, die geskorste hoof van Cosatu wat die vakbondfederasie dagvaar oor sy skorsing, se saak gaan eers volgende week in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.
Die saak sou aanvanklik Maandag in die hof voorgekom het, maar is na volgende week Donderdag en Vrydag uitgestel, het Vavi op sy Twitter-rekening gesê.
Vavi het op 13 Februarie nog die moontlikheid van ʼn regsgeding bespreek. “Hy is in gesprek met sy prokureurs om te bepaal watter stappe hy teen ʼn ouditmaatskappy en Cosatu kan doen,” het John Dludlu, woordvoerder vir Vavi, in daardie stadium aan Sapa gesê.
Die Mail & Guardian het op 12 Februarie berig dat Vavi beplan om Cosatu en die ouditmaatskappy SizweNtsalubaGobodo te dagvaar vir naamskending nadat ʼn verdoemende verslag teen hom uitgereik is. Die verslag het onreëlmatighede bevind wat verband hou met die aankope van ʼn nuwe Cosatu-gebou en die verkope van ʼn ou kantoorgebou.
Vavi is verlede jaar geskors nadat hy erken het dat hy ʼn buite-egtelike verhouding aangeknoop het met ʼn junior werknemer. Sy het hom aanvanklik van verkragting beskuldig, maar het nie klagtes by die polisie gelê nie. -SAPA