VBS-skandaal: Sewe in hof

Sewe beskuldigdes het Vrydagoggend in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in die Palm Ridge-landdroshof verskyn ná hulle gister deur die Valke se eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, in hegtenis geneem is.

Die sewe beskuldigdes is Mulimisi Maposa, ʼn algemene bestuurder in VBS verantwoordelik vir kredietfasiliteite; Mmbulaheni Madzonga, voormalige VBS-bedryfshoof en uitvoerende hoof van Vele Investments;  Kabelo Matsepe, ʼn kommissie-agent en voormalige ANC-jeugligaleiers in Limpopo; Mamphe Msiza, ʼn ANC-tesourier in Limpopo; en drie kommissie-agente, Ralliom Razwinane, Takunda Mocheke en Tshianeo Madadze.

Die beskuldigdes word daarvan verdink dat hulle betrokke was by die plundering van die VBS. “Hulle staan tereg op ʼn gesamentlike 188 aanklagte, insluitend diefstal, bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary,” het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. ʼn Aanklag van ʼn patroon van swendelary is in effek georganiseerde misdaad.

Drie van die persone is vrygelaat op borgtog van R50 000 elk en vier is vrygelaat op borgtog van R100 000 elk. Die saak is tot 26 Maart 2021 uitgestel. Hulle moet aan streng borgtogvoorwaardes voldoen.

“Die agtste beskuldigde, Charlotte Ngobeni, die munisipale bestuurder van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo, het op ʼn afsonderlike aanklag, wat ook met VBS verband hou, in die hof verskyn. Sy is vrygelaat op borgtog van R50 000. Sy staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, korrupsie en geldwassery. Haar saak is tot 6 Mei 2021 uitgestel,” het Mogale bygevoeg.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die span se pogings geloof. “Geen steen moet onaangeraak bly om die persone, wat die belastingbetaler se geld in VBS geplunder het, te vervolg nie. Nou dat die vermoedelik georganiseerde misdaadgroep se teenwoordigheid in die hof verseker is, kan aandag geskenk word aan diegene wat uit verskillende munisipaliteite aan die plundery deelgeneem het en diegene wat onregmatig voordeel getrek het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andries ·

Hier in Carletonville is nog ‘n burgermeester wat aangekla moet word na 50 mil weg is in VBS

Cherokee ·

Word dit opgevolg of bloot vergeet? Die raadslede wat opposisie verteenwoordig behoort immers nie aansporing nodig te hê nie.

Gert ·

Wanneer gaan haal hulle vir Julius Malema hy was mos ook heel voor in die skandaal toe dit gebreek het

Casper ·

Ek glo die groot visse is nou bekend en hulle gaan nou betaal vir hulle gulsigheid maar wat van die groter manne wat die geld ontvang het soos zumpie en malema en kie.Gaan die bate beslagleggings eenheid werk kry.Hulle moet die geld terug kry en aan escom gee wat dit broodnodig het.

Chris ·

Die Valke verrig wonderlike werk, maar daar stop dit. Beskuldigdes vry op borgtog en hul gaan aan met hul plundery. Neem standpunt in: neem alles van hul af en sluit hul toe tot hul in hof verskyn.

Blomme ·

Wil voorkom asof skelms se stelery die norm word… Wat gaan met al die skurke gebeur? Lyk nie of hulle in enige tronk gaan eindig nie… Daarom kan die groot skurke nog regte in poltieke partye geniet en voortgaan met luukse lewenstyle. Korrupte regstelsel.

Petrus ·

Dit is waar alles stop, niks gaan verder nie, en ZONDO eet ons belasting geld

jzjz05 ·

Ayindim, Ndiyazi,Bendingekho.( Nie ek nie ,Ek weet nie.Ek was nie by nie.)Algemene verskooning n nuwe een is Andiqondwa kakuhle(Ek is verkeert verstaan)

daniel ·

Daar is veel meer as die 7.betrokke by hierdie korrupsie, maar miskien is hulle gevrywaar van vervolging .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.