VBS-skandaal: Munisipaliteite soek R1,5 miljard terug

Die VBS-verdagtes in die hof (Foto: ANA)

Talle munisipaliteite wat geld verloor het tydens die sogenaamde VBS Bank-skandaal het eise van altesaam R1,5 miljard by die likwidateur ingedien, het die Reserwebank gesê. Hulle sal egter in die tou moet val saam met honderde ander krediteure wat hoop om van hul geld terug te kry.

Die verlies wat munisipaliteite gely het, beslaan die grootste gedeelte van die geld wat weens bedrieglike optrede uit VBS se koffers getap is. Die bedrog het eindelik gelei tot die ineenstorting van VBS in 2018 en die inhegtenisneming van verskeie van sy voormalige bestuurders die afgelope maande.

Die likwidateur, Anoosh Rooplal, het eise van 14 munisipaliteite ontvang wat oorreed is om geld by VBS te belê.

Die Fetakgomo-Tubatse-munisipaliteit in Limpopo het die meeste geld – altesaam R245 miljoen – teruggeëis. Die Giyani-munisipaliteit in Limpopo het die tweede grootste eis van R161 miljoen ingedien.

Twaalf van die munisipale eise is meer as die R100 000-drempel, wat beteken deposito’s word deur die Reserwebank gewaarborg. In die meeste gevalle is miljoene rande ter sprake.

Volgens die Reserwebank is die eise nou onderhewig aan die likwidasieproses.

Rooplal se woordvoerder, Louise Brugman, het gesê die munisipaliteite sal saam met die ander krediteure moet wag om te sien hoeveel geld eindelik opgespoor kan word.

Die voormalige VBS-voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, die voormalige uitvoerende hoof, Andile Ramavhunga, sy vrou, die voormalige finansiële direkteur van die bank, Philip Truter, die voormalige tesourier, Phophi Mukhodobwane en die voormalige bedryfshoof van VBS en uitvoerende hoof van Vele Beleggings, Robert Madzonga, is reeds in die proses gesekwestreer.

Madzonga is die enigste van bogenoemde wat nie in hegtenis geneem is en aangekla is van korrupsie, bedrog, rampokkery, diefstal en geldwassery nie. Die bedrogspul het gelei tot die plunder van sowat R2 miljard uit die bank en die uiteindelik bankrotskap daarvan.

Truter is reeds sewe jaar tronkstraf opgelê nadat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het wat deurslaggewend kan wees in die saak teen die res van die beskuldigdes.

Verskeie van die beskuldigdes het hulle reeds onsuksesvol tot die hooggeregshowe gewend in ʼn poging om hul sekwestrasie te stuit.

In hierdie stadium swyg die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oor of hy die bates van die beskuldiges gaan laat bevries, gegewe die sensitiwiteit van anti-dissipasie-aansoeke en die sekwestrasiebevele wat die likwidateur reeds bekom het.

Brugman het gesê dit was strydig met bepalings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur om beleggings by die bank te maak. Sy sê dit is egter onduidelik of dit enige uitwerking op die geldigheid van hul eise gaan hê. Dit val boonop buite die likwidateur se raamwerk van pligte.

Altesaam 411 kleinhandelaars, stokvels en begrafnisverenigings hoop ook om beleggings, of gedeeltes daarvan, terug te kry. Hulle het eise van altesaam R322 miljoen ingedien, maar volgens die likwidateur kan nóg eise ingedien word.

Volgens die uittredende ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, sal die munisipaliteite waarskynlik nie veel geld verhaal nie, terwyl die verliese boonop hul vermoë om behoorlike dienste te lewer, belemmer.

Die sekwestrasieproses het onder meer gelei tot die beslaglegging van luukse voertuie, maar dit is onduidelik presies hoeveel hierdie bates werd is. Brugman het gesê die likwidateur het ook die bank se lenings opgeroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chris dupreez ·

Dit was onwettig van munisipaliteite om geld in die bank te belê , dus moet die wat verantwoordelik is vir die beleggings vervolg word en tronkstraf kry.

Frank ·

Ja nee, Chris, ek dink ook hierdie paar ouens is maar die punt van die ysberg

Dries ·

Lekker lag ek nou. Daardie geld is lankal uitgegee op ‘lekker lewe’, en ons weet almal deur wie. Hulle sal nooit daardie geld terugkry. Naaste troosprys – sluit ALLE skuldiges en ook die wat op watter manier ook al voordeel getrek het uit hierdie bankroof, TOE.

Phillip ·

Kyk wie is die dukste en oor gewig dan sal hulle weet waar die geld heen is

JohanR ·

Betaal eers die klein mensies uit wat al hulle geld verloor het, en die R10 wat oorbly kan dan gaan aan ANC en EFF munisipaliteite!

Fedup ·

While firstly the municipalities are not allowed to invest wherever they like.
Secondly they fell for the best scam ever.
Thirdly, nothing and no one can get that money back.
You lost it all.
No cure for greed and stupidity.

B-Man ·

7 Jaar is genoeg vir Truter om ‘n boek hieroor te skryf… sal graag wil weet wat agter die skerms gebeur het en dink so ‘n boek sal soos soetkoek verkoop.

Jacobus ·

Dis nou ironies. SARS kan inkom en my bankrekening stroop vir ‘n paar rand. Hoe moeilik kan dit wees om miljarde na te spoor. Hang seker af wie die geld het en wie is hulle gabbas.

Hendrik ·

Die Munisipaleteite was bewus van die gemors hoekom geld bele maar kon nie hulle Eskom rekening betaal nie so hulle ook geskep van die belegging

Wondermaarnet ·

Wie was in elk geval die “slim” een wat geld belê het by die bank? Die skuldiges was gewaarsku en steeds het hulle voortgegaan.

lodewyk ·

Begin solank by die EEF se kantore vra vir geld,Malema en sy comrades het lekker met julle geld of sal ek se ons belasting betalers se geld ge ‘party’!!

Hennie J ·

Beleggings wat deur munisipaliteite gemaak was, was onwettig. Die likwidateur behoort hul eise te verwerp. Onthou, die geld is deur munisipalteite bele want vir elke belegging was daar n kickback aan iemand of 2 , 3 in die munisipaliteit. Hoekom word die besluitnemers van die beleggings nie behoorlik in oranje uitgedos nie? Nee, die anc beskerm hulle verbete, hoekom?

Anoniem ·

Ons land se Munisipaliteite is in ‘n gemors, het nie geld nie en dan gaan belê hulle nog miljoene by VBS Bank. Waar kom die geld vandaan om te belê??? Ek is ‘n afgetrede Bank Bestuurder en sal my uit verhuur om Munisipaliteite se boeke te help regstel…………………………MAAR TEEN ‘N PRYS!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.