VBS-skandaal: EFF staan by Floyd

Julius Malema (regs), EFF-leier, het Dinsdag sy adjunk, Floyd Shivambu (links), op ’n nuuskonferensie in Johannesburg verdedig. Foto: ANA

Die EFF sê hulle staan bankvas agter hul adjunkpresident, Floyd Shivambu, wie se broer Brian na bewering R16 miljoen by die mislukte VBS Mutual Bank present gekry het.

“Die adjunkpresident het die EFF-leierskap in sy vertroue geneem en ons het geen rede om hom nie te glo nie,” het die EFF-leier, Julius Malema, in Johannesburg aan verslaggewers gesê.

Nóg Floyd nóg die EFF word in die verslag na korrupsie by die bank genoem, het Malema bygevoeg.

Luidens mediaberigte is R10 miljoen van die R16 miljoen wat Brian by die bank gekry het, na sy broer Floyd herlei, terwyl die EFF sowat R1,3 miljoen ontvang het. Albei broers het afsonderlik ontken dat hulle geld van die bank ontvang het.

Gevra hoekom die party Floyd glo en hom nie laat ondersoek nie, het Malema gesê daar is geen gronde vir ʼn ondersoek nie.

“ʼn Ondersoek gegrond waarop? Gee ons iets [om mee te werk],” het hy gesê. “In die afwesigheid van prima facie-bewyse, kan daar nie so iets wees nie. Ek is nie bang vir Floyd nie. As hy geld by die armes gesteel het, sal ek hom aanvat.”

Malema het gesê Brian is ʼn EFF-lid en een van sy pligte vir die party was om EFF-handelsware te verkoop.

In ʼn onafhanklike ondersoek in opdrag van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ná die ineenstorting van die onderlinge bank is bevind “daar was wydverspreide plundery en stroping van die geld wat by VBS gedeponeer is”.

Dié geld was in baie gevalle kliënte se enigste spaargeld. Baie daarvan was ook miljoene rande wat munisipaliteite in die bank belê het.

Luidens dié verslag, getiteld “The Great Bank Heist”, het minstens 50 mense oor ʼn tydperk van drie jaar vanaf Maart 2015 amper R2 miljard van die bank “pasella” gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wat is nuut ? ·

Maar net nóg ‘n septiese bestandeel van die hool se voortslepende kanker, verval en verrotting.

Bra Jules sal mos nou erken...... ·

Ja hy sal mos nou erken dat so iets gebeur het…….geld groei mos aan bome mos!

limbo linda ·

liewe Juju en kie
benoude katte…………
benoude spronge

Snowball ·

Ironiese woordkeuse, die EFF staan “bankvas” agter Floyd.

Anoniem ·

Hoe lekker giggel ek nou vir die vernuftige woordspeling…

Dries du Toit ·

Die EFF het 1.3 miljoen rand gekry volgens media berigte. Malema se hulle het niks gekry nie. Wie lieg . Net soos die Gupta leaks berigte is dit seker weer die media wat lieg

De Villiers ·

Malema volg Zuma se taktiek; stel jou volgers, hoe korrup hulle ook al mag wees, aan en hou hulle daar sodat hulle jóú in die leiersposisie kan hou, ongeag wat hulle intussen aanvang.

Judge ·

As ek reg kan onthou was Juju se bedrag R16 milj wat hy aan die ontvanger moes betaal aan agterstallige tax..miskien het VSB en Loyd dit gefinansier

1+1 ·

Onderwerp hulle aan leuenverklikker toetse. Gebruik die beste opgeleide tegnici wat hierdie apparaat hanteer.

JM ·

Hulle tipe sal teen God lieg om hulle agterstewe te red, ek ken baie wat so is.

GES ·

Die eff moet dit oorweeg om hulle naam na eft te verander. Dit sal meer gepas wees.

Spark Plug ·

Ek glo wat hulle se…die eff sal nooit sulke dinge doen nie. Hulle is mense met inbors. Ek glo dis mense wat hulle in n slegte lig wil stel en daty dit n geskenk was. Hoe kan jy nee se vir miljoene rande as geskenk

riaan ·

Ha ha ha ha …….

Snaakser komedie as enige iets wat tans op tv beskikbaar is!

Johan ·

Natuurlik sal Julius vir Floyd verdedig. Lieg is mos die EFF se stokperdjie. Nie verbaas nie.

Anoniem ·

Eers se hulle Brian het niks gekry. Toe se hulle dit was vir konsultasie. Nou se hulle Brian is bereid om die geld terug te betaal indien die wet hom opdrag gee om dit te doen. Hoe korrup is hulle. Hulle lieg en bedrieg sover hul gaan.

Anoniem ·

Mooi. Pragtig. Wonderlik. Hoe nader Julias en die EFF aan Floyd Shivambu staan, hoe meer van die VBS akkies gaan uiteindelik op hulle ook spat.

Sarel ·

Ek hoor al hoe word die EFF in die parlement dood geskree(Indien die ANC die moed het)PAY BACK THE MONEY!!!!!!! Maar nou ja die ANC het mos ook hulle deel gekry.
EFF and ANC must fall!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.