VBS Bank beteken dalk groot verliese vir munisipaliteite

Munisipaliteite kan dalk baie geld verloor nadat hulle dit by VBS Mutual Bank belê het, en die moontlikheid om die bank te red het beduidend gedaal nadat dit onder kuratorskap geplaas is, het LP’s Woensdag gehoor.

Kuben Naidoo, adjunkpresident van die Reserwebank, het aan die parlementêre staande komitee oor finansies gesê sedert die Venda Burial Society-bank (VBS) in Maart onder kuratorskap geplaas is, is daar bevind dat die jaarlikse finansiële state foutief was en moontlik vervalste deposito’s is ontdek.

ʼn Forensiese ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of enige bedrog gepleeg is.

“Ná twee maande van kuratorskap en die voorlopige ondersoek, het die moontlikheid om die bank te red, gedaal,” het Naidoo gesê. “Die kuratorskap duur voort. Ons is van voornemens om met die kuratorskap voort te gaan om die deposito’s te beskerm.”

Naidoo het gesê alhoewel die Reserwebank deposito’s van minder as R50 000 sal waarborg, het verskeie munisipaliteite groot bedrae geld in die bank gedeponeer, teenstrydig met die Wet op die Munisipale Finansiële Bestuur. Dié munisipaliteite kan geld verloor op hul “belegging”. “Munisipaliteite sal waarskynlik ʼn groot deel van die geld verloor wat hulle in die bank belê het.”

Naidoo het gesê munisipaliteite het gesamentlik R1,5 miljard in die bank belê.

Hy het verduidelik selfs in ʼn optimistiese scenario, sal dit tussen sewe en tien jaar duur om al die geld terug te kry wat aan bankrekeninghouers geskuld word.

Hy het gesê die wet verbied die Reserwebank om ʼn onversekerde lening aan VBS toe te staan. “Tot dusver kon ons nog nie hul bates of lenings aan ons bevestig om te bepaal of daar voldoende sekuriteit is vir ons om geld in te sit nie.”

Naidoo het gesê die bank het ook vir die Reserwebank gejok oor ʼn kapitale vereiste van R470 miljoen wat die bank verplig was om as ʼn buffer te hou om rekeninghouers, wat deposito’s gemaak het, terug te betaal. “Hulle het deposito’s van ongeveer R120 miljoen by die nasionale betalingstelsel en die oorblywende R350 miljoen moes as kapitaal in die bank gehou word in die vorm van kontant.”

Hy het gesê op die eerste dag van die kuratorskap het hulle ontdek daar is niks nie. “Daar is geen kapitaal nie. Dis weg. Elke maand het ons opbrengste van die bank gekry. Dit sê daar is R470 miljoen wat in dié instrumente gehou word. As die R470 miljoen-buffer beskikbaar was, sou die kurators ten volle 100% van alle deposito’s kon terugbetaal, insluitend die begrafnisverenigings, die stokvels.”

Lees alle vorige berigte oor VBS Mutual Bank op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Lekker man, lekker. Pragtige voorbeeld vir CR en sy grongryp groepie as voorbeeld van die fenominale AFRIKA beleggers fundies!

ANC LEGACY, en NIEMAND word verandwoordbaar gehou nie.

zoom zoom ·

Mag ons ‘n lys kry van watter stadsrade geld by die vbs belê het. Die persone verantwoordelik by die stadsrade moet vervolg word asook alle bates wat hulle het moey beslag opgelê word en vekoop word. Dit sluit in salaris asook pension gelde en persoonlike bankrekeninge. Die gelde moet oorbetaal word aan fie reserwebank wat dit dan moet beheer om skulde te delg van die betrokke stadsraad

Jacobus ·

Ek voel jammer vir die gewone man of vrou wat geld belê het in die bank, hulle gaan ‘n rowwe tyd hê om hulle verpligtinge na te kom sonder toegang tot hulle geld.

Sal net graag wil weet aan wie die bank regtig behoort en wie werklik voordeel getrek het uit al die deposito’s; die ANC, Gupta’s, EFF of ander ongure karakters.

Die munisipaliteite en ander staat-instellings kan maar die geld afskryf, hulle gaan dit nie maklik of ten volle terugkry nie.

Ek dink ook dat die munisipaliteite gedwing was om geld daar te belê ten voordeel van ander magte.

Sterkte aan die kurators; hulle gaan hare op hulle tande moet hê met die politieke mynveld.

Dafer ·

As die munisipaliteite die geld bel het i.p.v. dienste te lewer, moet die hele stadsraad gedagvaar word!!!

Andre ·

Goeie voorbeeld van hoe ‘n bank bedryf word vir eie gewin! Die betrokkenes gaan seker soos gewoonlik niks oorkom nie.

Ivana Viljoen ·

Ek wil graag weet as meeste Munisipaliteite so ver in die rooi is waarom is die “beleggings” nie gebruik om van hulle skuld te delg nie. Alhoewel hulle al so ver agter is, hulle is al amper weer voor ?
Eskom en alle water voorsieners – skakel munisipaliteite uit, want daar is nie meer dienslewering nie en verkoop direk aan die verbruiker met Eskom prepaid meters en water prepaid meters.

Jacobus ·

Standaard besigheid praktyk om geld te belê. Dink dit word ook vereis deur wetgewing?

Munisipaliteite kan nie uitgeskakel word en direk van Eskom of Water Rade koop nie, die winste uit die herverkoop van elektrisiteit en water word gebruik om munisipale dienste te lewer en salarisse te betaal.

Nie Eskom of enige Water Raad het die infrastruktuur om op munisipale gebied diens te lewer nie; dink aan die kostes van addisionele personeel en die administrasie daaraan verbonde.

marous ·

Waarom word die munisipaliteite se name nie bekend gemaak nie ? Dis belastingbetalers se geld en hulle is geregtig om te weet ingevolge die wet op openbaarmaking van inligting. Die persone of instansies aan wie die uitbetalings gemaak is se besonderhede moet ook bekend gemaak word. Dit is ‘n toesmeerdery soos alles in die land!

Christiaan ·

Hahahahahaha lekker kry ek nou, alles wat hulle tentakels aan raak verander in …….

Spreuke en Prediker se dit mooi.

Kul jou hier ·

Dis nou dieselfde bank wat aan Zuma geld voorgeskiet het om sy Nkandla te betaal. En munisipaliteite (aka Zuma se ANC comrades) het ons belasting geld wetend en onwettig in die bank deponeer. Nou-toe-nou! Die belastingbetaler het toe wel via n ompad vir Nkandla betaal. En geen comrade gaan seker weereens aan die pen ry vir hierdie onskuldige “flater” nie.

Bollie ·

WHAAAAAAAAAAAAAAAA EN DAN PRAAT malema van die nasionalisering van banke en van ‘n staatsbank . lekker lag ek nou .. Die hele land is in ‘n krisis gedompel .. munisipaliteite, SAL, Eskom, SAUK, PRASA .. oral waar die kaders ‘n vinger in die pasteitjie het is daar moeilikheid. AL WAT hulle nog aan die lewe hou is die GETROUE betalers .. en aangesien ons nou heeldag gedreig word, gaan ons maar die pad vat of net oral onttrek — kom ons kyk hoe goed werk dit dan vir julle.

Ryan ·

So as ek reg verstaan.. Munisipaliteite het geld gedeponeer om te belê “teenstrydig met die wet op munisipale finansiele bestuur” en toe vou VBS en nou kan munisipaliteite nie hul werkers betaal nie en plunder weer?

wilma ·

En daar spreek die bank se naam – Venda BURIAL Society-bank – boekdele!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.