Vavi wil alle bande met Israel verbreek

Foto: stiripesurse.ro

Foto: stiripesurse.ro

Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, het die regering Vrydag versoek om onmiddellik alle diplomatieke bande met Israel te verbreek.

“Ons regering moet vandag nog ʼn vliegtuigkaartjie vir die Israeliese ambassadeur koop, hom na ʼn lughawe toe neem en huis toe stuur,” het Vavi in Pretoria gesê. “Hulle moet ook ʼn kaartjie vir ons ambassadeur in Tel Aviv koop en hom saam met sy hele gesin terugbring, om nooit weer terug te keer na daardie rassistiese land nie. Ons wil hê die regering moet alle diplomatieke bande met daardie Israeliese regering verbreek.”

Vavi het by ʼn betoging aangesluit wat deur die Boycott, Divestment and Sanctions (BDS)-veldtog gereël is en Israel se besetting van Gasa en aanvalle op Palestina kritiseer. Die betogers het voor die OR Tambo-gebou in Pretoria, die hoofkantoor van die departement van internasionale betrekkinge, vergader. Hulle versoek dat die Israeliese ambassadeur dadelik uit die land gesit moet word.

Meer as 200 aktiviste het langs Soutpansbergweg bymekaar gekom en “Bevry Palestina” en “Toet vir Gasa” gesing.

Minstens 100 Palestyne het die afgelope vier dae gesterf.

Vavi het gesê Suid-Afrika moet ook ekonomiese bande met “rassistiese Israel” verbreek.

Hy het Amerika ook veroordeel omdat dié land Israel ondersteun. “Skaam jou, Barack Obama en jou naam wat die teenoorgestelde verteenwoordig van dit wat jy aan die Palestyne doen,” het Vavi gesê.

Die ANC het Donderdag Israel se militêre aanvalle in die Gasastrook as “barbaars” beskryf. “Israel het die besette gebiede in Palestina nou in permanente doodskampe verander,” het Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Natuurlik word die afsterwe van enige kind, ongeag ras, kleur of geloof, veroordeel en die afsterwe van die drie Israeliese jong mans is verseker net so sinneloos as enige ander dood.” Hy het egter gesê die moorde moet nou stop.

Drie Israeliese tieners, Naftali Fraenkel (16), Gilad Shaer (16) en Eyal Yifrah (19) is verlede maand ontvoer en vermoor. Agence France-Presse (AFP) het berig die drie het op 12 Junie verdwyn. Hulle liggame is op 30 Junie opgespoor.

Mohammed Abu Khdeir (16) van Palestina is op 2 Julie aan die brand gesteek en het verkool.

Hierdie gebeure het na bewering aanleiding gegee tot die opstande in die ooste van Jerusalem en Arab/Israeliese dorpe. Talle mense het intussen omgekom tydens die klopjagte op die Gasa-strook om Hamas-militante te stuit.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes en die SA Sionistefederasie het Duarte se verklaring veroordeel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris ·

Ek weet nie of Vavi en Duarte slaap nie, maar die Palestyne (Hamas) het hierdie enetjie begin! Hoekom Israel dan straf? Straf liewer die Palestyne harder!

Demokraat ·

Vavi het, as gevolg van sy onlangse eskapades, so ietwat in vergetelheid verval en soek nou maar net weer publisiteit – uit die oogpunt van ‘n swarte, uiter Vavi populêre taal want dis die Palestyne, wat allerweë as verdruktes deur die Israeli’s beskou word, wat nou weer geboelie word. En dit verwyl die Palestyne eintlik die aggressors is.

Willie ·

Chris,die palistyne is die regering se komunistiese broers.Die hamas/islam/terroriste is die oorsaak van al hierdie geweld en weerens,skaar die regering(anc) hulle agter die palistyne wat alles begin het.Die Israelies het hulle telkemale gewaarsku maar,die uitloking van geweld is prioriteit by hierdie kommuniste.Ons regering en sy filiale ondersteun al wat n militante/kommunistiese regime wat ons in die verdoemenis in lei. Ons in SA gaan swaar betaal in die toekoms oor die onverantwoordelike optrede en uitsprake wat kommunistiese voormalige vryheids vegters elke dag maak.Die duiwel regeer hierdie land van ons!

Fritz ·

Hy moet bly by goed waarvan hy weet. Mense opsweep om te staak. Hom uit politiek hou want, hy weet van Israel of die geskiedenis van die gebied nie. Kyk na al die oorloe wat die arabiere Israel wou uitwis.

vetkopbaasspioen ·

Ai hoe idioties! Ek het net nie woorde vir hierdie gebrek aan intelligensie nie! Of is dit dalk verskuilde agendas?

Gerhard Bezuidenhout ·

Ag ou Vavi jy is siek. Het jy jou al ooit uitgespreek teenoor jou comrades se rassistiese moorde op blankes i.p.v. om jou mond hier te kom uitspoel.Israel het die volste reg om die klomp Palestyne bietjie te dril . Hulle het die geveg eerste begin. Jou kommentaar teenoor Israel is buitendien net n klomp warm lug.Ek wonder of jou bankrot regering dit enigsins kan bekostig om bande met Israel te verbreek.

Anoniem ·

Vavi as jy die Bybel lees en glo wat daar in staan sal jy weet om die uitverkore volk van die Almagtige met rus te laat. Israel verdedig hom slegs teen teen terroriste. Moenie dwase uitsprake maak en God se torn op die hals haal nie. Skrik wakker en bely dadelik jou sondes.

Hettie Snyman ·

Duidelik weet hy niks van Israel se geskiedenis nie Hy Moët sy Bybel gaan bestudeer voorbaat hy weer sulke aanmerkings maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.