VBS: Geskorste munisipale bestuurders ontvang steeds salaris

VBS Mutual Bank

Die VF Plus het Woensdag bekend gemaak dat munisipale bestuurders van Limpopo wat onwettig belastinggeld in die VBS-skema gestort het ʼn jaar ná hul skorsing steeds salarisse en voordele ontvang.

Michal Groenewald, die party se woordvoerder vir samewerkende regering en tradisionele sake, het sy kommer in ʼn verklaring uitgespreek oor die provinsie se versuim om op te tree teenoor bestuurders wat hulle skuldig gemaak het aan korrupsie en bedrog tydens die VBS-skandaal.

Maroela Media het vroeër berig sowat R1,894 miljard is oor ʼn tydperk van drie jaar van die VBS Mutual Bank geplunder deur VBS-hooggeplaastes en instellings. Die geld wat geplunder is sluit in kliënte se spaargeld en miljoene wat deur munisipaliteite gedeponeer is.

Sowat 50 mense het ruim van dié byna R2 miljard ontvang sedert Maart 2015. Dit sluit in top-bestuur by die bank se meerderheid aandeelhouers, hul vennote, bankbestuurders en politici in Limpopo. Nuwe bewerings wat vandeesmaand aan die lig gekom het, dui ook daarop dat Floyd Shivambu van die EFF derduisende rande van die gesteelde geld gebruik het om vir sy uitspattige troue te betaal.

Volgens Groenewald is daar ook geen aanduiding wanneer en óf die bestuurders verantwoording vir hul misdrewe gaan doen nie.

“Dit kom daarop neer dat hulle goue handdrukke ontvang vir hierdie onreëlmatige belegging in VBS.”

Groenewald het gesê tydens ʼn besoek van die parlementêre portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) aan dié provinsie het dit duidelik geblyk dat plaaslike regering verval het tot blote krisisbestuur en dat daar van professionele, volhoubare regering nie meer sprake is nie.

“Die gevolg van hierdie situasie is die verval van basiese dienste soos riolering asook die vernietiging van infrastruktuur [in die provinsie]. Dit is besig om vinnig te lei tot toekomstige probleme soos omgewingsbesoedeling met gepaardgaande gesondheidsgevare wat haas onmeetbaar gaan wees,” glo Groenewald.

Die SA Reserwebank het VBS in Maart 2018 onder kuratorskap geplaas nadat bevind is dat die bank deur ʼn likiditeitskrisis in die gesig gestaar word.

“Dit is ʼn absolute skande dat die ANC-regering skynbaar volhou met die beskerming van korrupte kaders ten koste van die mense van Limpopo,” sê Groenewald.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HOBBO ·

Die verrotting van formele strukture is skandalerig! Die wat nogsteeds salarisse kry tydens hierdie skorsing is net so gewentloos soos die wat die betaling magtig. Inteendeel is hierdie skielike helde getuies by die Zondo kommissie n klug. Hoekom het hulle reeds in 2007 geweier om betalings te magtig al sou dit hulle werk gekos het. Die tyd het aangebreek om te se dis nou klaar!!!

Meneer ·

Welkom in Suid-Afrika waar kriminaliteit goed beloon word!

Aggies ·

So ry die trein so ry die trein……die ANC se gravy trein…….

Hoekom sal korrupsie ophou as dit is hoe dit gaan

aj ·

Wanneer al die myne toemaak, en die fabrieke sluit sal die GRATIS ALLES soustrein “ontspoor”.

Miskien sal die plakkerskampe en al die PARASIETE …( van die ANC )…. verdwyn!

Dis die belastingbetalers wat die kriminele soustrein finansier!

Stop dit nou!

Magda ·

EMPTY PROMISES FROM RAMAPHOSA AS ALWYS – STILL STEALING OUR HARD WORKING TAX PAYERS MONEY BY ALLOWING THIS CORRUPT SCUM TO GET FULL SALARY FOR A LONG TIME AND NO ARREST NOTHING IS DONE TO THEM – SHAME ON YOU RAMAPHOSA – AS ALWAYS EMPTY PROMISES FROM A CORRUPT ANC.

CC ·

SA beleef ‘n ‘omgekeerde piramiede’ skema. As die eerste een aan die onderpunt skuldig bevind word aan die korrupsie, tuimel die res inmekaar!!
Dan is dit nie meer Kaders vir kaders nie,,,,,elkeen vir homself en die duiwel vir die res!!

Ruiklont ·

Voor die slap bestuur om wet en orde te handhaaf nie stop nie, is die land gedeom soos die noord van SA grense

Ryan ·

En dan kla die regering daar is nie geld nie.. Maar hoe lekker.. sit by die huis en verdien ‘n groot salaris.. Destyds toe velaphi khumalo ook geskors was met betaling vir ‘n jaar lank, was dit sy “straf” vir haatspraak.. Hoe werk dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.