VBS-verslag: EFF soek stappe, maar sê niks oor Floyd se broer

Floyd Shivambu. Foto: ANA

Die EFF het heftig reageer op die Reserwebank se verslag oor die beleërde VBS Mutual Bank, maar egter geswyg oor Floyd Shivambu, adjunkpresident van die party, se broer wat in die verslag genoem word.

Volgens die verslag is nagenoeg R2 miljard van die bank gestroop deur die bestuur en hul vennote. Brian Shivambu, Floyd se broer, het glo meer as R16 miljoen ontvang. Die EFF het in ʼn verklaring in reaksie op die verslag gevra dat diegene wat in die verslag genoem word, vervolg moet word.

“Hulle moet ook op ʼn swartlys geplaas word, maar bowenal moet wetstoepassingsagentskappe verseker dat al die geld wat teruggekry kan word ten volle terugbetaal word, waaronder beslaglegging van eiendomme van die individue wat hierby gebaat het.”

Die EFF het gesê dit is uiters kommerwekkend dat die bank nie gered kan word nie. “Die sluiting van die bank sal nie help in die poging om swart deelname in die finansiële sektor te verhoog nie. Daar moet met ʼn plan vorendag gekom word om die bank te red of om ander voornemende lisensie-aansoekers wat in swart besit is te ondersteun om mense in landelike gebiede te dien.”

Adv. Terry Motau is deur die Reserwebank aangestel om die ineenstorting van die bank te ondersoek.

Die Reserwebank. Foto: ANA

Motau het bevind daar wys wydverspreide plundering van geld wat by die bank gedeponeer is. Die geld was kliënte se spaargeld asook miljoene rande wat deur munisipaliteite gedeponeer is.

Motau se verslag, getiteld “The Great Bank Heist”, wys dat minstens 50 mense sowat R1,89 miljard van die bank ontvang het oor ʼn drie jaar lange tydperk sedert Maart 2015. Dit sluit in topbestuur by die bank se meerderheid aandeelhouers, Vele Investments, hul vennote, bankbestuurders en politici in Limpopo.

Tshifhiwa Matodzi, voorsitter van die bank, het glo R325 miljoen in die sak gesteek, Andile Ramavhunga, VBS se uitvoerende hoof, het glo R28 miljoen gekry, die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie het na bewering R104 miljoen gekry, Kabelo Matsepe, voormalige ANC-jeugligaleier in Limpopo, het glo R35 miljoen in die sak gesteek, Sipho Malaba, voormalige KPMG-vennoot, het glo R33 miljoen gekry en Mpephu Ramabulana, koning van die Vendas, het glo R17 miljoen in die sak gesteek.

Die uitgebreide skema het glo behels dat VBS-direkteure groot fiktiewe deposito’s tot voordeel van Vele geskep het, wat as die grootste aandeelhouer van die bank en sy vennote beskou is. Volgens Motau het hulle hierna op ʼn “massiewe bestedingstog gegaan ten koste van VBS se deposante”.

Motau het gesê die onreëlmatighede kon heelwat vroeër opgespoor geword het, was dit nie vir die bedrieglike wanvoorstellinge in die maandelikse regulatoriese opgawes wat VBS aan die Registrateur van Banke voorgelê het nie en in sy geouditeerde finansiële state vir die boekjaar 2016-’17.

Motau het aanbeveel dat die onwettige begunstigdes onmiddellik vervolg word. “Dit blyk duidelik dat daar geen vooruitsigte is om VBS te red nie. Dit is tot in die kern korrup en verrot. Inderdaad blyk dit dat daar skaars een persoon in ʼn gesagsposisie is wat nie op die een of ander manier betrokke is nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

honourable member ·

Soos hulle se as jy self agter die deur staan soek jy ander ook daar. Wat het geword van die miljoene wat malema vir SARS skuld of is dit lankal afgeskryf. Hulle is gou om altyd ander se foute uit te wys maar sien nie hulle eie raak nie.

C ·

Floyed se boetie het vir met VBS se geld vir hom betaal. Ai maar dit gaan mos te lekker in daardie bank. Miskien het hul vir my ook ‘n werkie. As ek Maandag kan begin werk behoort ek so teen volgende naweek skatryk te wees. LOL!!! Only in SA and Proudly SA!!!

Pieter ·

Ek dink hierdie is die begin van CR om die EFF uit te byt, baie slim.

Natan ·

Malema se SARS skuld is blykbaar betaal deur persone wat aan sigaretsmokkelery gekoppel word en ander sulke dinge. Hulle het ook die EFF se registrasie befonds.

Dit is interessant om te sien hoe gulsig hulle is, vat nie ‘n paar miljoen nie maar baie daarvan. Bedrieg hul eie mense, die koning ingesluit. In Zimbabwe hoor ek vanoggend gaan dit net so.

Natan ·

Malema se SARS skuld is blykbaar betaal deur persone wat aan sigaretsmokkelery gekoppel word en ander sulke dinge. Hulle het ook die EFF se registrasie befonds.

Dit is interessant om te sien hoe gulsig hulle is, vat nie ‘n paar miljoen nie maar baie daarvan. Bedrieg hul eie mense, die koning ingesluit. In Zimbabwe hoor ek vanoggend gaan dit net so.

.

Lekker man lekker ·

JANEE DIE EFF IS ALTYD GOU OM ANDER SE BEDROG uit te wys en STAPPE te wil neem .. hulle wou al al die banke sluit wat volgens hulle die ‘apartheidsera’ gevoed het . maar nou dat die VBS aan hulle eie mense onregmatige betalings gemaak het, nou swyg hulle soos die graf en kyk of daar nie teen ANDER Mense stappe geneem kan word BEHALWE teen diegene wat die geld ontvang het EN LEDE VAN DIE EFF Is nie … en dan GLO die ARM MENSE hulle gee vir hulle om ??? hahahah

Eish ·

Is daar nie dalk net tien parlementariërs wat onkorrupteerbaar is nie?
En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring? Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.
GÉNESIS 18:23‭, ‬32 AFR53
Dié land, dié helhool, se verkankering is terminaal. Ek voel om soos Abraham en Lot te trek uit die Sodom en Gomorra, al het ek niks vee oor nie…
Territoriale selfbeskikking, vergeet van verkloostering in 30 dorpe en stede!
” Dit is nou ons tyd om te eet”

Oom Piet ·

Dit klink vir my baie na ‘n piramide skema wat hier bedryf is.

Cherokee ·

Een van die stellings wat gemaak word staan uit asof in bolt gedruk; “Die sluiting van die bank sal nie help in die poging om swart deelname van die finansiële sektor te verhoog nie.” Dit is so lig moontlik gestel maar ‘n onbetwisbare werklikheid.

Skyn ·

Cherokee,
Presies, en wil lisensie bespoedig vir ander swart aansoekers. Dit van dieselfde mense wat in elk geval alle banke wil nasionaliseer.

Jacques ·

Die EFF sal nou sweig want DAAI geld hou hulle aan die lewe as n party heel moontlik .
Wys mens net jy kan hulle nie eers op n foto vertrou nie wat nog te se met jou geld .

Smirre ·

Wat anders kon ons verwag. Kyk na die leier – Houtwerk Malema. Onder sy leierskap ANC jeugliga bankrot. Werk wat sy maatskappye vir Limpopo provinsie gedoen het bevlek met korrupsie en swak werkmanskap. Toe die belasting ontduiking. Dink ons hy gaan eerlike mense homself mee omring ? Die EFF is ‘n hoop skelms wat agter politiek skuil. Floyd insluitend.

Manie ·

Wat van die ander partye staan bietjie op in die parlement en sê vir Floyd “pay back the money”

Nettie ·

Nou toe nou, EFF!!!!! Julle sou nie gesê het ou Floydjie se broertjie moes vervolg word, as hy een van julle was nie, wat mens net tot die gevolgtrekking laat kom dat hy ‘n ANC-boetie is.

Omgekrapte Gefrustreerde Arm Eenvoudige Vark ·

Die omvang van die korrupsie landswyd en die ongelooflike groot bedrae geld betrokke en die kreatiwiteit van die korruptes slaan my as natuurwetenskaplike onderste bo. As ons maar net hierdie kreatiwiteit kon inspan om kreatiewe produkte wêreldmededingend te maak en uit te voer, sal alle Suid-Afrikaners ‘n rooskleurige toekoms tegemoet kan gaan. Maar helaas, die DNS van korrupsie het Suid-Afrika tot op die rand van ineenstorting gebring. En dan skrywe ek nog nie eens oor die werkloses, verarmdes en hongeriges nie. ‘n Absolute skande. ‘n Klad op die naam van Suid-Afrikanerskap. Selfrespek, watse selfrespek? Vertrou ook nie meer ouditeure nie. Niks kan my meer skok nie.

zoom zoom ·

Die geld wat die VBS vir zuma geleen het om sy nkandla firepool te betaal is dit ooit terug betaal of was dit ‘n geskenk van sy kaders in die VBS bank.

Eish ·

Hoor vanoggend oor die nuus daar is nie eens n verband geregistreer nie!
Nkandla Né né!

Smirre ·

Sien media berugte dat R 10 m van Floyd se broertjie se rekening na Floyd se persoonike rekening gevloei het. Die spul is ‘n bose adderpit van leuens en korrupsie. Wonder hoeveel het Houtwerk Malema uit die deal gekry. Of is hy vlekkeloos skoon soos gewoonlik?

Chris ·

Floyd se boetie se werks adres is by die Eff . Wie trek voordeel die Eff . Nou is hulle dood stil maar is net so korrup soos die anc . Sien die valke ondersoek dit kamma , daar sal niks van kom nie

Jerry ·

Die plundery kan nie gestop word nie en duur voort. Die skade raak net groter en groter. Ons is dalk nader aan die afgrond as wat ons besef. Ek vermoed daar gaan nog talle sulke sake wees waarvan ons nog nie bewus is nie. Ek wonder wat dit is wat besig is om SA so te verswelg en of dit by n naam genoem kan word! Kom ons noem dit maar die gierigheid van die plunderaars! Wat sal die uiteindelike gevolge wees van al die geplundery? Wie gaan die radikale politici blameer teenoor wie hulle verdere haat kan aanblaas, wanneer niks meer oor is om te plunder nie? Vir wie gaan die ontevrede massas kwaad wees? Bestaan daar dan enigsins n moontlikheid dat die ontevrede massas die land en alles wat daarop is kan verswelg of is dit onmoontlik dat so iets in SA sal gebeur? Ek hoop die organisasies wat gese het hulle gaan laer trek, het by hulle woord gehou, want dit lyk my hier kan n ding gouer gebeur as wat ek gereken het dit gaan gebeur!

Eish ·

Ek het n sterk vermoede jou voorspelling gaan bewaarheid word en spoedig ook.
Alles bou op na n crescendo.
Dalk was die aanhangers van Siener van Rensburg tog reg oor die nag van die lang messe.

Lekker lag ·

Die nag van lang messe is dalk ‘n moontliheid maar dit sal begroet word met die nag van 9mm’s.

Jerry ·

Eish, vir SA en die se mense, diere en plante se onthalwe hoop ek ons is verkeerd en dat n wonderwerk SA nog sal kan red!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.