Vavi ontken omstrede Facebook-profiel is syne

'n Skermskoot van die valse Zwelinzima Vavi-profiel op Facebook.

‘n Skermskoot van die valse Zwelinzima Vavi-profiel op Facebook.

Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, het Maandag gesê ʼn Facebook-profiel in sy naam waarop omstrede stellings gemaak word, is nie werklik sy profiel nie.

Vavi het Maandag in ʼn verklaring gesê dat iemand sigself as hom voordoen op die sosialemedia-platform en inskrywings plaas waarin verskeie negatiewe en skadelike stellings gemaak word wat onder meer aanvallend teenoor die EFF en ander is. Vavi het gesê hy distansieer hom van die inhoud van hierdie inskrywings.

“Iemand gebruik ʼn valse profiel onder my naam en sê allerhande goed om ’n wig tussen my en ander organisasies in te dryf,” het Vavi op Twitter gesê. “Daar is eintlik vier Facebook-profiele onder my naam. Die regte [profiel] het my gesig en [ʼn foto van] my en my vrou as agtergrond.”

Volgens Vavi is hy oortuig dat die administrateurs van die valse Facebook-blad dieselfde persone is wat ʼn valse intelligensieverslag oor hom en Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, opgestel het. Hy het gesê hy poog al maande lank om die valse rekeninge te blokkeer, maar kon nie daarin slaag nie. “Twee valse rekeninge het oornag verdwyn, maar twee is steeds daar.”

Vavi is tans die adjunk-voorsitter van die Millennium Labour Council.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit is die “Dirty Tricks Department” die regerende party het destyds van sulke laakbare optredes gebruik gemaak om hulle opposisie swart te smeer en die Media het lustig meegedoen.n Gesiglose ou spulletjie wat alles gewoonlik daarna ontken en as hulle gekonfronteer word baie verbaas lyk.

Eish! ·

Ek is so bly ek is net ‘n normale mens wat onderbetaal word en wat niemand ken nie. En dan gee ek natuurlik nie om, om blank te wees nie. So gebore en so gelaat staan. Kan niks daaraan verander al doen jy wat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.