in daardie stadium aan Sapa gesê.

Die Mail & Guardian het op 12 Februarie berig dat Vavi beplan om Cosatu en die ouditmaatskappy SizweNtsalubaGobodo te dagvaar vir naamskending nadat ʼn verdoemende verslag teen hom uitgereik is. Die verslag het onreëlmatighede bevind wat verband hou met die aankope van ʼn nuwe Cosatu-gebou en die verkope van ʼn ou kantoorgebou.

Vavi is verlede jaar geskors nadat hy erken het dat hy ʼn buite-egtelike verhouding aangeknoop het met ʼn junior werknemer. Sy het hom aanvanklik van verkragting beskuldig, maar het nie klagtes by die polisie gelê nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VerVanRyn ·

So die man is uitgevang vir ongeruimdhede en is daarvoor gestraf nou wil hy die mense wat hom uitgevang het dagvaar? Wonderlik, 10 uit 10 vir sinvolle besluite Vavi!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.