Vavi in hof vir spoedoortreding

Zwelinzima Vavi Foto: vivavavi.com

Zwelinzima Vavi Foto: vivavavi.com

Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, sal Dinsdag in die Edenvale-landdroshof verskyn op aanklag dat hy die spoedgrens oorskry het.

Die voorval het in Oktober 2015 plaasgevind toe hy na bewering op die R24 naby Edenvale betrap is dat hy 207 km/h met sy Audi Q7 gery het.

Dié voorval het plaasgevind ʼn week nadat Vavi ʼn optog teen korrupsie in Pretoria gelei het.

Vavi is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Meraai ·

“Put your money where your mouth is, Mr Vavi!
Sover ek weet geld die landwette vir ons almal – behalwe as jy ‘n soustrein comrade is!
Dit raak nou ‘n absolute sirkus, waar elke nar kyk of hy nie op die vorige vertoning kan verbeter nie!

GES ·

Die arme man het problem …
As dit nie kantoorseks is nie, dan is dit ernstige spoedoortreding. Dit is dalk ‘n goeie tyd om ‘n selfhandhawingskursus by te woon om weer in pas te kom met ‘n beskaafde leefstyl. Jy is mos ‘n hoë profiel man, nie waar nie?

Sarie 2 ·

Ag “shame”!!! Die arme man was seker lààt vir ‘n vergadering….

Hennie Theart ·

Ek wonder wat sy verweer sal wees? Miskien was die Q7 ‘n bietjie vinnig vir ‘n “ou mens” soos hy? Wonder waar sy lyfwag en drywer was? Hy is ‘n vername man…hy moet tog so iets he?? Alle vooraanstaande mense het mos ‘n drywer?

Wayne Norman ·

Hy is uit op R1000 borg,ek moes R1500 borg betaal en ek het maar 163km/h gery,dan word ek gese as ek skuldig bevind word of pleit dan word my lisensie vir 6 maande opgeskort en ek moet ‘n boete betaal van tussen R 6000 en R24 000 .Moet die einde van die maand weer in hof wees vir verhoor om vir my lisensie te baklei.Ek dink ek word vir ‘n ry gevat!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.