VBS Mutual Bank: Kurator begin bates verkoop

Die kurator van VBS Mutual Bank, Anoosh Rooplal, het Donderdag gesê ongebruikte en oortollige bates van die beleërde bank sal verkoop word en alle opbrengste sal aan krediteure van die bank uitbetaal word.

Die krediteure sluit munisipaliteite, handelskrediteure en die oorblywende handelsdeponente wat tans meer as R100 000 in die bank gedeponeer het.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het VBS Mutual Bank in Maart onder kuratorskap geplaas ná daar bevind is die bank staar ʼn likiditeitskrisis in die gesig. ʼn Verdoemende verslag wat verlede week deur adv. Terry Motau vrygestel is, het aan die lig gebring hoe byna R2 miljard deur minstens 53 individue en entiteite die afgelope paar jaar van die bank geplunder is.

Rooplal het gesê hy moes alle nie-noodsaaklike kostes van die bank verminder deur sekere takke te sluit, insluitend die Thavhani-, Johannesburg-, Durban- en Sibasa-takke. VBS se twee oorblywende takke, Thohoyandou en Makhado, is verklein nadat 94 personeellede afgelê is. Dié twee banke sal steeds leningsrekeninghouers tot diens wees, wie se kontrakte steeds geldig is by VBS.

Rooplal het gesê personeel van die VBS-hoofkantoor is ook in een kantoorblok in geskuif om meer ruimte beskikbaar te maak vir moontlike nuwe huurders. Salariskoste is ook verminder.

“Ons het emosionele en finansiële berading beskikbaar gemaak vir familielede van die personeel wat afgelê is. Ons bied ook die nodige administratiewe bystand aan dié personeellede om seker te maak hulle kan van die Werkloosheidsversekeringsfonds eis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dafer ·

IEMAnd moet hierdie ou dophou. Hy probeer om hierdie saak afgesluit te kry voordat die ondersoek behoorlik begin het!!

marous ·

Heeltemal reg . Daar is 2 biljoen weg en hulle verkoop die teekoppies en pierings

Snowball ·

@Uiltjie. Niks het ‘n aptyt soos ‘n gewetenlose wat hom verbeel dit is sy reg om te verorber wat oor sy pad kom nie. Boosheid word nooit versadig nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou waar is Malema nou as 94 mense hulle poste verloor? Moet hy nie nou êrens staan en skreeu oor Swart Monopolie Kapitaal en grootbase wat hulle sakke vol stop terwyl die gewone werkers hulle werk verloor soos by kpmg nie? As jy nie iets veroordeel nie, stem jy in wese daarmee saam, né?

Boerin ·

Hou maar dop wie koop die bates! Weer sekere mense teen weggee pryse.

remondo ·

dink aan die armes wat weer alles gaan verloor deur selfsugtige gewetenlose diewe wat seker weer gaan wegkom hiermee.

Ivana Viljoen ·

VBS verskaf finansiele en emosionele berading???? Teen daai koste kon julle nog n paar mense salarisse betaal het wat seer sekerlik minder sou wees. Hoe dom kan mens wees

Callie ·

Plunder. Snert. Dit was diefstal en bedrog. Waarom word dinge altyd saggies gestel. Dit is soos met die plaasmoorde. Dis nie ontkenning. Dis lieg. Jy is n leunaar. Dus is jy onbetroubaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.