Veearts-moord: Verdagte het dalk nog ʼn vrou verkrag

Rensia de Wet Foto: Facebook

Rensia de Wet Foto: Facebook

Die man wat van die moord en verkragting op dr. Rensia de Wet van Witrivier verdink word, het vermoedelik ook ʼn tweede vrou verkrag voor hy aangekeer is, het die Witrivier-landdroshof Maandag gehoor.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak kan word voordat hy op aanklag van verkragting gepleit het nie, is in Desember in hegtenis geneem na De Wet dood aangetref is in haar huis by die Nottinghill Equestrian Estate, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

“Nadat De Wet verkrag en vermoor is, het dieselfde verdagte moontlik ook nog ʼn vrou in Mataffin verkrag,” het ao Dawie Pretorius, woordvoerder vir die polisie in Nelspruit, aan die hof gesê. “Hy was moontlik ook in ʼn huisroofbetrokke. Die polisie het hom met vingerafdrukke aan die toneel verbind.”

Die beskuldigde staan tereg op aanklag van verkragting, moord en huisbraak. Hy is nog nie gevra om te pleit nie.

Hy het Vrydag die hofdokumente in twyfel getrek wat aandui dat hy 30 jaar oud is. Hy voer aan hy is 20 of 21 jaar oud.

Lede van die ANC-vroueliga en die Demokratiese Alliansie het Maandag tydens sy hofverrigtinge buite die hof saamgedrom om hul skok in De Wet se moord uit te spreek. Sy is verkrag en herhaaldelik met ʼn mes aangeval. “Ons het nie iemand soos hom in ons gemeenskap nodig nie,” het Nombuso Thabethe, woordvoerder van die ANC-vroueliga, gesê. “Hy toon geen respek nie.”

DA-verteenwoordiger Trudie Morgan het die hof versoek om ʼn streng vonnis uit te spreek. “Hulle verkrag en moor vroue en kom weg daarmee. Hulle moet die volle mag van die wet ervaar,” het sy gesê.

Die beskuldigde bly in aanhouding tot Dinsdag wanner hy in die Nelspruit-landdroshof sal verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog.

Lees alle vorige berigte oor Rensia de Wet op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

En waaroor bekommer hy hom????Sy ouderdom. Die moord en verkragting was vir plesier!!!Stuk gemors

Drieks ·

Ja Pop, ons lewens verander dag na dag in die land…. na hartseer en haat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.