Vavi glo uit Cosatu geskors

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu Foto: Werner Beukes, SAPA

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu Foto: Werner Beukes, SAPA

Cosatu het sy sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi geskors, het die SAUK Maandag berig.

Die SAUK het die nuus getwiet, maar daar was nog geen bevestiging van Cosatu nie. Die vakbondfederasie se sentrale uitvoerende komitee het Maandagaand vergader en die besluit is glo tydens die vergadering geneem.

Vavi het Sondag aan verslaggewers gesê hy sal nie bedank nie. “Dit is ʼn doelbewuste daad van verset, selfs al is dit uiteindelik net simbolies. Dit stuur ʼn boodskap aan die werkers dat ons nie die organisasie bloot op ʼn skinkbord moet oorhandig nie, en ons moet nie net wegstap wanneer alle alternatiewe om dit te red, uitgeput is nie. Cosatu behoort aan al sy lede, nie net ʼn faksie of ʼn kliek nie.”

Vavi het ook gesê Cosatu is in ʼn finansiële verknorsing.

Vavi is al voorheen uit die vakbondfederasie geskors nadat hy ʼn verhouding aangeknoop het met ʼn junior werknemer. Hy is in Augustus 2013 op spesiale verlof geplaas hangende die uitslag van ʼn tugverhoor wat met die verhouding verband hou. Hy het op 7 April verlede jaar teruggekeer werk toe, ná ʼn hofbeslissing wat sy skorsing omgekeer het.

Daar is deurlopend gespekuleer dat Vavi weer geskors sal word nadat Numsa in November uit die vakbondfederasie geskop is. Numsa was ʼn vurige Vavi-ondersteuner tydens sy skorsing en het met regstappe teen die vakbondfederasie begin waarin hulle geëis het dat hy weer aangestel moet word.

Numsa was een van die vakbonde wat ʼn spesiale Cosatu-kongres versoek het, waartydens hulle wou hê nuwe leierskap moet aangestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jjobson ·

Vavi, lê sy hart werklik by die nood van ons swaarkry werkers- as dit net i skyn is moet cosatu maar sy groot naam en liggaam in die recycle bin smyt want dan beteken hy niks.

jjobson ·

Vavi, ek het i oplossing. Zumpie gee die swaargewig Vavi i nasionale ministers pos. Versuim om dit te doen sal die kanon weer in buite eglike verhoudings plaas-chronies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.