Vavi hoor vandag oor skorsingsaak

Zwelinzima Vavi op 27 Maart buite die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi op 27 Maart buite die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Johannesburgse hooggeregshof gaan Vrydag uitspraak lewer oor Zwelinzima Vavi, voormalige uitvoerende hoof van Cosatu, se versoek om sy skorsing ter syde te stel.

Vavi en die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se regspanne het in Maart in die hooggeregshof hul finale repliek gelewer op die argumente wat die vakbondfederasie voorgehou het. Die hof het uitspraak voorbehou.

Numsa en Vavi het aangevoer afgevaardigdes het nie tydens Cosatu se vergadering van die sentrale uitvoerende komitee op 14 Augustus 2013 oor Vavi se skorsing gestem nie. Die besluit is glo afsonderlik gemaak tussen presidente en uitvoerende hoofde. Klik hier om meer te lees.

Vavi is in Augustus deur Cosatu op spesiale verlof geplaas hangende die uitslag van ʼn tugverhoor wat verband hou met sy buite-egtelike verhouding met ʼn junior werknemer. Die werknemer het hom in Julie van verkragting aangekla, en Vavi het gesê hulle was in ʼn verhouding. Die vrou het daarna die saak van seksuele teistering teen hom onttrek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.