Vavi waarsku nóg ʼn staking aan die kom

Optoggangers wat deelgeneem het aan die landswye Saftu-staking en optogte in verskeie stede op 25 April 2018. Foto: Twitter via @SAFTU_media

Zwelinzima Vavi, die sekretaris-generaal van die SA Federation of Trade Unions (Saftu), het Woensdag die Suid-Afrikaanse regering gewaarsku om gereed te maak vir ʼn twee dag lange landwye algemene staking indien daar nie gehoor gegee word aan werkers se eis dat die voorgestelde minimumloon van R20 per uur geskrap moet word nie.

“Ons sal nie toelaat dat iemand inbraak maak op ons reg om te staak nie. As hulle nie vandag na ons luister nie, gaan ons terugkom vir nog twee dae. Ons gaan busse, taxi’s en treine vat en hierheen kom. Ons sal nie terugval alvorens ons regte gewaarborg is nie, comrades. Ons kort ʼn praktiese oplossing, want hulle neem op praktiese wyse ons regte van ons af weg,” het Vavi aan werkers gesê.

Optoggangers wat deelgeneem het aan die landswye Saftu-staking en optogte in verskeie stede op 25 April 2018. Foto: Twitter via @SAFTU_media

ʼn Rooi golf het as’t ware Woensdag deur die Johannesburgse sakesentrum beweeg soos optoggangers na regeringskantore gestap het om memorandums van hul eise te oorhandig. Boaan dié eiselys was ʼn hoër minimumloon. Saftu-filiale het die regering se voorstel vir ʼn minimumloon van R20 per uur as ʼn belediging bestempel en eis as minimum ʼn salaris van R12 500 vir alle werkers in die land.

Optoggangers, wat ondersteuners van die EFF ingesluit het, het deur al die groot stede van die land optogte gehou om memorandums aan verskeie regeringsdepartemente en provinsiale premierskantore te oorhandig.

Optoggangers wat deelgeneem het aan die landswye Saftu-staking en optogte in verskeie stede op 25 April 2018. Foto: Twitter via @SAFTU_media

Stakers het onder meer in busse en taxi’s in Newtown in Johannesburg aangekom en rewolusieliedere gesing terwyl hulle vir hul leiers gewag het.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook deurgeloop onder kritiek met betogers wat hom daarvan beskuldig het dat hy sy rug op die werkers van Suid-Afrika draai. Sommige betogers het nagemaakte buffels omhoog gehou in ʼn kwalik verskuilde aanval op Ramaphosa en ʼn stekie na die miljoene rande wat hy al in die verlede vir buffels en ander spogwild betaal het.

Maroela Media het vroeër berig die vakbondfederasie Cosatu het hom van die staking gedistansieer en gesê hy ondersteun die voorgestelde minimumloon. Intussen het Fedusa vir Saftu daarvan beskuldig dat Saftu bloot aandag soek deur die staking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Van hulle liedere was kill the boer kill the famer wonderlike demokrasie en liefde en vrede wat ons het

Hansie ·

“Ons gaan busse taxis en treine vat en hierheen kom” Is alles nie alreeds afgebrand nie ?

Rynhardt ·

2018 is beslis die era van stakings, ???????? buitensporige eise,algehele chaos en wanorde!!Anc nou in n dodelike wurggreep wat hyself geskep het!

Lollie ·

Cosatu en Fedusa kan dan mos n optog teen Saftu hou! Of is hierdie 2 nog te klein teen Saftu?

GEENprobleem ·

nou ja dan sal die ons maar almal self moet begin inspring en werk en koebaai sara…..jou 3 dae sal nou maar niks word….en dan sal die wit seun meer werk kry want ons is geleer om onder te begin en te bou….en gee ons sommer passe ook dat ons wittes in apartheid geplaas word….did mos ons straf….dankie

Geurt ·

Ai. Die bedrag van R12500 salaris vir alle werkers gaan net geensins realiseer nie. As ‘n arbeider opgelei is kan koste op waarde toevoeging gerealiseer word, maar waar dit individuele huishoudings raak gaan mense die harde besluit neem en werke in en om die huis /kantoor ens. self te dien Die land gaan ongekende werkloosheid ervaar! Dit lei tot verder probleme van diefstal en nog stakings!
Die regerende party gaan dit nie kan hanteer nie.

Janneman ·

Ja nee Geurt, so toi toi hulle hulself uit n job uit.

Waar gaan ons n Margaret Chatcher kry?

Yes Please ·

STRAF DIE WITTES VIR APARTHEID en BEDANK almal by die huise en op plase omdat julle nie R12 500 per maand verdien nie. Julle sê mos die wittes het nog nie genoeg GESUFFER vir apartheid nie, so asb . BEDANK almal wat by wittes werk onmiddellik want julle se mos julle is wittes se SLAWE …… dan DWING julle ons om ons eie werk te doen of om werklose wittes aan te stel .. ASB . doen dit net, dan hoef ek jou nie ‘n pakket te gee nie !!

Elize ·

R12,500 per maand! Liewe mens maar dit is baie geld. Ek werk al vir 17 jaar by dieselfde firma en kry net oor R8,000 per maand. Is net te dankbaar om werk te hê en werk werklik hard. Baie verantwoordelikheid want dit is by ‘n finansiële firma. Die voorstel van werklose blankes laat my bietjie dink – hulle sal eerder by die robot staan en bedel as om te gaan om ‘n dag se earlike werk te doen. Soos een vrou by die robot die werksaanbod van die hand gewys het van R4,000 per maand – reken sy kry baie meer as sy so bedel so waarom moet sy gaan werk. Die probleem is ons ou nasietjie het sleg geword en is die laaste generasie jonges nie bereid om te werk nie maar kyk liewer in jou oë om hand in die sak te steek want “ons kry so swaar en daar is klein kindertjies by die huis wat nie kos het nie”. Regtig mense, wat het van ons trots geword of het ons ook nou Afrika mentaliteit ontwikkel om bakhand te staan en wil net ontvang. Ek is ‘n vrou van 64 en doen al my werk self want die jong mannetjies wil nie eers help om gras te sny nie want hulle hou nie daarvan nie. Genugtig, laat staan die slegtigheid en begin jou eie geld verdien!

Anoniem ·

Wat ‘n skande dat ons land se regering absolute chaos aanhits en toelaat! Sies!

Robert ·

Miskien maar net nie meer opbou en vervang wat vernietig en afgebrand is nie. As daar nie meer is nie is daar nie meer nie. Kyk dan waar kry hulle wat hulle elke dag nodig het.

Haan ·

R12500 p/m =(agt ure)x(5dae)x(4weke)=160ure
R12500 /160ure = R78 R/uur

Dit is n 400% verhoging in min. loon

En n 100% aanduiding dat hierdie mense nie verstaan hoe die ekonomie werk nie en eintlik net daarop uit is om te plunder dít wat nog staande gebly het.

Hennie ·

Die oplossing is om robotte te kry om die werk te doen. So maklik.

CAROL ·

As hul R12500 per maand wil he moet hul ook dieselfde huis paaiement, skoolfonds, water en ligte betaal nes ons!!

Casper Labuschagne ·

Wie gaan in so ‘n toekoms belê?

Op die oomblik is twee verskillende nutsmanne hier werksaam, die een vervang die plafonne en die ander doen langsaan bouwerk. Albei het aan my vertel dat hulle nie kan bekostig om ‘n loon van R20 per uur te betaal nie, dus sal van die werkers wat tans hier doenig is, binnekort werkloos wees. Die eienaar van hierdie gebou wat een van die dorp se plaaslike aptekers is, het aan my meegedeel dat hy emigrasie oorweeg na die VSA aangesien hy verskeie eiendomme besit wat moontlik genasionaliseer sal word sonder vergoeding. Hy sal self ten minste een van sy twee skoonmakers aflê teen ‘n R20 per uur minimum loon. My eie inkomste is absoluut afhanklik van die optimisme van juis sulke sakemanne soos hierdie nutsmanne asook die apteker om in die toekoms te belê.

Ek is al self so moedeloos oor ons toekoms dat miskien moet werkers dan maar R12,500 betaal word sodat 99% werkloosheid sal voorkom – want hoe gouer die land kan ondergaan, hoe gouer sal hierdie gekke tot hul sinne kom en hoe gouer kan ons met die herbou begin.

Koos B ·

Ek het die al lankal sien kom.Ek het almal laat gaan met die tyd en nou is net ek oor in ‘n werkswinkel.Het baie afgeskaal en doen self die werk.Ek slaap nou baie lekker met die wete niemand dreig my met stakings of kom laat werk of bly partykeer net weg. Ek kan nou my beloftes nakom wat diens en aflewering aanbetref.

Reguit ·

Die skrif is lankal teen die muur. Beste opsie (vir diegene wat kan) is om die rioolput te verlaat en te emigreer. Wit kinders het geen toekoms in Azanië nie. Laat die spul liberales wat so vreeslik “lief” is vir die hool gerus daarin rond rol en hulself geniet. Die res kry ek bitter jammer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.