VBS sommer gou finaal gelikwideer

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag ʼn finale bevel uitgereik wat die Reserwebank se aansoek toestaan om VBS Mutual Bank te likwideer.

Regter Johan Louw het in minder as 10 minute die onmiddellike uitvoering van die likwidasieopdrag gelas. Geen partye het die aansoek teengestaan nie.

Die sentrale bank het VBS in Maart vanjaar onder kuratorskap geplaas. Volgens ʼn verslag, “The Great Bank Heist”, wat die Reserwebank verlede maand uitgereik het, het sowat 50 mense vanaf Maart 2015 oor ʼn tydperk van drie jaar R1,894 miljard pasella by die Limpopo-gebaseerde instelling gekry.

Kuben Naidoo, adjunkpresident van die Reserwebank en uitvoerende hoof van die Voorsorgowerheid, het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof ingedien dat VBS so gou moontlik gelikwideer word omdat dit “hopeloos insolvent is, feitelik sowel as kommersieel”.

In adv. Terry Motau se verslag word ʼn beeld geskets van die grootskaalse bedrog en korrupsie wat vanaf 2015 plaasgevind het en na bewering bedink is deur van VBS se belanghebbendes en topamptenare.

Hulle het omtrent R2 miljard gebuit. Die meeste van dié geld is deur talle munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng in die bank belê.

Die DA het ʼn beroep op die openbare beskermer gedoen om alle burgemeesters te ondersoek wat van die plundering verdink word. Die amptelike opposisie versoek ʼn leefstyloudit van elkeen wat in die verslag genoem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JG ·

Gaan ons ooit die tronk deure hoor klap vir hierdie vrot spul betrokke ?

Dafer ·

Ek is seker daarvan dat die tronke deesdae swaaideure het soos outydse kroeë. Die verkeer moet skrikwekkend wees! :-)

Anoniem ·

Wat dadels van gaan kom vir die oortreders. Die soustrein jaag nog voort met verbysterende spoed en niemand kan hom stop nie,

Arak ·

Weereens geen aanspreeklikheid vir die skelms, maar vir my en jou geld ‘n ander stelletjie reëls. Ek het ongelukkig geen geloof meer in hierdie (vrot) regstaat nie. Niemand gaan in die tronk sit nie, niemand gaan vervolg word nie; ‘n Staat sonder geregtigheid is g’n staat nie.

Snowball ·

Gaan die “bankrowers” vervolg word? Dit voel soos net nog ‘n nimmereindigende ge-oopkrap en ondersoek en kommissie en wie weet wat nog, om die korrupsie te bewys. Ons is nie eers meer verbaas oor die vuil vrot van korrupsie nie. Mens wil heeltyd vra “So are we there yet?” Maar lyk my ons gaan net nooit uitkom by die eindbestemming nie….vervolging lyk my is nie op die agenda nie.

Tammy ·

Ai tog mense dit is maar weereens n bewys van hoe uiters suksesvol die ANC regering is!!!! Daar is geen organisasie wat hulle dit kan nadoen nie. En ja niemand gaan vervolg word nie, dit is n mors van geld

Gert ·

Daan ek stem saam met vir watter rede word die name weerhou? Wag daar nog skokke vir ons om te sien wie het multi miljoeners geword?

Mrs H ·

Eff moet weerhou word om te mag registreer vir volgende verkiesing agv kriminele betrokkenheid. So ook ANC.

Uiltjie ·

Hoe kry 50 mense dit reg om n bank binne drie jaar op te (vr)eet?

Stef ·

Tipies ANC. 5 Miljard aan SAL om deur kaders verslint te word maar geen hulp aan die armstes wat hulle geld verloor het nie

vissie ·

Dit is nou diefstal op sy beste deur bekende name maar aangesien dit in die naam van besigheid gedoen is word niemand vervolg en in tronk gegooi nie….lekker geskep ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.