VBS-skandaal: Oudburgemeester ook aangekeer

Twee verdagtes, onderskeidelik 49 en 52 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Thohoyandou verskyn ná hulle Maandag in hegtenis geneem is op aanklag van korrupsie en wanadministrasie.

Dit volg ná ʼn intensiewe ondersoek deur die Valke se eenheid wat ernstige korrupsie ondersoek. Die span ondersoek onbehoorlike bestuur van staatsgeld in die Venda Mutual Bank deur die Thulamela- plaaslike munisipaliteit. Die ondersoek het onthul die munisipaliteit het ʼn bedrag van R30 miljoen in VBS belê.

Een van die verdagtes is ʼn voormalige burgemeester wat ʼn Jeep Cherokee ter waarde van meer as R638 000 aanvaar het deur ʼn bekende VBS-geldwassery-derdeparty. Die tweede verdagte is ʼn munisipale bestuurder wat die R30 miljoen van die munisipaliteit in VBS belê het – ʼn oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

“Ek het aangedui die ondersoek oor munisipaliteit is in ʼn gevorderde stadium,” het Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. “Hierdie is nog net die begin. Al die ander sake ontvang die nodige aandag.”

Minstens 25 persone is reeds in hegtenis geneem en is reeds in die strafregstelsel. Hulle staan tereg op meer as 100 aanklagte. Nog verdagtes sal na verwagting deur die loop van die ondersoek aangekeer word, omdat sowat 20 munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng byna R1,6 miljard kwyt is nadat hulle onwettig in die bank belê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank ·

Dit is al so alledaags soos brood en botter en sal eers nuus wees as die seker al honderde wat “ondersoek” word vir baie meer korrupsie en ander sake begin tronk toe gaan

Andries ·

Wat van Merafong se burgermeesteres wat R50 mil verduister het?

SjN ·

Hul word aangekeer maar verder gebeur daar niks aangesien elke saak telkens uitgestel word.

gatgogga ·

“Dit volg ná ʼn intensiewe ondersoek deur die Valke ……”
So intensief, dat hulle nie eers vir Julias raaksien nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.