VBS Mutual Bank: Munisipaliteite voor Scopa

VBS Mutual Bank

Al vier Noordwes-munisipaliteite betrokke by die VBS Mutual Bank-skandaal sal Dinsdag voor dié provinsie se staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement (Scopa) in Mahikeng, Noordwes oor die kole gehaal word.

Die onderskeie munisipaliteite sal voor die komitee verskyn om ‘n vorderingsverslag voor te lê oor moontlike planne om verlore fondse in te win. Dít volg nadat ʼn ondersoek in die VBS Mutual Bank: Great Bank Heist bevind het dat dié munisipaliteite onregmatige fondse in dié beleërde bank belê het, ten spyte daarvan dat dit streng deur die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) verbied word.

Madibeng- plaaslike munisipaliteit het destyds R31 miljoen in dié bank belê.

Mahikeng- plaaslike munisipaliteit het op sy beurt R83 miljoen belê, waarvan R23 miljoen uit sy toelaag vir munisipale infrastruktuur en R60 miljoen uit die munisipale aandele gekom het. Dit was glo ‘n oorbetaling van die nasionale departement van samewerkende bestuur en tradisionele sake.

Dr. Ruth Segomotsi Mompati-munisipaliteit het R150 miljoen in die bank belê, waarvan R100 miljoen van die munisipaliteit se streeksinfrastruktuurtoelaag, R25 miljoen van die aandelevrye basiese dienste en R25 miljoen uit die boufonds gekom het.

Ook Moretele- plaaslike munisipaliteit het R50 miljoen van sy waterdienste-infrastruktuurtoelaag vir 2017/2018 belê.

Die hooggeregshof in Pretoria het in November verlede jaar ‘n bevel uitgereik om die VBS Mutual Bank te laat likwideer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

L. Ost ·

Verlore fondse, verlore elektrisiteit, verlore belastinggeld, verlore kabels, verlore grond , verlore lewens, als is verlore in piesangland!

Michael ·

Lekker man.Net oor die kole gehaal. en more gaan hulle voort.

JohanL ·

“Moontlike planne om verlore fondse in te win”. Baie planne, geen aksie nie. Dis is wat gaan gebeur.

Hoekom word die betrokke bestuurders nie krimineel vervolg nie? Laat ander bestuurders kan sien daar is gevolge vir (verkeerde) aksies.

Linda ·

Word net oor die kole gehaal…..mmmmmf!? wat ‘n klugspul!

Dries du Toit ·

Wat nog nie verlore is nie word afgebrand. Hierdie goed sal nie ophou voor daar nie niks meer is wat verlore kan gaan nie vanwee die feit dat daar niks meer is nie

Pietman ·

Scopa vee alles onder die mat in sodra die stof gaan lê.

J van Rustenburg ·

Die geld is weg en die mense se sorry Wie se misdaad betaal nie

JG ·

Hulle “oor die kole haal” beteken in hulle terme seker n braai… die cANCer sal mos nooit hulle eie kaders berispe nie…

Hanna Hoekom ·

Of Nando’s hoender. Lol! Hier gaan absoluut NIKS van kom nie. Mark my words.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.