VBS-skandaal: Shivambu ontken R10 miljoen

Floyd Shivambu

Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, het uiteindelik die stilte verbreek oor die VBS Mutual Bank-skandaal waarin sy broer Brian glo R16 miljoen ontvang het en hyself volgens verslae R10 miljoen ryker geword het.

Shivambu het Saterdag in ʼn verklaring gekap na die “wapens van massamisleiding en propagandamasjiene wat hard werk om ons mense met fopnuus te verlei”.

“Vir die rekord – ek het nog nooit R10 miljoen van VBS of enigiemand in my persoonlike rekening ontvang nie.”

Die Reserwebank het Woensdag ʼn plofbare verslag deur adv. Terry Motau, getiteld “The Great Bank Heist”, uitgereik. Dit verstrek besonderhede van hoe R1,894 miljard in ʼn tydperk van drie jaar van die bank geplunder is deur VBS-hooggeplaastes en instellings wat met hulle vereenselwig word, veral Vele Investments.

Die geld wat geplunder is, sluit kliënte se spaargeld en miljoene wat deur munisipaliteite gedeponeer is in.

Die verslag toon verder sowat 50 mense het ruim van dié byna R2 miljard ontvang sedert Maart 2015.

Dit sluit in topbestuur by die bank se meerderheid aandeelhouers, Vele Investments, hul vennote, bankbestuurders en politici in Limpopo.

Tshifhiwa Matodzi, voorsitter van die bank, het glo R325 miljoen in die sak gesteek, Andile Ramavhunga, VBS se uitvoerende hoof, het glo R28 miljoen gekry, die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie het na bewering R104 miljoen gekry, Kabelo Matsepe, voormalige ANC-jeugligaleier in Limpopo, het glo R35 miljoen in die sak gesteek, Sipho Malaba, voormalige KPMG-vennoot, het glo R33 miljoen gekry en Mpephu Ramabulana, koning van die Vendas, het glo R17 miljoen in die sak gesteek.

Floyd het glo R10 miljoen ontvang, sy broer Brian R16 miljoen en die EFF R1,3 miljoen.

Brian het die aantygings Donderdag heftig ontken en gesê hy is van voorneme om die Reserwebank vir naamskending te dagvaar.

Floyd het in sy verklaring gesê “gesiglose bronne, glo van binne die Reserwebank, met duistere motiewe het joernaliste en radio-omroepers mislei met hul kwaadwillige narratief”.

Hy meen verder hy het géén sake by die VBS-bank nie en enige poging om die EFF met die bank te verbind vir “goedkoop politieke gewin” is duidelik ʼn teken van desperaatheid en mense sal gou genoeg daardeur sien.

Shivambu meen die EFF se posisie was nog altyd onder meer soos volg:

  • VBS moenie gelikwideer word nie, maar herkapitaliseer word soos African Bank.
  • Die mense wat verkeerd opgetree het, moet aan die pen ry.
  • Die kurator moet die belange van die deponeerders beskerm.
  • ʼn Kommissie van ondersoek moet op die been gebring word oor die rol van die tesourie, die Reserwebank en VBS oor alle omstandighede wat tot die verval gelei het.

“Ons standpunt ten opsigte van VBS het nog nooit verander nie, selfs al is die bank onder kuratorskap.”

Shivambu meen as hul belang was om geld vanaf ontbinde raadslede van VBS te herlei sou hulle onttrek het toe die bank onder kuratorskap geplaas is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Smirre ·

Die feit dat hy dit ontken maak dit onmiddelik waar. Ek neem aan die Reserwe Bank ouditeure het nie ‘n vaagste benul wat hul doen nie en die hele kabaal is ‘n sameswering van “bloody agents” van white capital teen arme onskuldig Floyd en EFF .

Swannie ·

Hy kwalifiseer wel dat geen geld in sy PERSOONLIKE rekening inbetaal is nie – wonder hoekom ?
Dalk geld in `n ANDER rekening inbetaal ?

Ontkenning is al wat vir `n tyd werk totdat die waarheid ontbloot word.

Ouma ·

Presies wat ek gedink het Swannie. Miskien nie in sy PERSOONLIKE rekening nie – maar in iemand anders se rekening wat deur hom bedryf word

Mrs H ·

Reserwebank sal nie sulke goed kwyt raak as daar nie bewyse is nie. Hy maak die wereld baie warmer vir homself as wat dit hoef te wees.

Jerry ·

Die EFF het nou in dieselfde gat geval wat hulle vir ander gegrawe het. Hulle gespartel gaan ontaard in n lagwekkende affere wat hulle hopelik agter tralies gaan bere, daar waar hulle soort rassiste hoort! Hulle gaan eersdaags vir n bewaarder moet se, jammer meneer! Ai tog, die vernedering gaan verskriklik wees, maar iewers moet die streep getrek word!

Al ·

Fopnuus nogal! Amazing hoe ñ kat op ñ warm plaat rondspring!
Kry vir jou boetie!

Hansie Slim ·

Tipies sal hulle dit ontken!!! So ook was Nene die ontskuld vanself!! Hy het ten minste erken… maar die EFF sal nooit. Sal die Reserwebank sulke goed opdis? Ek glo nie.

AW ·

Nou wag ons vir die “Boek” en “Movie”…. Ja Nee….Only in the Land of Milk and Honey !!!!

Emma ·

Effmustfall effmustfall altyd hul monde vol van ander ma as hul agter deur staan dood stil. Nogal opmerklik hoe hul optree.

Erika Ochse ·

As die EFF nie ‘n voorbeeld demonstreer van die regte om te doen as jy jou vergryp het nie, gaan hulle nie stemme kry nie. Dis voorbeelde wat trek, nie woorde nie. Erika

Ellisras ·

Erika. Dit is nie hoe dit gaan werk nie. Die EFF ondersteuners sal almal van Jan van Riebeeck F W de Klerk White Monopoly Capital. En vir my en vir jou blameer. En dan stem hulle EFF. Ek waarborg dit

Lulu ·

Benoude katte maak benoude spronge
So dit saam al die transito rooftogte maak dat EFF so baie mag het
Wonder net of CR sy cut ook gekry het

Erika Ochse ·

Mr. Shivambu, wys vir Zuma en enige een wat hom vergryp, wat die regte ding is om te doen. Demonstreer vir ons die pay-back. Jy stel die voorbeeld en ons volg. Erika

Waarheid ·

Ramaparra moes ook hiervan geweet het want dis hoekom hy die eff so beskerm
Sy geraamtes gaan ook nou uit die kas begin uitval.

Andrea van Vuren ·

Cyril sal hom uit elke situasie uitlieg! Hy dan tot vir Trump gelieg…

Floydian Slip ·

Money money money
Always sunny in a rich man’s world.
Aha, all the things I could do,
If I had a little money
It’s a rich man’s world. ??

Johanna Botha ·

Ummm dit is reg, want hy het 10Mil en 1 Rand ontvang en hy is reg nie van die bank self nie maar wel van sy broer ?

Hoc est bellum ·

Ek stem saam met Floyd Moneyman Mayweather Shivambu dat die geld nie in sy Suid-Afrikaanse bankrekening is nie. Dit is in sy Switserse bankrekening en sy rekening in die Bahamas inbetaal.

Bollies man ·

Sou ‘n interessante fliek/ film maak!
Wie speel in die hoofrol?
Wie sou ons kry om die hoofrol in dié film te vertolk?

Gemaskerde Sopbeen ·

Al hardloop ‘n leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel….

Boerseun ·

Hulle kom vir jou boetie. Vir hoop in SA moet die ou tronk toe.

Jerry ·

Die EFF se drie woorde begrip van “Onteiening sonder Vergoeding” gaan ongelooflike betekenis kry met shivambo agter tralies!

Anita ·

Eish, “the high life” darem. Die geplundery oor jare neem jare om uiteindelik aan publiek meegedeel te word. Soos tereg opgemerk word: nou wag ons vir die boek en die movie.
Natuurlik verslag volg op nog groot koste wat aangegaan is.
Sulke plundery, ondersoeke, verslae, vervolging ( hahaaaa) neem jare. En versink dan net in sand net soos verdwene geld en bates.
Dink maar aan wapenondersoek en Nkandla storie om ‘n konsep te kry hoe sake hier in SA verloop én waar rooi mussies hul kunsies in die hele ou netwerk amper vervolmaak het.
“THE PLOT THICKENS” en nogals heel dramaties; “The great bank heist”. Iewers lui die klokkies oor ou Hollywood rolprente
Enige iemand wat hierdie opperste snertstories wat oor sowat 3 jaar strek tot enige sin sal kan omskep – is meer as ‘n volslae genie.

PJC ·

Ek hoop die ondersoekers kom met die nodige bewyse vorendag sodat van hierdie afstootlike karakters ontslae geraak kan word.

Kuikens ·

Dalk moet hulle die hele ding vir die SIU gee om te ondersoek. Die Hawks is soos n soul afkom kuikens. Kyk bv die staatskaping sage. How meer Godfrey Lebeya beloftes maak, hoe minder gebeur iets. Hulle sit en wag vir die Zondo kommissie want hulle is te onbevoeg om die ding self te ondersoek. Dis hoogtyd dat die swak dienslewering vd sg Hawks ondersoek word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.