Vavi sal nie lieg vir ANC

Zwelinzima Vavi Foto: vivavavi.com

Zwelinzima Vavi Foto: vivavavi.com

Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, sê hy sal by die vakbondfederasie se besluit hou om die ANC se verkiesingsveldtog te ondersteun, maar gesê sy ondersteuning is nie onvoorwaardelik nie, het die Sunday Times berig.

Cosatu het aangekondig dat hy die ANC se manifes ondersteun, hoofsaaklik op grond van die Nasionale Ontwikkelingsplan wat Vavi teengestaan het.

Vavi het aan die koerant gesê hy word verbind aan die besluit van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee om die ANC te ondersteun, alhoewel hy glo dat die arbeidsbeweging “klas selfmoord” pleeg deur die party se verkiesingsmanifes te ondersteun. “Ek het gesê daar moet ʼn voorwaarde wees,” het Vavi gesê. “Moet asseblief nie van my verwag om te sê dat werkloosheid van 34.1% goeie nuus is nie. Ek weier.”

Hy het ook gesê dit is nie goeie nuus om oor te vertel dat 50% van Suid-Afrikaanse werkers steeds minder as R3 000 per maand verdien nie. “Dit is ʼn tragiese verhaal van ongelykhede. Niemand moet van ons verwag om te lieg nie,” het hy bygevoeg.

Sommige van sy ondersteuners het hom as ʼn verraaier beskryf omdat hy die ANC se verkiesingsveldtog ondersteun. “Dit is hoekom ek stry met mense wat my ʼn verraaier noem, want hulle verwagting was dat hulle ‘beginselvaste Superman’ sou terugkeer en tydens ʼn perskonferensie aankondig dat alle besluite deur die sentrale uitvoerende komitee ongeldig verklaar word. Ek kan dit nie doen nie.” Hy voeg by hy respekteer die besluit deur die organisasie, veral omdat dit deur die meerderheid van die lede geneem is.

Cosatu se grootste affiliaat en een van Vavi se grootste ondersteuners, die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het sy lede versoek om nie die ANC tydens die verkiesing te ondersteun nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Jy weet wat n mens nie kan verstaan Vavi stem nie saam met die ANC maar hy ondersteun hulle .Is daar n skroef iewers los by hom of is hy gedrug

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.