VBS: Ramaphosa ontken; Venda-koning sal geld terugbetaal; DA vra ondersoek

(Grafika via ANA)

Die presidensie het berigte, dat pres. Cyril Ramaphosa versuim het om op te tree tydens die VBS Bank-sage ondanks die feit dat hy reeds in 2017 daaroor in kennis gestel is, ten sterkste verwerp.

“Die bewerings het nie enige gronde nie. Pres. Ramaphosa dra nie kennis van enige vergadering waar hy glo met iemand van VBS Mutual Bank vergader het en glo in kennis gestel is oor die kwessie nie,” het Khusela Diko, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Diko steek daar ook geen waarheid daarin dat Ramaphosa gewaarsku is oor die moontlike ineenstorting van VBS Bank nie.

“Inligting oor VBS Bank is deur amptelike kanale, insluitend die nasionale tesourie, aan die president oorgedra,” het hy bygevoeg. “Die president het ʼn omvattende verslag oor die saak van die tesourie versoek.”

Intussen het die VhaVenda-koning Toni Mphephu Ramabulana Maandag in ʼn verklaring aangebied om enige geld terug te gee wat verdien is deur onwettige opbrengste van VBS Mutual Bank. Hy het gesê sy mense se finansiële verknorsing is nadelig vir die stigterslede van Venda Building Society.

ʼn Forensiese verslag, “The Great Bank Heist”, deur ondersoekbeamptes wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank aangestel is, het besonderhede onthul hoe die bank deur korrupte direkteure en medepligtiges met politieke verbindings gekaap is. Volgens die verslag, geskryf deur adv. Terry Motau, het minstens 53 individue en entiteite die bank van R1,95 miljard beroof en Mphephu het R17 miljoen ontvang.

Motau het aanbeveel dat alle betrokke persone strafregtelik vervolg moet word.

“In my kapasiteit as ʼn koning van die Vhavenda, ontvang ek verskeie toelaes, insluitend finansiële ondersteuning van verskeie individue en entiteite. Enige bedrae wat betalings was uit bedrieglike of kriminele bronne insluitend VBS, is aan my oorbetaal sonder dat ek bewus was van enige misdade,” het Ramabulana gesê. “Ek sal enige bedrag terugbetaal wat opbrengste was uit onwettighede sodra dit bereken is en ek inligting ontvang waarheen ek die geld kan oorbetaal.”

Ramabulana het in die kruisvuur beland en is daarvan beskuldig dat hy die bank se geld gebruik het om luukse goedere soos motors, ʼn helikopter en ʼn huis in Dainfern Golf Estate te koop.

Ná inligting oor VBS aan die lig gekom het, het Ramabulana gedreig om ʼn saak van bedrog en korrupsie aanhangig te maak teen Robert Madzonga van Vele Investments en die voormalige VBS-voorsitter Tshifhiwa Matodzi. Hy het gesê hulle het hom mislei en hy was onder die indruk dat die luukshede geskenke was.

Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hy sal die parlementêre etiekkomitee versoek om Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, te ondersoek oor bewerings dat hy R10 miljoen van VBS Mutual ontvang het.

Die EFF is tans in die kollig ná die forensiese verslag aan die lig gekom het en daarin onthul is dat Floyd se broer, Brian Shivambu, betalings van meer as R16 miljoen van VBS ontvang het.

Volgens mediaberigte het die EFF ongeveer R1,3 miljoen ontvang en Floyd altesaam R13 miljoen oor ʼn periode van twee jaar. Hy het ontken dat hy die geld ontvang het en verwerp die berigte.

DA-LP Phumzile van Damme het gesê as die mediaberigte akkuraat is, het Shivambu die gedragskode van lede oortree, aangedien daar nie enige teken is dat hy die geld verklaar het nie.

Van Damme het bygevoeg die DA het Floyd gedaag om homself aan ʼn leefstyloudit bloot te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Marietjie ·

Ag, en so gaan die gelieg en ontkenning maar net voort… eintlik nie enige iets ander verwag nie,,, integriteit is maar ‘n skaar ding in politiek!! Veral hier by ons!

hb ·

Ja n mens weet ni meer wat van wie om te glo ni. Almal praat en praat en se eintlik Tokkol. En so gaan dit aan en aan dag in en dag uit. Ek wil ni meer eers nuus lees of luister ni. Mens sal uiteindelik siek word daarvan.

Santie ·

As Ramaphosa so blatant op video kon lieg oor plaasmoorde en grondgrype, wie gaan hom nou ooit weer glo?

Karel de Wet ·

As jy op ‘n sekere manier na die spul se mannewales kyk, is hulle eintlik skreeusnaaks.
Net jammer dis onmoontlik om vir langer as ‘n paar sekondes op so ‘n manier na hulle te kyk, voordat die irritasie en afkeur weer posvat.

Die Skim ·

As R17 mil in jou rekening betaal word en jy kom dit nie agter nie – hoeveel geld het jy dan – en wie betaal elke maand so baie geld vir jou – nee magtag! Hoeveel konings het Suid-Afrika

Johanna Botha ·

Skandes op skandes en niemand in die trok nie …totaal wetteloos in SA !

John ·

Hier is ‘n goeie voorbeeld van ‘n koning wat aan ‘n koning-sindroom ly. Ek gee die geld net terug ~ hou julle geld ek het self baie ~ en alles is weer soos voorheen. Buig nou laag voor my en onthou van my staatstoelaag anders toi-toi ek vir ‘n 20% verhoging. Daar is nog ander geld wat van oraloor inkom. Waar vandaan is my saak. Toe skoert!

Anoniem ·

Hulle almal lieg. Jacob het ook gese hy het niks verkeerd gedoen en so almal wat betrokke is of was by staatskaaping. Geen mens ongeag van velkleur gaan erken tot en met die net so styf toegetrek word dat daar geen wegkom kans is. Volgens my bestaan daar geen eerlikke opregte anc lid nie en hul ander politieke venote

Boland ·

Hierdie mense weet nie waar geld vandaan kom nie,want hulle het nog nooit gewerk nie.

Johann ·

Whahahhaaaa hahhahahaaa!!!! Weet nie waar al my skatte vandaan kom nie…. maar. sal dit terruggee!!!!!! ABSURDE LEUNAAR!!!! Eie ook al die verskoning uitgedink het is n wenner!

Daan Erasmus ·

Ramaphosa is ‘n Venda. Die Venda Koning is betrokke. Dit is ‘n Afrika ding. Maak nie saak wat nie, die wette geld nie vir die koning nie. Anders verander die koning die wet. Demokrasie is ‘n Volksvreemde beginsel in die Afrika denke.

Ben ·

Dit is nog maar net die begin. Die graaiers gaan ons land bankrot maak, nes Zimbabwe!

Joe ·

En wie is ‘n aandeel houer in Vele Investments, nie anders as ons grootbek Julius nie. Heel toevallig ne??

waarheid ·

Ervee se punt is dat ramapaddapot wel van hierdie tipe goed bewus was – hy skuur verseker skouers met die Venda Koning en ook al die ander by die skandaal. Hy is ook maatjies met die eff want dit is waarom hy hulle so beskerm. Waar daar ‘n rokie trek is daar gewoonlik ‘n vuurtjie. 2 en 2 is vier.

waarheid ·

Korrupsie en diefstal het ‘n lewenswyse geword met die lot. Dit is onomkeerbaar – dit gaan ‘n honderd jaar of meer vat om dit uit te wis . Dit is ‘n vretende kanker en pes wat in die land pos gevat het. Morele waarder en integriteit was alles oorboord gegooi met die nuwe bedeling – en nou het jy hierdie verrotting wat plaasvind. Alles het agteruitgegaan en is aangetas deur hierdie siekte. Daar is ook nie medikasie vir hierdie siekte nie.
Hy sal homself moet uitwoed totdat daar niks meer oor is nie – dan kan jy van vooraf begin.

Jakkals ·

En so die geld wat VBS bank aan Jacob Zuma geleen het om sy korrupsie skuld te betaal aan die Tesourie, is eintlik belastinggeld wat deur munisipaliteite gedeponeer is. Zuma lag seker baie hard en luid dat Nkandla se hoenderhok so skud en die firepool sulke waves maak. Want nie net het tax geld toe sy korrupsie skuld betaal nie, maar hyself gaan nie ‘n sent vd lening terug geen nie

Sarel ·

Is ons enigsins verbaas , het wanbesteding dan nie die laaste jaar geweldig verhoog nie ? Sit almal wat die kennis het om die stelsels te omseil dan nie nog knus in die Parlement nie ? Daar is nog teveel wat gestroop moet word . Ook is die publiek nou verantwoordelik vir die SABC se finansieele delemma , ons het seker gevra vir substandaard diens, en die afrikaans sprekers seker vir byna geen diens .

alida ·

Hierdie gelieg en bedrieg stories sal nooit einde kry nie. Dit is die een ding op die ander. Mens moet eintlik nie eers die berigte lees nie. Dit jaag net mens se bloeddruk op. CR het van ALLES geweet. Hy was JZ se adj dus die naaste aan hom maw hy moes geweet het. Net die man in die maan sal hom glo as hy dit ontken.

J van Rustenburg ·

Ai Cyril Na jou uitlating oor plaas aanvalle gaan ons jou nie sommer weer glo nie Dit maak nie saak wat jy se nie Dit is skokkend hoe hulle gedink het hulle kan net vat en daarmee weg kom Maar by gese Niemand is nog tronk toe oor staatskaping nie Ek kan nie regtig sien dat iets gaan gebeur nie

Stropers ·

Ramapaddapot het bewys hy is ‘n leuenaar met die ontkenning van plaasaanvalle en plaasmoorde..
Hopelik us hy bewus daarvan dat ons hom nie gaan glo oor VBS se diefstal nie.
Hy sou dus ook bewus gewees het van die eff se aandeel daaraan. Maar hy beskerm hulle mos.

alwyn burger ·

Ons President is nou ook op die ontkenningstadium. Pateties !!

Voortvloeisel ·

Maar net een van die hordes voortvloeisels van Pik & Company se destydse wonderlike “wigte en teenwigte”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.