VBS-plundering: ANC stel twee lede weer aan ná skorsing 

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die ANC gaan twee van sy partylede wat al vir amper twee jaar geskors is in verband met die VBS Mutual Bank-skandaal, weer in hul poste aanstel.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdagmiddag tydens ʼn mediakonferensie terugvoer gegee na afloop van ʼn onlangse vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Volgens Magashule het die NUK ʼn verslag van die party se integriteitskommissie gekry oor die twee leiers in Limpopo wat by die VBS-skandaal betrek is.

“Dit is nou al amper twee jaar nadat die twee comrades van hul posisies as provinsiale adjunkvoorsitter en provinsiale tesourier afstand gedoen het. Die NUK het om die rede besluit dat hulle weer in hul poste aangestel word.”

Magashule het gesê Florence Radzilani en Danny Msiza se heraanstelling sal voorafgegaan word deur gesprekke met die verskillende strukture en belanghebbendes deur nasionale amptenare.

Die ANC se integriteitskommissie het in Oktober 2018 aanbeveel dat alle partylede en leiers wat geïmpliseer word by die verbrokkeling van die VBS Mutual Bank, moet uittree uit hul leierskapsposisies en hulle van partybedrywighede distansieer.

Die kommissie het toe vergader om die verdoemdende verslag van die SA Reserwebank te bespreek. In dié verslag word name van ANC-leiers genoem wat glo deel was van 50 individue en entiteite wat byna R2 miljard by dié bank geplunder het. Radzilani en Msiza is destyds by die bewerings betrek.

Die NUK het intussen ʼn beroep op wetstoepassingsbeamptes gedoen om spoedig op te tree teen die skuldige partye in die VBS-saga.

Dit kom nadat die Valke einde verlede maand ʼn negende verdagte in hegtenis geneem het vir beweerde betrokkenheid by die VBS-bankskandaal.

Die meeste van dié wat tot dusver in hegtenis geneem is, is voormalige lede van die VBS-raad, maar die Valke het reeds gewaarsku dat nog in inhegtenisnemings sal volg soos die ondersoek sy gang gaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Snowball ·

Korrup en skeefgetrek tot in die murg.
Dít is die vesel wat die ANC bind – hierdie broederskap in plunder en korrupsie.
Die samekoms en ‘one for all and all for one’ mentaliteit van die mees oneerlike en mees integriteitslose politici.

Buks ·

Dis arrogansie van die ANC sulke skelms is nie veronderstel om eers buite hulle selle toegelaat te word nie, maar nou ja dos ook wat jy kry waneer jy self iets het om weg te steek. Hulle is seker bang as hulle die skelms in die ANC voor stok kry dan blaker hulle al die party se onderduimshede uit.

Pieter ·

Moet tog nie vir my sê enigiemand verwag iets beter van anc nie.

Fedup ·

And that my fellow south africans is integrity used absolutely WRONG.
They will never understand the meaning of meaning, i see.

Kokerboom ·

Wat ‘n groter vloek kan dit wees as om regeer te word deur ‘n party met so ‘n korrupte dna? Die ironie is dat hul dit weet en dit regverdig en die norm maak vir voortgesette regering

Stephan ·

Dit is waarom daar so ‘n hoë voorkoms van korrupsie is. Dit word nie gestraf nie en het nie gevolge vir die skuldiges nie.

Jacobus ·

Dit is onaanvaarbaar dat die ANC se DNA basies krimineel is. Die ergste dat hulle nie kriminalteit as ‘n fatale probleem is nie. Dat hulle nie insien dat die massale salarisse kon vele landgenote met voedsel en ander middele help. Dat hulle kreupel insigte die land die afgrond instoot. Waarom leer ons, ons kinders van werks etiek en eerlikheid terwyl dié soort insigte duidelik gekoppel is aan goeie winste. Nooit,nooit moet ons kinders tot die gevolgtrkking kom dat oneerlikheid ‘n opsie is – skande.

Heinrich ·

Die ANC en ‘Integriteitskommissie’ bly nog steeds vir my die grootste teenstelling of oksimoroon ooit!

JohanR ·

The ANC comrades ferris wheel goes round and round and round and round. Some fall off, more climb on. Those that fell off climb on again, and then the ANC comrades ferris wheel goes round and round, round and round. ‘n Dief wat weer diefe aanstel. Dit is Ace Magashule en die ANC! Nou net een ding oor vir Suid Afrika en dit is om hulle uit te stem by die stembus.

Scalla ·

Hoekom verskyn die naam van die skidery dief nie ook op die lys nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.