
Faiez Jacobs (links), Khaya Magaxa, Fikile Mbalula, Ebrahim Rasool en Maurencia Gillion (Foto: Cindy Waxa/ African News Agency/ANA)
Faiez Jacobz, ANC-lid van die Wes-Kaapse wetgewer, het Vrydag gesê die besluit, om genl.maj. Jeremy Vearey uit te sluit as die nuwe polisiekommissaris in die Wes-Kaap, is sabotasie.
“Dit het onder my aandag gekom dat daar ʼn derde mag was wat genl.maj. Jeremy Vearey wou verhoed om oorweeg te word as die nuwe polisiekommissaris in die Wes-Kaap,” het Jacobz gesê. “Ondanks die feit dat hy sy aansoek in ʼn verseëlde koevert ingedien het wat al die dokumente bevat het wat vereis is om as ʼn kandidaat oorweeg te word, het genl. Vearey nie die kortlys gehaal nie. Die rede vir sy uitsluiting, soos wat ek dit verstaan, is dat hy nie sy kwalifikasies saam met sy aansoek ingedien het nie.”
Jacobsz het dit as “absolute nonsens” verwerp.
Hy het gesê Vearey is ʼn gerespekteerde wetstoepasser en ʼn “vreeslose misdaad-bekamper” wat gerespekteer word vir sy integriteit en beginsels. “Hy is noukeurig en het ʼn oog vir detail en prosedure. Daar is nie ʼn manier wat hy só ʼn amateurfout sou begaan het nie. Ek glo daar was ʼn derde mag betrokke. Ek sal nie verbaas wees as die persoon die DA ondersteun nie, want die party het kwaadwillig probeer om genl. Vearey te verhoed om ons provinsie se mees senior polisiebeampte te word.”
Hy het gesê as LP vir Athlone, waar misdaad gereeld plaasvind, doen hy ʼn beroep op die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris om dringend in te gryp. “ʼn Ondersoek moet dringend gedoen word en dissiplinêre stappe moet gedoen word teen diegene wat verantwoordelik is om genl. Vearey se aansoek te saboteer.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
my grote griet. Derde mag. Jul is belaglik. Soek die culprit onder jul eie mense
Anc skelmstreke !
Ek het alte lekker gelag oor die “derde mag” storie!
Die ANC dink almal is so korrup soos hulle.
Eeerste ding om te doen waaneer die nuwe ou, nou hy of sy aangestel is, om te gaan kyk na hulle verbindternis met die ANC, en dan na die skelm streke van die ou, of hy of sy sedert 1994. Google behoort altyd te kan se….Google is your friend!